Page 7 of 9
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Wed Dec 04, 2013 8:04 pm
by Werner Nel
Dagse manne. Miskien nou al holrug gery? My Anchulz 22 250 met PMP se bruin boks 55gr maak lekker sports. 4 Rondtes verder toe stop ek maar. 2 Slagdoppe met gate in. Slot sukkel bietjie om oop te maak maar niks ernstigs nie. Hardloop op crony 3640, 3684, 3656 en toe die riller 3760!!! Anders as slot wat bietjie sukkel en 2 gate kan ek nie ander tekens van druk sien nie. Slagdopies is ook nie plat nie! Het al honderde van ander make deurgejaag sonder een slagdop met n gat in of n dop wat taai is.
Groete
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Wed Jan 15, 2014 3:18 pm
by belinda1966
Julle ouens praat nog mooi oor die swak kwaliteit van PMP.Ek dink die Amerikaners gaan hulle gas gee indien iets dergliks moet gebeur.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Wed Jan 15, 2014 3:24 pm
by tripodmvr
Onthou dat PMP se groot mark die verskaffing van weermag ammunisie is. Hulle voer nie meer jag ammunisie uit waarvan ek weet nie. Die Amerikaanse mark was te straf en hulle is lankal daar uit.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Wed Jan 15, 2014 3:43 pm
by 375fanatic
Otto wrote:Skihili, Nee dit is nie net 'n Howa probleem nie. Ek het druk probleme gekry met my Musgrave 30.06 op die bruin boks en by PMP self met die blou boksie. Primers platgeslaan en slot sukkel om oop te maak. PMP se antwoord, jou geweer se kamer is te styf, maar geen van die ander vervaardigers se ammunisie het sulke probleme veroorsaak nie. My Howa 243 sukkel net met PMP , geen van die ander fabrikate.
my eerste jag met my 243 koop ek n boks 100gr pro amms druk n rondte in die kamer toe ek die slot weer oop maak is my magesynkas vol kruit en die punt bly in die loop agter . ek kry toe die punt uit en hy doen dit wragtig weer . skiet toe maar alles met die 375 . toe ek ook bel toe se hulle die Bruno se kamer is te tight en ek moet hulle net dieper seat. het dit gedoen en nie weer moeilik heid gehad nie was lekker moerig want ek kon nie jag met hom nie en jy koop juis fabrieks ammo omdat veronderstel is om te werk
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Jan 16, 2014 11:27 am
by Johan van Wyk
375fanatic wrote:Otto wrote:Skihili, Nee dit is nie net 'n Howa probleem nie. Ek het druk probleme gekry met my Musgrave 30.06 op die bruin boks en by PMP self met die blou boksie. Primers platgeslaan en slot sukkel om oop te maak. PMP se antwoord, jou geweer se kamer is te styf, maar geen van die ander vervaardigers se ammunisie het sulke probleme veroorsaak nie. My Howa 243 sukkel net met PMP , geen van die ander fabrikate.
my eerste jag met my 243 koop ek n boks 100gr pro amms druk n rondte in die kamer toe ek die slot weer oop maak is my magesynkas vol kruit en die punt bly in die loop agter . ek kry toe die punt uit en hy doen dit wragtig weer . skiet toe maar alles met die 375 . toe ek ook bel toe se hulle die Bruno se kamer is te tight en ek moet hulle net dieper seat. het dit gedoen en nie weer moeilik heid gehad nie was lekker moerig want ek kon nie jag met hom nie en jy koop juis fabrieks ammo omdat veronderstel is om te werk
`n Vriend van my kry nie sy Sako .22-250 se slot oop as hy van die gewone bruin boks PMP's in die roer skiet nie. As mens eventueel die slot oop kry en die dop uit het is die slagdop platter dan plat. PMP het defnitief `n problem wat hierdie lading aan betref, al dink hulle nie noodwendig so nie.
Ek het `n paar jaar terug so klompie 168-grein PMP sagteneuse gelaai vir my eerste .30-06, `n Steyr-Mannlicher. Die eerste paar skote het dood normaal afgegaan maar die vierdie skoot het snaaks geklink selfs deur die oormowwe. GELUKKIG het ek die moeite gedoen om die slot uit te haal en deur die loop ook te kyk. DANKIE TOG! Geen daglig nie!
Die koeel het mooi netjies op die cannelure middeldeur gebreek en die agterste gedeelte van die mantel het so 20cm (na skatting) van die tromp af in die loop agtergebly. As ek nog `n skoot op daardie spulletjie afgetrek het sou ek my Steyr in `n pypbom omskep het en almal sou vandag nog gewonder het.
`n Jaar na daardie voorval le ek en `n vriend naby Alldays onder `n bos en loer vir `n trop rooibokke wat seker so 40m ver staan en wei. Na `n rukkie staan `n groot ram mooi dwars en my vriend gee hom toe maar `n fabrieksgelaaide 300-gr PMP uit sy .375 agter die blad vir sy moeite. Deur my verkyker kon ek die rooi gaatjie op die bok se ribbes sien maar die ram se reaksie was net mooi nul. Soos in niks. `n Paar sekondes later begin die ram stadig vorentoe stap met sy kop omlaag en so rukkie daarna gaan le hy, amper soos om te gaan slaap. Ons wou hom net weer skiet toe hy omdop en vrek. Die outopsie het gewys dat daai 300-gr sagteneus in totaliteit vergruis het die oomblik toe dit deur die ingaankant van die ribbekas gegaan het. Dit het die een long en baie van die ingewande vergruis maar die anderkantste ribbekas het letterlik nie `n merkie opgehad nie. Daar en dan het ek besluit dat my en PMP se paaie finaal skei. Ek het nog so paar 286-grein 9,3's oor maar as hulle klaar is, is ek klaar met PMP. Dis net nie die moeite werd nie.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Jan 16, 2014 1:05 pm
by Spanner
Ek het ook al lankal tot daai gevolgtrekking gekom - ek gebruik GEEN komponente of produkte wat PMP vervaardig nie. By my is dit nou al 'n geloofsoortuiging - ek GLO al hulle goed is K_A_K, wat my net skade en verlies gaan berokken. Dis bloot net nie die moeite werd as daar soveel BETER keuses is nie.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Jan 17, 2014 7:26 am
by vriell
belinda1966 wrote:Julle ouens praat nog mooi oor die swak kwaliteit van PMP.Ek dink die Amerikaners gaan hulle gas gee indien iets dergliks moet gebeur
.........nou wat is verkeerd met ons om hulle gas te gee.Ons aanvaar maar te gelate probleme en so kom hulle weg daarmee...Afrika !!!
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Jan 17, 2014 7:43 am
by junglejulian
Onthou PMP was altyd=Piet maak Patrone.
Nou is dit Phineas maak Patrone
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Jan 17, 2014 8:14 am
by NEGE3
junglejulian wrote:Onthou PMP was altyd=Piet maak Patrone.
Nou is dit Phineas maak Patrone
Is nie waar nie. Phineas sit nou in die kantoor.

Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Jan 17, 2014 8:27 am
by 3006
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Jan 17, 2014 8:49 am
by NEGE3
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Jan 17, 2014 9:17 am
by Flip Nel
Dis nou P**PH***E Maak Patrone!

Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Jan 26, 2014 5:23 pm
by muismaree
Ek het tussen my Pa se skietgoed 'n boksie 150Gr PMP patrone gekry vir die 270. Hulle was bleddie oud, want dit is nog die ligblou boksie met die gemsbok op. Het R42.50 gekos by Sentraal Wes. Ek besluit om hul koeels te trek en die tpl langer te maak soos my geweer daarvan hou. Wou hulle net gebruik vir bietjie oefening op die baan, niks ernstige gejag of iets nie. Groot was my verbasing toe 3 van die 20 patrone bal kruit bevat waar die res stafie kruit is! Ek het hulle gemerk, hulle was toe ook lekker flyers. Iemand was baie jare gelede bitter aan die slaap in die PMP fabriek!
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Tue Feb 18, 2014 6:57 pm
by 470rigby
Ek is nuut hier, maar laat ek my straaltjie by piepie.
Behalwe hulle patetiese kwaliteit en duur pryse, is dit vir my, 'n handelaar, absoluut onaangenaam om met PMP sake te doen. Jy word soos 'n bedelaar behandel as jy iets wil gaan laai by hulle depot. 'n Tipiese geval van 'ons kry ons salaris, bogger jou'
Ek sal NOOIT weer enige PMP produk koop of verkoop nie, ek hou daarvan om soos 'n klient behandel te word.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Tue Feb 18, 2014 7:04 pm
by DWB
470Rigby,
Wil jy nie groot asseblief jouself kom voorself nie in die voorportaal nie?
Sal baie lekker wees om te weet wie jy is en wat jy doen.
Vertel ook sommer van daai 470 Rigby
WELKOM!!!
http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Tue Feb 18, 2014 8:23 pm
by NEGE3
470rigby wrote:
Ek is nuut hier, maar laat ek my straaltjie by piepie.
Behalwe hulle patetiese kwaliteit en duur pryse, is dit vir my, 'n handelaar, absoluut onaangenaam om met PMP sake te doen. Jy word soos 'n bedelaar behandel as jy iets wil gaan laai by hulle depot. 'n Tipiese geval van 'ons kry ons salaris, bogger jou'
Ek sal NOOIT weer enige PMP produk koop of verkoop nie, ek hou daarvan om soos 'n klient behandel te word.
Jy kan wel PMP produkte direk van Formalito af koop teen presies dieselfde prys as by PMP.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Tue Feb 18, 2014 8:33 pm
by PWV
NEGE3 wrote:junglejulian wrote:Onthou PMP was altyd=Piet maak Patrone.
Nou is dit Phineas maak Patrone
Is nie waar nie. Phineas sit nou in die kantoor.

Jys reg Koos, nou maak Kees en Voetsek die patrone.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Feb 28, 2014 7:24 am
by FrikvanDyk
Mense ek het maar lank gewag voor ek n comment wou maak. Het toevallig twee familielede wat vir PMP werk. Ja dis waar QC is seker nie meer wat dit was in die 80 jare nie.
Soos ons almal weet wys my een produk wat in SA gemaak word wat uitstaan bo die res van die wereld. EK glo to Zimbabwe lewer al hoer gehalte produkte (sarkasties) .
Ons almal weet waarom dit gebeur en sad but true hulle verloor die een kontrak na die ander en moenie verbaas wees as die deure toemaak eenadag nie.
Ek sal maar op my Amerikaanse ammunisie bly duur maar kwaliteit.
Groete
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Feb 28, 2014 7:34 am
by tripodmvr
Jy sê duur Amerikaanse patrone. Gister by my naaste geweerwinkel gesien dat PMP se Pro-Amm so R40-00 duurder is as remington en Federal in verskeie kalibers.

??????
Dan wil jy nie kompeteer nie en is arrogant om sulke pryse vir 'n twyfelagtige produk te vra.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Feb 28, 2014 8:27 am
by kwagga_1
Dagse almal!
Voor ek self begin laai het het ek 'n klomp bruin boksie en Proamm fabrieks patrone geskiet met my 308 Win. Nie een keer 'n probleem gehad met die fabrieks rondtes nie, en ek het 'n hele paar bokke ook geskiet met die Proamms. Ek het al die doppe gehou met die gedagte dat ek hulle sal gebruik wanneer ek eendag begin laai.
En dis nou waar die geneukery begin het... Die dop gewigte is verskriklik wisselvallig, ek het uit 40 doppe van dieselfde batch omtrent 25 weggegooi omdat die flashholes of te klein was of nie in die middel van die dop was en ek nie die ou slagdoppie kon uitkry nie, en ek het 'n klomp doppe gekry wat gelyk het of hulle al 20 keer geskiet was rondom die nekke. Op die ou end het ek maar eerder ordentlike doppe gaan koop.
Oom Frik en oom Tripod - so gepraat van die pryse, ek koop eerder Amerikaanse koeels wat beter kwaliteit is en dan is hulle nog goedkoper as PMP sin!
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Feb 28, 2014 10:23 am
by Geno
FrikvanDyk wrote:wys my een produk wat in SA gemaak word wat uitstaan bo die res van die wereld.
http://en.wikipedia.org/wiki/Biltong
http://faeronwheeler.com/wp-content/uploads/2011/06/Springbok-Rugby-Team-SA-national-anthem.jpg
En, GSC koeëls.
http://gscustom.co.za/
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Feb 28, 2014 10:33 am
by Hein M.
Julle klink soos ou vrouens met nat broeke.
As jy uit ondervinding nie PMP / Suid-Afrika se k*k gebruik nie, hoekom whine? Wie skiet in elk geval met patrone wat heel moontlik jou wapen sal beskadig?
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Feb 28, 2014 10:43 am
by Armand9
Ai dis maar net hartseer dat n plaaslike produk nie die potensiele mark raak sien nie. Wonder hoeveel varmint hornadys,noslers, ens word elke jaar uitgeskiet in sa. Veral met beskikbaarheid en prys wat nou n probleem raak is die geleentheid nog groter. En dis maar een faset van jag en skiet.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Mon Mar 03, 2014 8:09 am
by BRNO (Pierre)
Armand9 wrote:Ai dis maar net hartseer dat n plaaslike produk nie die potensiele mark raak sien nie. Wonder hoeveel varmint hornadys,noslers, ens word elke jaar uitgeskiet in sa. Veral met beskikbaarheid en prys wat nou n probleem raak is die geleentheid nog groter. En dis maar een faset van jag en skiet.
Armand, wat jy se is waar, en hier is al twee jaar terug op die forum n opname gedoen van wat werklike syfers is, en aan hulle deurgestuur, maar die pleitdooi val op dowe ore.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Wed Mar 19, 2014 6:48 am
by 470rigby
Pierre, jy moet versigtig wees dat daardie CP1 nie in jou holster afgaan nie, het jy die destydse gratis modifikasie laat doen? So by 1997 se kant deur Vektor aangebied.