Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post Reply
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by DSBW »

Manne

Ek tree nie graag toe tot hierdie tipe debatte nie, want jy kan nooit die subjektiewe ervarings van eienaars in twyfel trek nie. Daar is altyd ouens wat dol gelukkig is met 'n spesifieke fabrikaat, irrelevant van die prys, en daar is ander wat die "prys betaal" vir die aankoop van goedkoop toerusting.

Hoe dit ookal sy, ek was bevoorreg genoeg om te kon insae kry in die maak van Schmidt & Bender teleskope, en ten minste kan ek vertaan hoekom die spesifieke toerusting so duur is. Kort en die lank is dat die hoeveelheid ure wat in ontwerp, vervaardig, toets, evalueer, weer ontwerp, weer toets ensovoorts ingaan envoudig fenominaal is wanneer die top fabrikate 'n nuwe teleskoop ontwikkel.

Die "lead in" tyd van die eeste skets af tot ek en jy hom op die rak koop is min of meer 2 jaar (ek verstaan Nightforce vat selfs langer), en in daardie 2 jaar is daar 'n span wat voltyds werk aan die model.

Jou goedkoper "brands" se "R &D" tyd en koste is letterlik 'n fraksie van wat hierdie ouens s'n is, aangesien die meeste van die komponente eenvoudig deur 'n proses van "copy & paste" gedoen word. As jy toegang tot die regte metale het, en jy het 'n C&C msjien, kan jy wondere verrig. Selfs lense is nie meer onbekombaar nie, daar is 'n horde vervaardigers van "branded" lense, van kameras tot teleskope, brille ens.

Dis net my 2 sent, as jy 'n Niko Sterling het wat skiet, moenie met hom sukkel nie, skiet met die ding, en moenie 'n duur ding gaan koop nie, jy het dan 'n teleskoop wat werk. As jy van die begin af moet geld uitgee, en jy is bang jy maak 'n fout, koop die beste wat jy kan bekosig, op die lang duur is dit die beste manier om jou hard verdiende geld te spandeer.

Glo my, die top name in die bedryf sit 'n helse lot werk n ontwikkeling in die goed in wat die goedkoop outjies net nie doen nie.

Dawie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

So Dawie
Fox Driver wrote: Glo my, die top name in die bedryf sit 'n helse lot werk n ontwikkeling in die goed in wat die goedkoop outjies net nie doen nie.
Sou jy dan reken dat ontwikkeling, navorsing en nuwe tegnologie daar onder sal lei as almal altyd net die goedkoopste namaaksels koop?  Dat ons dan afhanklik sal begin raak van bloedsuieragtige lae kwaliteit artikels wat in obskure landjies met ontvoerde kinders se slawe arbeid aanmekaar gesit word?  Of is dit nie so erg nie?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by DSBW »

Louis

Solank die Amerikaanse mark bly groei soos die afgelope paar jaar is dit onwaarskynlik dat die top vervaardigers se markaandeel onder druk sal kom. Die VSA "Defence Industry Spending" en die groot"siviele" mark is die groot katalisator vir verdere ontwikkeling van komponente, beide binne en buite die VSA, so nee, die Zeiss, S&B, Swarofski en kie van die wereld sal nog lank van krag tot krag gaan.

Ek lees so 'n tyd terug daar is 22 miljoen geregistreerde skuts in die VSA, welliswaar in verskeie dissiplines, maar dis net die geregistreerde skuts! Solank daai mark aanhou groei sal ons alles te koop kry, van die Nikko's tot die Swarofski's!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Beretta »

Dag Manne
Ek het julle hulp nodig. Wil weet of daar iemand is wat enige ondervinding het van Nikon teleskope. Monarch 3  8-32 x 50. Indien moontlik wil ek ook weet hoe vergelyk hy met die Lynx LX2.
Baie
Beretta
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by DSBW »

Beretta

Ek skiet reeds 3 jaar met 'n Nikon 4.5x16x50 "tactical" vir medium afstand skietwerk. Ek het 'n 8x56 Zeiss voor die Nikon op gehad, het bloot die Nikon opgesit vir die elevasie en wind verstellings.

Die Nikon is uitstekend, baie positiewe verstellings, uitstaande vakmanskap in terme van konstruksie en duursaamhed, en meer as aanvaarbare optiese kwaliteit. Ek maak ook gebruik van 6.5x25x50 Leupolds vir langafstand skiet, en kan met sekerheid verklaar dat die Nikon enige tyd kan meeding, behalwe met uit en uit optiese kwaliteit, waar die Leupolds waarskynlik 'n kortkoppie voor is.

Ek sou reken beide Leupold en Nikon het nog 'n ent om te gaan met optiese kwaliteit vergeleke met die (Duitse) Zeiss, S&B, Kahles ens., maar bied beter waarde vir geld met hulle huidige produkte.

Ek kan nie kommentaar lewer op die spesifieke Nikon waarvan jy melding maak nie, en glad nie op die Lynx nie, het nog nooit een besit nie, ek verkies om kommentaar te lewer op toerusting waarvan ek eie ondervinding het.

Hoop dit help.

Dawie (van Namibia)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Beretta »

Dawie
Baie dankie vir jou input ek kan hulle teen n baie goeie prys kry.
Groete Beretta
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3

Jy is baie stil.  Het toe hierdie week herlaai en die Zeiss so bietjie getoets.  Na twee opwarmingsskote (doen dit as ek my geweer skoon gemaak het), het ek toe hierdie groepering op 'n afgemete 100m geskiet (Uit my skietstoel uit, Jakes).  Elke keer het ek my vergroting tot by 24 en terug tot by 8 gestel om te sien of dit verkil in die POI maak.  Nou ja, nie te sleg in my boek nie, het nou vir maande nie 'n enkele kliek aan my scope verstel nie:

Image

Wou maar net s? dat ek nog vrede met die "Zeissie" het.  (Eintlik wou ek net wingat wees - skiet nie aldag so nie)

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU.
MY bek is stil geskiet ...soos ek altyd se ek wond bang geslan nie bang gepraat nie, maar nou is my mond toe...
dit is nogal briljant van n stoel af , ek saL DIT NIE KAN DOEN VA DIE STOEL AF NIE, MAAR VAN DIE RAAM AF WEL. Nee wat oom lewis leeu  dis n teiken wat jy maar moet hou...As ek dit van  stoel af doen dis die dag wat ek my raam wegsmyt (ek hopie dit gebeur gou nie) .Al waar ek dan nog n argument sal wen is dat ek my  raam vinniger en maliker oplaai  as enige ou sy stoel kan laai...(sonder meganiese hulp) of enige hulp in die geval....lag lag lag..
mooi galop (want na daai groep sal n man nie stap teiken toe nie,maar draf)
Shoot straight and tell the truth!
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Hello Oom Louis

Hoop dit gaan goed, lyk inderdaad so. Fenominale glase daai, en oom het sopas met die toets bewys dat myne foutief moet wees.
Het nog geen terugvoering gekry nie, maar wil hulle ook nie lastig val nie.
Ek wag dat hulle ook so 70 rondtes eers moet uitskiet ;)

Hoop nie dat oom Takoeza in die maanlig geskiet het nie..
Verheug vir oom se part, dis so lekker om iets weer objektief te toets en weer te sien dat dit die sous werd is.
Baie groete
Ja3

ns- geluk met die resultate onder die liggaamsmates.
Last edited by Ja3 on Mon Sep 14, 2009 9:07 am, edited 1 time in total.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Louis

Mooi man! Kan ek jou ietsie vertel, sonder jokes. Nou ja, ek jag in die volgende 2weke by 2 broers met name van: Karl en Zeiss. Kon nie self glo nie, maar tog waar.

Groete

Taffie
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Hello Taffie

Wat 'n toeval.  Of dis diep profeties van aard...
Moet nou nie sarkasties en jou RAM 4x32 weer terugsit nie >:(
Ja3
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ... by 2 broers met name van: Karl en Zeiss...
Sekerlik manne uit een stuk, as ek so na die name kyk?
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Freek »

Oom Louis, wat kan ek se... :o :o :o 8) Jy, jou stoel, jou geweer en jou scope is saam in harmonie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Jadrie
Ja3 wrote: Hello Taffie

Wat 'n toeval.  Of dis diep profeties van aard...
Moet nou nie sarkasties en jou RAM 4x32 weer terugsit nie >:(
Ja3
....nooit!

Taffie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3
Ja3 wrote: ...Hoop nie dat oom Takoeza in die maanlig geskiet het nie...
Ek verstaan jou bekommernis oor Oom Takoeza se o?, maar hy gebruik sommer nog oopvisier as die maan lekker helder is ;)  Hou duim vas vir 'n goeie uitkoms met jou scope.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Daai oom Takoeza is tuff. Ek hou daarvan...
Ek verstaan ook by die ander tiere dat hy so af en toe afwissel met die oog waarmee hy skiet, net om altwee in oefening te hou.
Last edited by Ja3 on Fri Sep 18, 2009 8:13 am, edited 1 time in total.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Freek »

Ja3, ja nee die manne weet van komunikeer sonder om 'n geluid te maak of om vir mekaar te vluister. Vander Merwe (blykbaar verlangse neef van oom Takoeza) vertel my nou die dag jag hy en oom Takoeza daar in groot Mariko se wereld. Die 2 roep toe sommer 3 skelm jakkalse gelyktydig in. Terwyl die jakkalse so by die FOXPRO staan en boere musiek luister na een van wyle oom Japie Laubsher se treffers wonder die 2 jagters watter een van die drie swerkaters moet eerste verkas. Oom Takoeze wys toe met sy regter hand aan Vander Merwe - sien jy daai 3 jakkalse daar terwyl hy met sy duim, wys vinger, en middel vinger voor Vander Merwe se gesig beduie. Die een wat in die middel staan gaan ek eerste skiet en oom Takoeza steek toe sy dium tussen sy wys vinger en middel vinger in net om seker te maak Vander Merwe kry die regte boodskap... 8)

Ou "Van" reken my hy het presies geweet op watter jakkals daai skoot gaan val, en die 2 ooms het in die proses nie eers 'n geluidjie vir mekaar geuiter nie. Blykbaar het hulle die tegniek in die boere oorlog en in die bos oorlog gebruik en gin vyand kon nog daar in slaag hom hul kodes te onderskep en te ontsyfer nie.

Laat dit nou vir ons 'n les wees... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by boeta »

Het uiteindelik my scope gekry, :o nie  geweet die ding is so groot ni.My geweer lyk some heel anders. :-* Nou moet ek net skietbaan toe en bietjie speel met hom.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Oom Louis

S&O het vir my 'n nuwe victory gestuur sonder hmm of haa.
Sal hom binnekort opsit en probeer.
Wil vir my ook 'n picatini rail laat maak by thor vir die tikka aksie.

Grte
Ja3
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3
Ja3 wrote: ...S&O het vir my 'n nuwe victory gestuur sonder hmm of haa...
Zeiss sowel as Safari & Outdoor verdien 'n pluimpie.  Waar in die lewe kry mens nog sulke diens?  En dit klink nie of jy eers baie op hulle nekke gel? het nie - briljant!  Hoop nou net dit was die wag werd.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Boeta
boeta wrote: ...Het uiteindelik my scope gekry ... Nou moet ek net skietbaan toe en bietjie speel met hom...
Ek sou dink dat jy op die skietbaan sou gewees het, of is jy al terug?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by CHRIS »

oom Louis

Is daai loop nog reg, lyk dan vir my of 1 patroon dwars gedraai het. ;D ;D ;D

Groete Chris
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Chris
CHRIS wrote: ...Is daai loop nog reg, lyk dan vir my of 1 patroon dwars gedraai het...
Nee, dis raar, maar dis waar. ;)

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Problem Animal Control »

Manne

Nou wat moet ek nou se met my Lynxi wat op die .308 is??????????????? Wonder ek nou ma .

P.A.C(Problem Animal Control)
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by boeta »

Oom Louis

Ek brand om te gaan maar die wind waai net te veel.Wil moreogend baie vroeg gaan as wind toelaat.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Post Reply