Herlaai Tips

Post Reply
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Vaalboer »

Hi

Ek wonder wat my volgende stukkie toerusting moet wees... Outside neck turner of competition seating die vir die 243?

Ek het reeds 'n competition seating die van Redding vir die 30-06 en ek dink hy werk bakgat!

Die ding is nou: 243 groep 30mm op 300m met Lee Collet die en gewone dead length seating die - is dit nodig vir 'n competition die of gaan die outside neck turner beter wees (kan ook gebruik op die 30-06 en 375)?

Verskoon die Ingels maar die goed is soos karparte - werk nie so lekker in Afr nie!
Happiness is... a warm gun!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Vaalboer

Daai is nou fyn-brek in enige taal. n Outside neck tuner is n verskriklike handige tool om te he as dit kom vir daai ekstra millimeter of twee wat n persoon soek in sy groeperings. Sekere doppe kan weer nie n groep van n dag oud skiet sonder die gebruik van hom nie. Ek persoonlik verwag om so n tool te sien in enige ernstige herlaaier se kamer. Koop hom gerus nou en vir kersfees die die-set. Aan Pappa van Pappa! ;D

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Tue Sep 06, 2011 10:16 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Vaalboer »

Thanks Wouter - my kop staan ook daai kant toe!

Jy weet daai is 'n Ruger wat so skiet n?! So reg in jou kraal!

Groete
Happiness is... a warm gun!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Boertjie

Jy weet mos ek praat nie baie oor die Rugers nie. Ek bly maar net stil oor hulle en laat hulle die praatwerk doen. Dis mos een van die make wat nie hoog aangeskryf word as die manne oor gewere begin praat nie. Dit pas my want as die mense regtig moes uitvind met watse roer hulle nou te doen kry jaag dit dalk net die prys van hulle deur die dak! ;)

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Raven »

Manne, As ek dit iewers gemis het vergewe my.

Vraag: Hoeveel ag skenk julle manne aan primers?? Aangesien primers nie so duur is, kan 'n man mos die bietjie ekstra spandeer en Benchrest primers of Match primers koop.

Baie van julle weet seker ek is besig met GS custom 85greiners/ nosler doppe, nou het ek vandag my primers gaan koop en die besluit was eenvoudig. Koop toe Federal Gold Match Magnum Primers teen R55.00/100. Enige ondervinding met Federal van julle kant af, ek het nog net CCI BR's gebruik.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
bullseye

Re: Herlaai Tips

Post by bullseye »

Raven ek het vanmiddag primers getoets cci se br-2 en cci se 250. die br-2 was by verre beter met konstandheid met ander woorde es was laagste.ek het ongelukkig nie kennis van federal primers nie.

Groetnis
Ben.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Ben

In watter kaliber is die vergelyking gemaak? My ondervinding met dit is dat primers se optrede nogal redelik kaliber sensetief kan wees.

Raves

Ek het ongelukkig nie veel ondervinding van hulle nie. Ek sal bietjie boeke slaan en kyk of ek ten minste brandspoedtempo kan opspoor. Dit behoort darem vir n persoon n aanduiding kan gee of hulle sal werk vir jou aplikasie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
bullseye

Re: Herlaai Tips

Post by bullseye »

Wouter dit is op die 22-250, die rede hoekom ek dit gedoen het is ek het by long family waar jy die nodes kry vir quickload gesien die ou het primer toetse gedoen en die br-2 primers was blykbaar swakker as ander primers , dit was egter nie my ondervinding nie.
groetnis.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Beretta »

Raven
As jy die boek The Benchrest Shooting Primer kan kry sit hulle alles mooi uiteen oor al die primers op die mark.Bladsy 131/135
Beretta
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Pvdw »

Manne ek sien hier is nou sommer klompie van julle aanlyn, Wat sou julle s? moet ek eerste probeer in my 223 met S321. CCI standaard want dis min dryfmiddel of CCI Magnum want dis bal dryfmiddel?

Rule of thumb s? ongeag die hoeveelheid dryfmiddel, as dit bal is moet jy Magnum primers gaan want bal is dubbel basis. Enige raag of opinie.

Ek wil sommer so 2000CCI's koop maar wil nie later hoor ek moes Magnums koop nie.

Dankie.
\
Peet
Work to live, don"t live to work
stf
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sat Sep 05, 2009 6:37 pm

Re: Herlaai Tips

Post by stf »

Dag Manne,
Nog n termnologie wat ek gehoor het op die skietbaan nou die dag.
Die man se dat hy werk sy ladings met die spesifieke kaliber op 200m uit.
Volgens hom is die koeels swaar [209 gn], wat veroorsaak dat die koeels op 100m nog onstabiel is, maar dat dit wel stabiliseer op 200m.
Die spesifieke wapen nl. 300 weatherby, skiet volgens hom kleiner groeperings op 200m as op 100m.

Jagtersdok, steek daar enige waarheid in.

Veralgemening:
n/s As n geweer bv een gat met drie skote op n 100m skiet, kan dit aanvaar word dat die geweer op 200/300 meter ook maksimum akkuraatheid sal lewer.
Groete
Stf
Last edited by stf on Fri Sep 09, 2011 9:24 am, edited 1 time in total.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Beretta »

stf
Ja net met n 300 en 308 ;D ;D ;D ;D
Beretta
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Vaalboer »

Hi

Die primers is maar 'n snaakse ding... Ek sukkel om benchrest primers in die hande te kry - en dit vir JHB! Ek gebruik huidiglik die Magtech LR en voel net dat my groepe kleiner is as met die CCI's (243 en 30-06). Voel nie dat die magnum primers groot verskil maak nie.

Waar kry julle die BR primers?

Groete
Happiness is... a warm gun!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Jagtersdok »

stf wrote: Dag Manne,
Nog n termnologie wat ek gehoor het op die skietbaan nou die dag.
Die man se dat hy werk sy ladings met die spesifieke kaliber op 200m uit.
Volgens hom is die koeels swaar [209 gn], wat veroorsaak dat die koeels op 100m nog onstabiel is, maar dat dit wel stabiliseer op 200m.
Die spesifieke wapen nl. 300 weatherby, skiet volgens hom kleiner groeperings op 200m as op 100m.

Jagtersdok, steek daar enige waarheid in.

Veralgemening:
n/s As n geweer bv een gat met drie skote op n 100m skiet, kan dit aanvaar word dat die geweer op 200/300 meter ook maksimum akkuraatheid sal lewer.
Groete
Stf
MMM ja ek het ook gedink dit is pot bollie toe ek dit hoor want dit maak net nie regtig logies sin nie, maar in die geweer wereld seevier logika nie altyd nie. My vrou se 243Win en Hornady Interbond 85gr maak so ek het my gat af gesukkel om klein groepe op 100 meter te kry, niks kleiner as duim nie. Was raad op toe s? Gerrie hier om die hoek vir my gaan skiet die goed op 200 en 300 meter voor jy dit weggooi want ek het 600 gekoop. Wel toe is die groep op 200meter 28mm en 300meter 40 mm. En daar het ek gesien dat die koele net daar agter begin stabiliseer.

Ek dink dit is veralgemening om te s? die swaarder koeels, want soos in die 243Win was dit gemiddelde gewig. So konstruksie van die koeel en die twist verhouding is hier meer akuraad deur te s? as die twistrate dalk bietjie te stadig is kan (sal nie altyd nie maar kan) die koeels stabiliseer en beter presteer oor die langer afstand.

Nou wat ek ek gesien het gebeur was geweer wat 4skote een gat skiet  op 100 meter nog effens okay doen op 200meter en op 300meter uit die bus val, Die koeels scatter en die gate in die teikens is "out of shape" en al wat ek vir myself kon uitwerk is dat die koeels nou "OVER Stabilize"

Maar ja ek het dit al gesien en beide die phenomene bestaan
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Jagtersdok »

Ludwig ja jys reg oor die ES maar ek het dit nou uit die equation gehaal want die ES was 15ft/sec as ek reg onthou op die roer wat so begin scatter het op langer afstande. Ek skiet maar altyd oor chronograaf en skryf al die data neer skoot vir skoot om te sien wat gebeur verskillende tye van die dag etc so ja as ek s? die geweer se ES is oor hele klomp skote al is meeste groepe 3-5 skote maar ek vat baie tyd tusen skote en skiet ook uit die coolerbox uit etc om al die ander dinge te elimineer so ver as moontlik.

Maar jy is heeltemal reg dat jou ES groter en groter rol speel hoe langer die afstand en jy sal dit ook meer sien op vertikale as horisontale variables
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
stf
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sat Sep 05, 2009 6:37 pm

Re: Herlaai Tips

Post by stf »

Ludwig / Jagtersdok,
Skryf bietjie meer oor die onderwerp "extreme spread", ek glo dat baie van ons daarby kan baat.
Dankie vir die terugvoer - dit is werklik insiggewind.
Stf
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Herlaai Tips

Post by pietjacobs »

Ek stem saam stf,

Wat is die aanvaarbare ES en kan julle dalk asb verduidelik hoe ons die SD gebruik?

Thx almal
Last edited by pietjacobs on Sun Sep 11, 2011 6:54 pm, edited 1 time in total.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Herlaai Tips

Post by pietjacobs »

Dankie Ludwig.

Ek dink die calculator om SD uit te werk kan dalk help vir die wat nie so goed is in die wiskunde soos ek.....

http://www.10xshooters.com/calculators/ ... eEntry.htm
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Nuweseun »

Dagse mense

Ek is splinter-nuut en kraak-vars in die herlaai ding en ek is eerlik, ek sukkel maar lekker!! :-[

As iemand my net so bietjie in die regte rigting kan wys sal ek dit baie waardeer.
Daar is 2 dingetjies waaroor ek wonder:
- kan ek my matryse in die ultrasonic cleaner skoon maak
- is dit nodig om die 375 te 'crimp' en as dit is, hoe doen jy dit as die dop nie by die koeel se 'crimping grrove' is nie.
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Herlaai Tips

Post by FE »

Ek weet nie of die boek jou vra sal antwoord nie, maar ek het die boek by Exclusive books bestel wat baie handig is. ABC of reloading, ek het so R250 betaal en dan is aflewering ook gratis. Maak die sukkel so bietjie minder, as die kenners al rus.
Born to hunt, but forced to work!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Beyers »

Nuweseun wrote: Dagse mense

Ek is splinter-nuut en kraak-vars in die herlaai ding en ek is eerlik, ek sukkel maar lekker!! :-[

As iemand my net so bietjie in die regte rigting kan wys sal ek dit baie waardeer.
Daar is 2 dingetjies waaroor ek wonder:
- kan ek my matryse in die ultrasonic cleaner skoon maak
- is dit nodig om die 375 te 'crimp' en as dit is, hoe doen jy dit as die dop nie by die koeel se 'crimping grrove' is nie.

NuweSeun
Dit word aanbeveel dat magnum kalibers gekrimp word. Die krimp moet in die cannelure / crimping groove gedoen word.
Rede is dat die magnum kal die koeel in die dop instamp met die recoil gevolglik varieer die sprong van die koeel vanaf die dop na die lands en tweedens word die ladings saamgepers wat verhoogde druk mee bring.
Beyers
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Nuweseun »

Dankie Beyers
Dis hoe ek dit verstaan, maar wat my pla is, dan word jou TPL bepaal deur die crimp groef op die koeel en word jy so beperk op wat jou TPL kan wees. My gemete TPL is 98.4mm en my maks TPL wat in die magasyn sal pas is 94mm met die 260gr accubonds, maar as ek hom krimp in die groef is my TPL sleg 91mm.
wat stel julle voor?

Dankie kerels
Renier
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Beyers »

Renier
Jou TPL is 91mm. As jy 'n tennisbal op 50m kan tref is jy reg vir Buffel. As die koeel gekrimp word kan die koeel nie inskuif in die dop nie.
Partykeer sit mens maar met jou vinger in jou ..... oor.
Beyers
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Nuweseun »

Lmgma!! Dankie Beyers, my nuwe TPL is no 91mm. Ek stem, partykeer probeer mens die goed helemal te oor dink en te ingewikeld maak. Ek het 20mm gropering op 'n 100m gekry met 70.5gr S355 teen 2575ft/s met 'n ES van 4ft/s, maar ek sou graag bietjie vinniger wou gegaan het, ma met die diep seating is die dop redelik vol en sal dit n saamgepersde lading word as ek meer kruit in gooi.
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai Tips

Post by Wouter Roets »

Hallo Nuweseun

Jy het nogal redelike spasie in jou magesynkas met n TPL van 91mm. Dit tesame met tot en met 105% dopfulling sal ook die terugset van die koeel in die dop bekamp. Dat sal dalk raadsaam wees om dan liewer S355 te gebruik om by daai tipe dopfulling te kom. Ek vermoed jy gaan in drukprobleme hardloop met S355 om by daai persentasie uit te kom.

Samepersing is nie n probleem met stafie kryt nie maar wel met balkruit wat liefs nie verby die 100 merk moet gaan nie. Ek kan vir jou op QL n aanduiding gee van hierdie persentasie as jy jou dopkapasiteit kan deurgee. Indien jy jou looplengte kan verskaf kan ek vir jou jou maksimum spoed ook gee met die verskillende kruite.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply