Page 7 of 74
Re: REEN METER:
Posted: Tue Jan 19, 2010 8:46 pm
by Raven
Ai manne dit gaan goed want Namibie kry reen.
Ek het nou net klaar gepraat met die voorman en ek hoor somma oor die foon hoe hard reen dit op die plaas.Ek het hom reenmeter toe gejaag, en hy se dis 30mm vir die laaste uur, en dit reen nou nog harder.
Al twee plase trek nou by 300mm reen(na vanaand)
Nou kan ek weer vir nog 'n jaar die buurman se plaas huur
Wonner waar is al die doem profete met hul El Nino nou..

Ons hoop en bid almal kry genoeg druppels die jaar.
Groete "SOPNAT" Raven
Re: REEN METER:
Posted: Tue Jan 19, 2010 9:09 pm
by britsman
Raven,
Raven wrote:
Al twee plase trek nou by 300mm reen(na vanaand)
Is dit nou 150mm oppie een plaas en 150mm oppie ander?
Only joking Boet, Pleased to hear about your rain. As dit reen in Duitswes dan gaan ons ook goeie reen kry, het my pa altyd gese.
Reen ook nou hier lekker by ons.
mooi loop,
ou brits
Re: REEN METER:
Posted: Tue Jan 19, 2010 10:22 pm
by Francois Marais
oom Brits
Ook goeie tyding gekry vanni plaas af......
Ek is nou so by die 170 mm, vanaf 3 Jan......
All is looking good for an excellent 2010........Hope all is OK your side as well....
Keep well
Francois
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 20, 2010 7:30 am
by Cois
More kerels
Ons het darem gestraant weer 36mm gehad, n lekker lafenis na die laaste tyd se hitte en wind.
Cois
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 20, 2010 10:20 am
by Danie Lombard .243
More maters
Hier by my is dit lekker nat. Gister en laasnag 2 duim gehad. Ek trek nou by 4 duim vir Januarie. Natste Januarie hier in my deel van die Vrystaat in 'n lang tyd.
Ekke erg bly.
Prys die hemelse Vader vir die reen.
Danie.
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 20, 2010 11:41 am
by Wielie Waps
Danie
Ek neem aan ons pan is vol water,so ons het 'n verskoning as ons dalk ietsie verkeerd doen by Clocolan.
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 20, 2010 3:19 pm
by Danie Lombard .243
Hallo ou wilie waps.!!!!!!
Ons het vanaand bestuursvergadering om die spanne te kies.
Ons skiet deel is mos by die hoogwater merk, anders as hy nat is gooi ons sommer daar bo teen die walle by die gras.
Sal jou laat weet van die spanne. Ons beplan om twee spanne te stuur.
Groetnis vir jou en die ander waps familie lede.
Re: REEN METER:
Posted: Thu Jan 21, 2010 7:07 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Re?nval Desember 135mm. Januarie tot en met die 21e was 118mm Dewetsdorp distrik.
Re: REEN METER:
Posted: Fri Jan 22, 2010 6:08 am
by Foxcreek
Het al die week 26 mm uitgegooi. Staan nou op 732 mm vir die seisoen. Ons het alweer dae laas die son gesien, dis net mis en sagte re?n die heeltyd.
Foxcreek.
Re: REEN METER:
Posted: Fri Jan 22, 2010 6:52 am
by Beyers
Ek tel nie bymekaar nie, maar vannag 9mm. Dank Vader vir groot genade!
Beyers
Re: REEN METER:
Posted: Sat Jan 23, 2010 1:48 pm
by Freddie101
Staan op 158.5 mm vir Januarie
Freddie
Re: REEN METER:
Posted: Sat Jan 23, 2010 2:37 pm
by Foxcreek
Freddie
Ek is baie bly vir julle part oor die lekker re?n. So ook vir die ander manne wat uitkoms gery het.
Ek was vro?r die week in Boshof en Herzogville se w?reld en hulle het ook lekker re?n gehad.Hulle het die week so tussen 40 en 90 mm gehad.
By my het ek vanoggend 10 mm uitgegooi en staan nou op 742 mm.
Foxcreek.
Re: REEN METER:
Posted: Sat Jan 23, 2010 8:08 pm
by Ambessa
Hallo almal
Staan self nou op 104 dankbare mm vir Januarie 2010 hier by ons.
Ambessa
Re: REEN METER:
Posted: Sun Jan 24, 2010 12:37 pm
by WillJak
Ons het ook gisteraand weer so 8.5mm gehad - sit ons op 28.5 in die laaste tien dae en so net oor die 200mm van Oktober af - sommer baie water vir die w?reld!
Re: REEN METER:
Posted: Sun Jan 24, 2010 2:41 pm
by Foxcreek
Gisteraand nog 6 mm gehad, staan nou op 748 mm.
Foxcreek.
Re: REEN METER:
Posted: Mon Jan 25, 2010 5:44 am
by Foxcreek
Gisteraand nog 35 mm gehad, totaal = 783 mm.
Foxcreek.
Re: REEN METER:
Posted: Tue Jan 26, 2010 6:55 am
by Beyers
Klein seeninge 12mm
Re: REEN METER:
Posted: Tue Jan 26, 2010 6:38 pm
by 222
Hier in my geweste van laasweek Donderdag af 94mm. Het hier van 4pm begin gooi. Was 6:30pm buite en het net so vir die wis en onwis die meter gaan leegmaak voor die nag 45mm uitgegooi.
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 27, 2010 8:16 am
by 222
Re?n-meter het vanoggend oorgeloop. Het dus 100mm+ deur die nag gere?n, saam met gister laat-middag se reen nou 145mm.
Lanklaas die spruite en damme so vol gesien
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 27, 2010 11:39 am
by Foxcreek
Dit maak my hart bly om te sien dit re?n so wyd. Het vonoggend nog 36 mm uitgegooi enstaan nou op 819 mm virrie seisoen.
Oom brits: het oom al re?n gekry, ek hoor dit wil nou beginne neuk daar met die droogte.
Foxcreek.
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 27, 2010 2:21 pm
by Nico Harris
het gisteraand 100mm+(reen meter het oor geloop

) hier by Melmoth in zululand gekry!!
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 27, 2010 3:42 pm
by Janjak

My kinners se altyd die blesbokke gaan lekker eet as dit so reen.
Ons het eergister 89mm gehad (60mm in 30min) en gister weer 20mm.
Sal foto opsit van n straat in Atlasville Gauteng. Eish.
Party mense kry swaar met die baie water.
Re: REEN METER:
Posted: Wed Jan 27, 2010 8:06 pm
by Christo
Hoor dat dit gister in die Houtbosdorp omgewing 200mm+ gere?n het, en dit was teen die middag.
Lekker as dit so gaan.
Christo
Re: REEN METER:
Posted: Thu Jan 28, 2010 9:11 am
by Janjak
Lyk of ons sommer in die straat kan bass vang.
Re: REEN METER:
Posted: Thu Jan 28, 2010 2:59 pm
by Foxcreek
Ek hoop daai man wat in daai huis het 'n hangmat anders gaan hy nat slaap!
Foxcreek.