Operasie Tjank Aftrap

Post Reply

Operasie Tjank Aftrap is 'n goeie idee:

Ja
45
88%
Nee
6
12%
 
Total votes: 51

User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Foxcreek »

Manne

Ek het gedog ek sou nie kon bydra by die rondte van OTA, want dit gaan dol hier. Beisg met plantery en bale maak.

Naby die balery het ek 'n hok gestel en Sondag en Maandag twee baba jakkies gevang. Die werkers het hulle 'verwyder' voor ek kon foto's of mates neem. Hulle was altwee tefies van die laaste teelseisoen.

Laas week bel 'n vroue melkboer my, aan die oorkant van die Klein Mooi Rivier van die melkboer wat my die week voor dit gebel het. Sy het die laaste ses maande agt(8) koeie verloor wat deur jakkies gevreet word as hulle gaan le om te kalf. Ek was net te besig om by haar uit te kom en het beplan om volgende donkermaan daar te draai.

Gister bel sy my weer. Koei het gaan le om te kalf en die jakkies het nie op hulle laat wag nie, en die koei se agterkant gevreet. Die kalfie is heeltemal opgevreet. Dis net die kop en rugstring wat oor is. Ek kon nie by haar uitkom vir foto's nie, maar laat gistermiddag besluit ek, bogger al die gewerk, dis tyd vir frustasies uit kry. Bel haar en se hulle moet wagstaan by koei en kalf karkas, want anders gebeur dieselfde as by haar buurman oorkant die rivier, en hulle vreet hulle dik en ek kry hulle nie in die hande nie.

Slaat so agt uur by haar uit. Maar als is teen my. Wind waai dat dit klap, ligte re?ntjie elke nou en dan (HET OOK NIE SKIETSTOEL NIE). Laat haar ry en ek lig. Ry daai plaas kruis en dwars tot ons op 'n beskutte valei/kloof afkom. Dit is ent weg van die dairy en crime scene. Die area is lekeer beskut. Agter my is mielies. Voor my (afdraende) is 'n kikuyu land. Links is 'n heuwel en regs is 'n hoogte met 'n laning akkerbome.

Sit die roeper so 80 m uit. Begin met haas, 2minute en die eerste een kom met 'n spoed in en val. Nog so 15 min en 'n ander een kom skuins agter my in. Moes toe die sandsakke op die dak los, omdraai en uit die vuis uit skiet. Laat lees, konnie die doef hoor nie, a.g.v. die wind. Ek neem toe aan dis mis.

Vir die volgende driekwart uur gebeur niks nie. Speel hasie klein bietjies en wag lank in stilte.
Niks nie. Speel toe klomp jakkalse wat roep, en soos by haar buurman antwoord 'n agresiewe man agter my aan die bokant van die mielieland. Challange hom terug en ons gesels toe met mekaar vir 'n wyle. Hy bly net waar hy is. Die vilgende oomblik kom een met 'n spoed skuins van agter teen die heuwel af, roeper toe. Hy is met 'n vaart 'n meter by die roeper verby, steek vas en kyk vir my. Drop hom daar. Hy is toe al die tyd 'n sy. Verstaan hoe kom 'n teef met so 'n spoed in waar challange gespeel word nie.

Image

Duskantse een is die teef en die verste een is die eerste een reun.

Teef: Stert  = 31 cm
        Lyf      = 75 cm
        Gewig  =6.8 kg
        Age    = 3 jaar
      Pensinhoud:
Image

Min stukkies kalf en 'n helse klomp gras en mieliekewers! Let op die gawe pensvetjies.

Reun: Stert  =34 cm
        Lyf    = 76 cm
        Gewig = 6.6 kg
      Pensinhoud:
Image

Net kalfsvleis. Die wit en swart stukkies beesvel kan gesien word.

Die foto's is te groot. Kan iemand my help en verduidelik hoe mens tewerk gaan om dit kleiner te plaas.

Foxcreek.
          Age    = 2 jaar
     
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
tafjak

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by tafjak »

Foxcreek
soos by haar buurman antwoord 'n agresiewe man agter my aan die bokant van die mielieland.    Hy is toe al die tyd 'n sy. 
Jy gaan nog lekker lag, kry ook nog ongewisselde jakke wat hulle stem lekker dik maak vir jou.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Foxcreek »

Taffie

So jy se vir my daai antie het haar mannetjiesagtig gehou? Nou leer ek weer iets nuuts.

Melkboer vrou het my gebel en hulle het die een wat ek gedink het ek gemis het opgetel. Skoot deur die nek.

Het darem nou vyf vir OTA ingesamel. Dis eintlik baie min as mens weet hoe baie hier by my is. Elke bietjie help darem.

Aan die anderkant is dit nie sleg vir 'n paar uur se roep nie.

Hoop die wind gaan le, want ek is nou sommer lus vir getalle opstoot.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by britsman »

Foxie,
Foxcreek wrote: Hoop die wind gaan le, want ek is nou sommer lus vir getalle opstoot.
                Looi hulle!!!!

    groete,
              ou brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Foxcreek »

Oom Brits

Ek jag nie meer saam met die Hans Khakie nie, hy het nou 'n slaghuis oopgemaak en dis selde dat ons saam af het om te jag. En hy het 'n jagraam gehad met allie regte mangafters vir die jakkie ding.

Ek skiet nou oor die dak met 'n sandsak. Ek het ook klomp mense nodig, want die een moet lig en die ander een ry en ek gooi lood. Ek het nie eers tralies om oor te skiet nie. Gisteraan toe daai vabont agter my staan wou ek oor die dak spring en van die windscreen se kant af oor die dak skiet. Dis nou vir my soos om met 'n handlyn vis te vang.

As ek darem 'n skietstoel kan kry en 'n kurses bywoon gaan ek hulle seer maak. intussen 'vang ek met die handlyn!'


Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
tafjak

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by tafjak »

Foxie
So jy se vir my daai antie het haar mannetjiesagtig gehou? Nou leer ek weer iets nuuts.
Dit lyk vir my dat die teef(ma van kleintjies) in die tyd vanaf nestyd totdat jonges die gebied verlaat maar die kitaar slaan en vreeslik aggresief is. Reun moet sy gat afwerk om kos op die tafel te sit wanneer kleintjies nog in die gate is. Mettertyd soos die jonges groter word kry die reun darem kans om sy man te staan totdat teef weer op hitte en so bietjie van sy waardigheid terug kry. Dan begin die storie homself weer herhaal.

So, sy sal nogsteeds die jonges in samewerking met die reun beskerm en nie huiwer om enige indringer te kom verjaag nie. Ek het al 'n jakkals hoor antwoord in Desember en seker gewees dit moet 'n groot(ou) reun wees met die diep stem net om 'n ongewisselde jonge te skiet. Dit gebeur sommer baie. Punt is, moenie jakkalse op hul stemme klas nie, sit die pot meer as nie mis.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Raven »

Foxcreek,
Ek sukkel ook nog met stoel en gebruik sommer nog die volgende:
Die sogenaamde skietbank het ek gemaak uit daai "draai unit" wanneer jy by 'n winkel instap.
Die ding uitmekaar gesny en die draai aksie met 3 vingers, is nou die pote.
Die "goed" uitgehaal wat keer dat hy net kan een rigting kan deurloop, nou draai hy 360 grade.
Die voetstuk wat in die winkelvloer vasbout omgedraai, houtplank en spons opgesit en toegedraai met ou LandRover seat se cover... Julle moenie lag nie, hy werk nog vir my tot ek my stoel kry.
So ek lig rond met 240LightForce,as ek ogies optel, is my gelaaide geweer reg met LF170 op scope. Dit sukkel bietjie en bene raak lam van staan, maar hoe dan nou, Jakkies moet ek looi.
Waar daar 'n wil is is daar 'n weg....

Image

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Dawie »

Gister

reun 7.5kg 2-3jr
teef 6.5kg 2-3jr
jongetjies 5.5kg en 6 kg 2 tefies as ek reg kan onthou
Image
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Louis102 »

Ambessa

Ops T A staan einde se kant toe.  Gaan Oom vir ons die resultate opsom?  Miskien ook 'n opinie oor die sukses, aldan nie, van die operasie?  Kojak bly maar 'n yster, kyk nou net weer die resultate!

Hou die blinkkant bo.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Ops T A staan einde se kant toe.
Sal na vannaand begin om detail te verwerk.

Ouens het stil geraak teen die einde. Dalk die goeie reenweer wat gepla het?

Ambessa
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Freddie101 »

Kon in die tyd net een keer uitgaan as gevolg van reen/skou en ander verpligtinge. Dinsdagaand 23/2/10 rooikat hieronder geskiet. Sogende wyfie. 12kg lengte 1045mm stert 260mm maaginhoud slegs 1muis. s32 03.62  e 26 05.76 . Omstreeks22h00

Image

Was ook maar reenerig en het liggies gereen tot 24h00. Daarna 00h15 eerste keer jakkals gehoor. Was 2 jakkalse .Kon hulle net nie inkry nie. Tot ligdag probeer maar verniet. Kon ook nie nader ry nie.

Miskien moet ek meer vertel en raad vra. Na haasroep het ek stilgebly vir ongeveer 15 min. Ek het vermoed daar is sku jakkalse by die klient en het toe met kat en katjakbaklei geroep. Jakkie het dadelik begin skree. aaakh....aakh. tussenpose 5 sekondes. aaakh ....aakh. So aangegaan vir seker meer as 10min. Maat het ook intussen geantwoord maar meer gewone jakroep. Dit is nie die gewone wha wha nie. Ek het stilgesit viromtrent halfuur. Niks. Ander haas. Mooihuil gespeel. Jakkals antwoord weer dieselfde op dieselfde plek op selfde manier. Met halfuur tussenposes kleinjakdistress, jakbaklei en ook kos probeer, maar verniet jakkie antwoord op dieselfde plek.

My vraag is weet iemand wat hierdie antwoord beteken. Heinrich het gese hy reken wha wha wha is bang jakkals. Dink julle ek kon iets anders probeer het.

Taffie en ander gee raad.

Dink darem daar sal ander manne se gegewens nog inkom.

Freddie
yol bolsun
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Chris101 »

Jammer ek het onder mates getjank
Knou die gediertes AF.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Francois Marais »

Louis/Oom Am

Manne, ek het nou nie n kamera saam gehad nie, maar ek mag darem seker die statistieke deurgee..................

Was in die tyd van Ops TA vir 4 nagte uit............nag 1 en nag 2 het maar droog geloop, moet se dit was omdat boer my op plekke laat roep het waar hy "aangeneem" het jakkalse sou wees en nie waar jakkalse opgemerk is of waar loopgebiede met spore waargeneem is nie.

Nag 3, het ek self in die namiddag na spore gaan soek en nie veel gesien nie, gras is BAIE lank en ruig en by poste is spore meestal dood getrap. Vroegaand lewer niks en ek skiet hierdie een nadat hy die vorige stand se afsluiting geantwoord het. Was anderkant die grensdraad (jakkalsproef) en het nader gery en hom ingeroep met klein hasie combo.
21/02/2010
S 23 26'38.2
E 0 18 03'07.0   Reun  5jr  7.5kg  Skaap

Hierdie een skiet ek laat namiddag, terwyl ek spore soek en by n watersuiping aangery kom staan ta en water drink.  
22/02/2010
S 23 32'43.2
E 0 18 01'37.9  Teef  8 mnd  5.5kg   Muise

Die aand met roep skiet ek hierdie een aan die buurman se kan, nadat hy geantwoord het op vorige roepplek se einde, ry nader, speel lightning Jack saggies en hy kom hadloop amper die roeper om.
22/02/2010
S 23 31'43.8"
E 0 18 02'10.9"  Reun 8 mnd  6.5kg  Skaap

Hierdie matie het my vir amper 3 ure besig gehou, het sommer met die eerste jakkasklank van n stand, Mooihuil, van hom laat hoor, hy het sporadie bly skree, waa, waa, waa, sonder om te beweeg, ek het twee ander stands klaar geroep, eers nader aan ander geskuif wat nader ge-antwoord het maar wat doodstil geraak het nadat ek nader geskuif het, toe na hierdie man toe geskuif, hy het bly wegskuif en ek het twee keer nader na hom versit, maar hy het aanhou wegbeweeg, gelukkig parralel met n paatjie, en ook aaan die windopkant van die paadjie, ek besluit toe om ver te skuif, so 2km, om seker te maak ek gaan by hom verby. Daar het ek 30 min doodstil gebly en toe met DG1 baie saggies geroep. 20 min na ek beginne roep het kom ta in die padjie aangedraf, van agter, al op my mouter spoor, asof hy nooit daardie nag gepla was nie. Lyk my op die stadium moet mens ma saggies met die jakkals klanke, die jonges is maar skepties.
23/02/2010 04:35
S 23 32'56.4"
E 0 18 01'19.2"  Reun  8 mnd 6.0kg   Skaap.

Hoop dit was darem n nuttige bydrae tot Ops TA. Sal my bes doen om die getalle bietjie opwaarts aan te pas met die volgende Ops.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Freek »

Dag manne! Hoop nie ek is te laat met my 2tjies nie. Nogal 'n stryd gehad gisteraand toe ek die Bosvark onder die jakkalse los laat, kom by staanplek en da wil my roeper nie werk nie. Terwyl ek die tegnologiese teleurstelling daar in die veld probeer verwerk, tref dit my dat hierdie die ideale geleentheid is om plan B uit te pak en te toets. Trek toe die Criter Call fluitjie nader en begin blaas, 15 min later word eerste jakalas geskiet. Roep nog so halfuur met tussen poses maar niks. Skuif na volgende roep plek en blaas toe daai fluit vir 'n uur plus met rus periodes tussen in, maar niks kom in. Skuif toe na volgende roep plek en soos wat ons weg trek tel ons jong jakkals se oog op wat seker oppad was om in te kom na die fluit geluid, nie lank na ons oog gesien het kry die jakkals 'n lift agter op die bakkie. Moet erken die Bosvark skiet stoel en Criter Call werk goed saam.

Image

Image

Hier is dan die detail:

1ste Jakkalas geskiet op 27/2/2010 = groot teef (links op foto)
- gewig = 8.2kg
- tyd geskiet = 21:45
- pens inhoud = skaap
- ouderdom = 3-4 jaar
- Afstand geskiet = 220m
- mates = jammer manne kon nie meet nie
- Area geskiet = Vaaldriehoek

2de Jakkals geskiet op 27/2/2010 = klein teef (regs op foto)
- gewig = 4.7kg
- tyd geskiet = 23:10
- pens inhoud = skaap
- ouderdom = 6-7maande
- Afstand geskiet = 80m
- mates = jammer manne kon nie meet nie
- Area geskiet = Vaaldriehoek

P.S: Sal maar moet begin oorweeg om van roeper te verander, dis nou die 2de keer wat die ene my in die veld los. Foxpro is miskien 'n beter opsie hierdie keer. Allen, ons praat binnekort.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Louis102 »

Freek wrote: ...Foxpro is miskien 'n beter opsie hierdie keer...
Ou Freek

"Deur skade en skande word 'n mens wys"  Is dit hoe die spreukwoord lui?  Ek kan net dink wie se roeper het nie gewerk nie en nou is ek weer van vooraf ontsteld dat die man soveel snert oor Foxpro op ons kursus kwytgeraak het! 

Geluk met die twee jakkalse, lyk my jy mag 'n fluitjie maar blaas!

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by MEERKAT »

Louis
Die weer was maar misttroostig en kon net effens met hulle woel.
[img]http://[/img]Image

1 Witpoot kat
Tel oe op 300m+ Roep in met dolfyntjie tot 27m
Mannetjie 14kg Skaap
2 Reun
Ingekom ore haas 5.5kg Skaap
Lyk my die 2 het saam geeet aan dieselfde lam

[img]http://[/img]Image
Van links na regs
1 Reun  3jr  8kg Wou nie inkom range 246 met baie genade Skaap
2 Teef  4jr  6.5kg  ingekom                                          Skaap
3 Teef  3jr  6.7kg  ingekom                                          Wild
4 Teef  2jr  6kg    ingekom                                          Haas
5 Kat    jonk 9kg  Wou nie inkom range 282 ,2 boontjies trek nou nog Dassie
6 Reun  3jr  7.5kg  ingekom                                          Skaap
7 Teef wissel 5.5kg ingekom                                          Skaap
8 Reun wissel 5.8kg ingekom                                          Haas
9 Teef wissel 5.6kg ingekom                                          Lyk soos goggas

Nog 2 geskiet terrein baie sleg (jonk gelyk ) indien kry sal ouderdom gee


Reun (geen foto) plaaseienaar opgetel volgende dag 4-5 jaar geen gewig en pens inhoud in omgewing van gevangde lam geskiet.

Geweer:Howa varminter 22 250
Scope:6.5-20x50 Leipoldt
Koeels:Amocils 53gr of so iets

Klanke op
Foxpro
Baklei 4
Vlekkie d
Mooihuil
Ghoofie

Firefox
Ore
Dg2
Steenbok combo
Kl jakkals distress
Louis , hoop dit is van waarde, neem leeftyd om die goed in te tik
Knou goggas af
MEERKAT
Ambessa

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Die eerste Operasie Tjank Aftrap loop dan oor die volgende datums:  Vanaf Vrydag 19 Februarie 2010 tot en met Maandag 28 Februarie (volmaan en maandeinde)
Kyk hierbo en bevestig net: is die afsnypunt Sondag 28 Februarie of Maandag 1 Maart?

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Louis102 »

Ambessa wrote: Kyk hierbo en bevestig net: is die afsnypunt Sondag 28 Februarie of Maandag 1 Maart?
Sondag 28 Februarie om 24h00 - nader as dit kan Oom nie kom aan Maandag 1 Maart nie, of kan Oom? ;)
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Ambessa »

Hallo Louis102 / almal
Louis102 wrote:...Sondag 28 Februarie om 24h00
Reg so.

Sitraps/fotos kan egter nog op Maandag 1 Maart geplaas word.

Ambessa
Last edited by Ambessa on Sun Feb 28, 2010 10:37 pm, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Dawie »

Freddie101 wrote: My vraag is weet iemand wat hierdie antwoord beteken. Heinrich het gese hy reken wha wha wha is bang jakkals. Dink julle ek kon iets anders probeer het.

Taffie en ander gee raad.
Freddie

Die maklikste met so bang jakkie is ry nader en skiet dood.  Indien jy nie kan nader ry nie (Hendrik v R se raad) skuif na plek so naby moontlik aan jakkie wag bietjie onder sy wind.  Roep n muis of vo?ltjie saggies (sagte haas as jy nie ander het nie),  moet onder geen omstandighede jakkalsroepe bakleie of enige klanke met jakkalsgeluide gebruik nie.  

Logika is dat hy bang is vir ander jakkalse so hy moenie dink daar's ander jakkalse nie.  Dis frustreerend want hy antwoord nie so jy sal 'n jakroep wil gooi om te hoor waar hy is,  maar moenie.  Dis ook hoekom jy van plek ook moet skuif as hy jou jakkalsroep bang geantwoord het.  

Dis min of meer hoe Francois syne ook in gekry het....geen jakkals geluide op die ou end.

Daai jongetjies vee hulle baiekeer eenvoudig aan jou af ook.  Dis partykeer beter om huller so rukkie te los en dan ander aand weer terug te kom partykeer meer as 3 nagte om almal vrek te kry veral as die terein nie so is dat ou nie kan nader ry nie.

Meerkat,  Freddie, Freek,  Francois...Mooi man  

Kojak
Last edited by Dawie on Mon Mar 01, 2010 8:30 am, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Louis102 »

MEERKAT wrote: ...Louis , hoop dit is van waarde, neem leeftyd om die goed in te tik...
Meerkat, as 'n man soos jy jakkalse skiet, moet hy maar 'n sekretaresse aanstel!  Wel gedaan, so word dit gedoen!!!  Kyk jy nou mooi met watter statistieke Oom Ambessa vorendag kom en voel sommer trots op jou bydrae!

Dankie, nogmaals, aan almal wat deelgeneem het en help asb. met die nabetragting wat oor die volgende paar dae moet plaasvind.  Elkeen wat 'n ekstra poging aangewend het tydens hierdie periode verdien 'n klop op die skouer.  Ek glo daar sal 'n paar lammers meer bemark word na dese en 'n paar ekstra note in die sakke van die (kleinvee) produsente beland.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Francois Marais »

Wallie

Jy het hulle gelooi jong, bakkie vrag op n slag, OU HINGS.

Dawie

Ja, presies soos ek myne ook gekry het, een het my vroeer die week gefnuik, ma het te gou n jak klank gegooi on te hoor waar hy is, hy was sterk oppad in.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by britsman »

Ops Kamer,
               Ou Britsie nou net ingekom van onsuksesvolle poging om 'n rooikat by skoonseun te kry.
  MAAR skoonseun ( Johny Silver) en ek het daarem 2 x Skelm Stormberg Jakkies wat ons al probeer vir 3 x jare in die nag te kry, vannoggend om 06:30 ingeroep en platgemaak.Ons het die Landie heeltemmaal toegemaak met die camo nette en die jakkies het ingekom sonder geen probleem en, is 150m en 180m van uit die Landie doodgeskiet.
   Sal more vollegedge sitrap in gee met fotos.
        Lekker slaap.
                          brits

PS : 07:54 01/03/10 Links Teef = 8.63kg    Regs Reun 9.54kg (ander mates sal deur die dag inkom)
ImageImage
Datum en tyd (geskiet) ;            28 02 10  06:15h
Spesie (rooijakkals of rooikat)       R/Jakkals
Geslag                                      F
Geskatte ouderdom                    5 yr
Gewig                                      8.6kg
Liggaam lengte                          680 mm                        
Stert lengte                              290 mm      
GPS ko?rdinate                         31 15 26 S    26 23 26 E
Pensinhoud                               Blesbok

Datum en tyd (geskiet) ;            28 02 10  06:30h
Spesie (rooijakkals of rooikat)       R/Jakkals
Geslag                                      M
Geskatte ouderdom                    4 yr
Gewig                                      9.54kg
Liggaam lengte                          690mm                        
Stert lengte                               330mm      
GPS ko?rdinate                         31 15 26S    26 23 26 E
Pensinhoud                               Merino lam
Last edited by britsman on Mon Mar 01, 2010 10:16 pm, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
tafjak

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by tafjak »

Meerkat/Chris101(sal nooit weer 101 spel nie)

Geweet dat die honne gaan rol as die weer julle genadig gaan wees. Ek is vreeslik impressed met die manne se bydraes. Kojak het self die Kaap weer Hollands gemaak.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Operasie Tjank Aftrap

Post by Biker »

BRITSMAN

Weereens geluk met daai twee! Ek wil jou kom sien oor iets en dan moet jy sommer lekker vertel en ek het ook n' storie.

BIKER
Post Reply