Page 56 of 62

Re: Gebede versoek

Posted: Wed Jan 20, 2021 1:43 pm
by Wouter Roets
Stefan en al die ander lede daar buite wat hulp en bystand nodig het in hierdie bitter moeilike tye, ons harte en gebede gaan absoluut uit na julle toe. Baie sterkte julle.

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 21, 2021 3:19 pm
by Smitstertjies
Manne, ek vra asb julle gebede vir my groot skietmaat Hennie Boshoff. Hy is ook lid hier maar nie baie aktief nie. Sy vrou is al 3 weke in ICU met covid en op n ventilator. Dokters het hom vandag laat weet dit lyk nie goed nie. Hulle seuntjie is maar 9 jaar oud.

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 21, 2021 6:13 pm
by DWB
Ons bid saam.

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 21, 2021 6:40 pm
by jdpretorius
DWB wrote:Ons bid saam.
+1

Sent from my SM-A515F using Tapatalk


Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 21, 2021 6:52 pm
by Lategan1
+1

Baie sterkte.

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 7:07 am
by Smitstertjies
Dankie vir julle gebede manne. Hennie se vrou Liesle is egter vanoggend oorlede aan Covid.

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 7:25 am
by Lategan1
Ai Smit, hartseer en jammer om te hoor.

Hoe oud was sy?

Baie sterkte aan haar familie.

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 7:44 am
by DWB
Baie jammer om te hoor. Sterkte Hennie

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 7:47 am
by Smitstertjies
Lategan, sy was maar 45 jaar oud. Fiks en gesond. Hulle seun is maar 9 jaar oud. Sy het elke jag bygewoon. Van buffel tot rooibok was sy daar.Hierdie siekte is n werklikheid. Ek kry my maat baie jammer.

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 8:02 am
by Lategan1
Heel duidelik ‘n vrou wat mens wil ken, iemand wat haar gesin en vriende se avonture saam wil beleef. Dit is vir my ‘n besonderse eienskap.

Mag sy Rus in Vrede.

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 8:26 am
by jdpretorius
Ai, baie jammer om te hoor. Ons hou hulle steeds in ons gebede in die baie hartseer tyd
Mag ons Vader in die hemel hulle op sy hande dra en vertroos

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 8:29 am
by Blink Stefaans
Jammer om te hoor.
Sterkte Hennie en familie

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 8:45 am
by PierrieT
Smitstertjies wrote:Dankie vir julle gebede manne. Hennie se vrou Liesle is egter vanoggend oorlede aan Covid.
Martin,
Julle is in ons gebede. Hartseer om te sien hoe die “ding” mense se lewens kort.
Sterkte daar.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Gebede versoek

Posted: Tue Jan 26, 2021 6:40 pm
by ruaanb
Ai jammer om te hoor. Sterkte vir julle almal.

Re: Gebede versoek

Posted: Wed Jan 27, 2021 10:08 am
by Wouter Roets
Ai Martin

Dit is baie tragiese nuus. Die familie en vriende is verseker in ons gebede.

Mooiloop
Wout

Re: Gebede versoek

Posted: Wed Jan 27, 2021 10:24 am
by Koos Barnard
Baie sterkte aan Hennie en die familie. So jammer om te hoor.
Mooi loop

Re: Gebede versoek

Posted: Wed Jan 27, 2021 11:24 am
by BenJacobs
Dag sê almal. Baie jammer om te hoor. Die nommers raak nou name. Mag almal veilig wees.
Groete Ben

Re: Gebede versoek

Posted: Wed Jan 27, 2021 9:42 pm
by shottie
Jammer Martin. Het ook my skoonma en oom verloor in 2 weke se tyd. Sal julle opdra in gebed.

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 28, 2021 9:45 am
by jdpretorius
Manne vandag is dit ek wat met die hoed in die hand staan en vra vir gebed dat ons liewe Vader my die weg sal wys voorentoe
My werk moes my gister retrench

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 28, 2021 9:47 am
by Toxxyc
jdpretorius wrote: Thu Jan 28, 2021 9:45 am Manne vandag is dit ek wat met die hoed in die hand staan en vra vir gebed dat ons liewe Vader my die weg sal wys voorentoe
My werk moes my gister retrench
Hou jou in gebede, meneer. In watter lyn van werk is jy?

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 28, 2021 9:47 am
by DWB
Baie Sterkte Shottie. Ons innige meegevoel.

Sterkte Johan. Ons bid saam en dink aan jou.

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 28, 2021 9:55 am
by Lategan1
jdpretorius wrote: Thu Jan 28, 2021 9:45 am Manne vandag is dit ek wat met die hoed in die hand staan en vra vir gebed dat ons liewe Vader my die weg sal wys voorentoe
My werk moes my gister retrench
Johan, sleg om te hoor.

Maak kontak met Jean Marais(Centurion) hier op forum. Sien jy in konstruksie. Dalk kan hy verwys of help.

Baie sterkte.

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Jan 28, 2021 11:54 am
by jdpretorius
@Toxxyc, dankie. ek's al vir 'n paar jaar al in konstruks van groot geboue, in 'n meer senior pos ....."managment" is maar wat ek ken
@Lategan, baie dankie.

Ek moet nou net myself probeer tot verhaal bring met emosies wat baie vlak le", en dan nog ook probeer als oor gee/afsluit met die prosedures .....'n ou se hele lewe word deur dit onder jou uit geruk.

Die stigter van Pigeon Shooting South Africa (Ryan) het met my kontak gemaak oor die leerwerk (my "brand" wat ek op FB gesit het is Leather Creek) , so dalk is daar 'n geleendheid om deur hom op klein skaal bietjie blootstelling te kry....en elke sent tel nou meer as ooit.

Re: Gebede versoek

Posted: Thu Feb 04, 2021 11:30 pm
by Toxxyc
Ek staan weer bakhand en smekend hier. Ons tweede seuntjie is vanmiddag gebore en net soos sy ouer boetie sukkel hy met asemhaal. Hy is in die neonatale ICU opgeneem, en is tans op 'n CPAP masjien gekoppel om sy longe te probeer versterk. Hy is ook op suurstof.

Dit breek my.

Re: Gebede versoek

Posted: Fri Feb 05, 2021 1:32 am
by naas222
Mag als vir nuwe kleinding mooi uitwerk en God se hand oor hom wees.. sterkte