Waarvoor is jy gatvol?

Post Reply
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Hein22 »

370 "Cash in transit heists" in 2017 en meer as 150 vir die jaar sover. Plaas fokus die polisie hulle aandag op dit ipv op vervalde lisensies.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Gawie(13mm) »

Ek wonder net of ons nie soms gatvol is vir iets omrede ons dit nie verstaan nie of weet hoe dit werk nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by ruaanb »

Gawie(13mm) wrote:Ek wonder net of ons nie soms gatvol is vir iets omrede ons dit nie verstaan nie of weet hoe dit werk nie.
feite Gawie.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Messor »

Gawie(13mm) wrote:Ek wonder net of ons nie soms gatvol is vir iets omrede ons dit nie verstaan nie of weet hoe dit werk nie.
Dan was 99% van mans gatvol vir hul vroue.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Gawie(13mm) »

Messor wrote:
Gawie(13mm) wrote:Ek wonder net of ons nie soms gatvol is vir iets omrede ons dit nie verstaan nie of weet hoe dit werk nie.
Dan was 99% van mans gatvol vir hul vroue.
...seg 'n man nou die dag op RSG; daar is net drie dinge nodig vir 'n gelukkige huwelik: jy moet jou vrou liefhê, jy moet haar ondersteun en jy moet haar nie probeer verstaan nie! ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
ThinusD
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri Aug 01, 2014 2:27 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by ThinusD »

Dagse manne.

Manne wat net op jou staat maak vir jag plek. Verder as dit is jy daar in die agtergrond.

Nou net weer vandag het ek n paar Voicenotes gerkry wanneer en waar hy nou sal plek kry sonder my hulp.

Ek moet vir hom plek soek en terug kom na hom toe. Lyk ek soos n Jag sales rep...?

Magiestraat. Ek besit nie n wildsplaas nie. Ek bel ook rond vir plek soos enige ander jagter.
Groete
Thinus Diedericks
308 MUSGRAVE, .270WIN IRIS


[i]"We would accomplish many more things if we did not think of them as Impossible"[/i]
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Carl »

ThinusD wrote:Dagse manne.
Manne wat net op jou staat maak vir jag plek. Verder as dit is jy daar in die agtergrond.
Nou net weer vandag het ek n paar Voicenotes gerkry wanneer en waar hy nou sal plek kry sonder my hulp.
Ek moet vir hom plek soek en terug kom na hom toe. Lyk ek soos n Jag sales rep...?
Magiestraat. Ek besit nie n wildsplaas nie. Ek bel ook rond vir plek soos enige ander jagter.
JA nee maak mens sommer die doonner in! Terloops weet jy van plekke binne 100km van Gauteng waar ek rooibok ramme nog vir R1k kan skiet? Sommer dagjag..... :): :laugh:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Steyr270 »

Manne wat alles in hulle vermoe doen om vir jou te vertel watter wonderlike resepte jy vir wildsvleis kry...net om te dink dat as jy al die baie goed moet bibliksem .....is iets mos nie pluis nie...
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Harambe »

Ek is gatvol daarvoor dat ek nie 'n huis kan bekostig in die Kaap nie. Volgens statistieke is ek veronderstel om in die top 5% van salarisse te verdien, maar ek kan nie eens 'n tweeslaapkamer huis met 'n garage en 'n stukkie gras bekostig nie. Wie koop dan al die huise? En wie het R20000/maand om aan 'n huispaaiement te spandeer? En waar spaar jy vir 'n deposito as jy nog moet huur betaal, en mediese fondse en geldjies spaar vir die aftreeslag, en dan het mens nog nie eers geeet of petrol ingegooi nie.
Of so iets
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Nella »

Om aan te slyt by Carl en Thinus se skrywe .
Daai manne stel hulle voorwaardes ...spesefieke tye...hy wil dit en dat hê en ook net soveel betaal.
En dan om nou die kersie op die koek te sit...die plek is nou nie rerig na sy wense nie..en boonop op die plek wat hy "kon" reel se rooibokke was darm R20 goedkoper. ..of die plaas is te klein. ..hy skiet elke bok in twee dae dood op 900 hektar.. :(
Ander senario
Die fent sit maar toevallig by ons groep terwyl ons die jag week bespreek. Hy nooi hom self sommer. Ta gaan nou saam >:(
al is hy nie genooi nie..is die man vol voorwaardes. ..datums moet verander word om hom te pas...en nog ook dink hy dat hy sal maar defnetief daai een koedoe koei wat per groep beskikbaar is vir hom self op eien. En ek kan sommer al die kos en drink goed koop( sy lysie natuurlik gegee )..hy sal later met my reg maak ...
En terloops hy ry sommer saam met my ...Baie goedkoper vir hom jy sien en daars n ander pêl van hom wat ons ook sommer kan saam vat daar is mos plek in my bakkie.
Snaaks hoe kan so perd sy agter end in n krul trek as jy nou maar vir hom pront uit sê dat hy nie eintlik genooi is nie...en al is hy genooi gaan ons klomp nie ons reëlings vir hom verander nie.
Just smile and wave boys >:D
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Yogi »

Ek neem skoon familie saam om op ons familie plaas te kom skiet. Almal bly verniet, jagvoertuig is verniet, hout is verniet, en die een man kry toe geleentheid om een van die wilde springbokke( lees, nie in die wildskamp) te skiet, vir R600, dan hoor jy na die tyd dit is belaglik dat hy moes betaal vir die springbok want hulle loop wild tussen al die plase in die omgewing(trekbokke). Net omdat dit op ons grond, tussen die res van die trop was, gee ons nie die reg om hom the laat betaal daarvoor nie. Ek is klaar met goedwees vir mense wat ek ken.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Swede »

Yogi wrote:Ek neem skoon familie saam om op ons familie plaas te kom skiet. Almal bly verniet, jagvoertuig is verniet, hout is verniet, en die een man kry toe geleentheid om een van die wilde springbokke( lees, nie in die wildskamp) te skiet, vir R600, dan hoor jy na die tyd dit is belaglik dat hy moes betaal vir die springbok want hulle loop wild tussen al die plase in die omgewing(trekbokke). Net omdat dit op ons grond, tussen die res van die trop was, gee ons nie die reg om hom the laat betaal daarvoor nie. Ek is klaar met goedwees vir mense wat ek ken.
Vat my saam volgende keer, el sal betaal ;)
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by tau »

Harambe wrote:Ek is gatvol daarvoor dat ek nie 'n huis kan bekostig in die Kaap nie. Volgens statistieke is ek veronderstel om in die top 5% van salarisse te verdien, maar ek kan nie eens 'n tweeslaapkamer huis met 'n garage en 'n stukkie gras bekostig nie. Wie koop dan al die huise? En wie het R20000/maand om aan 'n huispaaiement te spandeer? En waar spaar jy vir 'n deposito as jy nog moet huur betaal, en mediese fondse en geldjies spaar vir die aftreeslag, en dan het mens nog nie eers geeet of petrol ingegooi nie.
Jip ons is gesnooker, so ek spandeer al my geld op jag, bikes en travel.

Plan A: Ek gaan maar net nie kan oud raak nie, of my kinders moet beter jobs as ek kry en vir my sorg is plan B.

So ek is nie gatvol nie ek lewe net in geloof ;D
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Harambe »

tau wrote:
Harambe wrote:Ek is gatvol daarvoor dat ek nie 'n huis kan bekostig in die Kaap nie. Volgens statistieke is ek veronderstel om in die top 5% van salarisse te verdien, maar ek kan nie eens 'n tweeslaapkamer huis met 'n garage en 'n stukkie gras bekostig nie. Wie koop dan al die huise? En wie het R20000/maand om aan 'n huispaaiement te spandeer? En waar spaar jy vir 'n deposito as jy nog moet huur betaal, en mediese fondse en geldjies spaar vir die aftreeslag, en dan het mens nog nie eers geeet of petrol ingegooi nie.
Jip ons is gesnooker, so ek spandeer al my geld op jag, bikes en travel.

Plan A: Ek gaan maar net nie kan oud raak nie, of my kinders moet beter jobs as ek kry en vir my sorg is plan B.

So ek is nie gatvol nie ek lewe net in geloof ;D
Klink goed
Of so iets
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by 308Win »

Yogi wrote:Ek neem skoon familie saam om op ons familie plaas te kom skiet. Almal bly verniet, jagvoertuig is verniet, hout is verniet, en die een man kry toe geleentheid om een van die wilde springbokke( lees, nie in die wildskamp) te skiet, vir R600, dan hoor jy na die tyd dit is belaglik dat hy moes betaal vir die springbok want hulle loop wild tussen al die plase in die omgewing(trekbokke). Net omdat dit op ons grond, tussen die res van die trop was, gee ons nie die reg om hom the laat betaal daarvoor nie. Ek is klaar met goedwees vir mense wat ek ken.
Mense wat nie betaal nie waardeer nie.
Mense (meeste) glo goed wat hul mahala kry is minderwaardig. Behalwe goeie vriende. Hulle waardeer.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by 308Win »

Steyr270 wrote:Manne wat alles in hulle vermoe doen om vir jou te vertel watter wonderlike resepte jy vir wildsvleis kry...net om te dink dat as jy al die baie goed moet bibliksem .....is iets mos nie pluis nie...
Net so.
Almal verwag springbok moet soos skaap proe en koedoe soos bees. Vir wat? Niemand wil tog he hulle hoender moet soos vis proe nie!
User avatar
Willeboer
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Willeboer »

Nat hout wat ons in die stad kry. Ek braai net met hout , maar die vet weet ons kry nie ordentilikke hout nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by 308Win »

Die kultuur van jammer vir alles se.
Jammer oor dit. Jammer oor dat. En 'n ellelange verduideliking aan groenes oor jag. Vir wat? Hulle is te toe om te verstaan.
Wyle dr.L Potgieter het gese hy is gatvol vir koes-koes loop.
Let op die verskil tussen jammer en jammerlik. Die Bybel se jy moet vergewe. NIKS van die hele dag loop en jammer se oor alles nie. Maar dis hoe ek hom sien.
Ek het iets interessant gelees wat 'n ou op 'n ander forum geskryf het. In Ingels.
Stop saying you are sorry. Your friends don't need it and your enemies won't believe it.
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Rudiejacobs »

Kan daar rerig so baie mense wees, wat vir so blerrie baie goed gatvol is?


Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Harambe »

Willeboer wrote:Nat hout wat ons in die stad kry. Ek braai net met hout , maar die vet weet ons kry nie ordentilikke hout nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek braai met houtskool of gas. Ek het al lankal gatvol geraak vir traanrook en 'n hele pak blitz aansteek om hout aan die gang te kry. Die truuk is om hom HOOG te stapel, maar wie wil nou so baie hout op een slag gebruik?
Of so iets
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Gawie(13mm) »

Willeboer wrote:Nat hout wat ons in die stad kry. Ek braai net met hout , maar die vet weet ons kry nie ordentilikke hout nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek gaan nou 'n wilde raaiskoot vat en sê dat jy ook net een blik 365 op 'n slag koop. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Wouter Roets »

Willeboer

Ek het so rukkie terug mal geraal en n inter-link laat kom met 4000 sakkies hout op. Dit is meestal lekkerruik-peul met so bietjie sekelbos by om hulle lekker aan die gang te kry. Lekkerste braaihout wat ek in lang tyd gehad het. Hier is nog so paar sakkies oor as jy belang stel. Jou volgende skrywe nadat jy met hulle gebraai het sal onder die "waarvoor is ek dankbaar" hofie wees.

Groetnis
Wouter
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Viking »

Willeboer wrote:Nat hout wat ons in die stad kry. Ek braai net met hout , maar die vet weet ons kry nie ordentilikke hout nie.
Willeboer,

Die spreekwoord: "Elkeen soen sy vrou op sy manier!" is hier van toepassing.

In die Weskaap word black wattle as 3e rangse hout beskou, maar ek braai heerlik daarmee!

Ek koop elke jaar in Sept 1000 stukke en die hout is dikwels nog NAT as dit afgelaai word, maar dit pla my nie omdat die vorige besending dan eers begin klaarraak by my.

Met die lekker warm somer droog die hout gewoonlik gou uit en kan ek braai sonder rook. Teen die winter reen die hout nat, maar die KERN is droog en die bietjie reen trek nie genoeg in die hout in om 'n verkil te maak nie.

Nou kom ek by die gatvol deel - dis wanneer ek in die winter te VEEL kaggel maak en my besending hout loop al teen Augustus uit! Dan koop ek SAKKIES hout....en dis waar my siel hel toe gaan.

Hout droog nie uit in 'n plastieksak nie!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by ruaanb »

jy braai heeltemal te min Dirk
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Waarvoor is jy gatvol?

Post by Springkudu »

Viking wrote:
Willeboer wrote:Nat hout wat ons in die stad kry. Ek braai net met hout , maar die vet weet ons kry nie ordentilikke hout nie.
Willeboer,

Die spreekwoord: "Elkeen soen sy vrou op sy manier!" is hier van toepassing.

In die Weskaap word black wattle as 3e rangse hout beskou, maar ek braai heerlik daarmee!

Ek koop elke jaar in Sept 1000 stukke en die hout is dikwels nog NAT as dit afgelaai word, maar dit pla my nie omdat die vorige besending dan eers begin klaarraak by my.

Met die lekker warm somer droog die hout gewoonlik gou uit en kan ek braai sonder rook. Teen die winter reen die hout nat, maar die KERN is droog en die bietjie reen trek nie genoeg in die hout in om 'n verkil te maak nie.

Nou kom ek by die gatvol deel - dis wanneer ek in die winter te VEEL kaggel maak en my besending hout loop al teen Augustus uit! Dan koop ek SAKKIES hout....en dis waar my siel hel toe gaan.

Hout droog nie uit in 'n plastieksak nie!
Ek gebruik blackwattle meestal in die winter wanneer ek binne vuur maak, dan werk die blackwattle mooi met geen wind wat hom kan pla nie, somer gebruik ek maar Rooikrans wanneer ek buite braai. My braai is sommer ons kaggel ook toevallig. Ek beoog ook om altyd 1000 Rooikrans en 1000 Blackwattle altyd in "voorraad" te hê maar die winter het hy my bietjie omkant gevang so nou sit ek met nat blackwattle, maar ag wat, net so paar stukkies blits dan loop hy mooi en mamma is happy met die rooiwyn glas in haar hand langs die vuurtjie wat brand. Ek het die winter seker al 500 stukke blackwattle gebrand en die winter is nog lank. Ek gaan laai more weer 500 stukke.

Ek haat sakkies hout, my pa en broer wat in die Ooskaap bly glo weer daaraan. Daar is darem niks mooier om na 2000 stukke hout te kyk wat vir jou wag nie
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
Post Reply