Page 6 of 10

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Sep 25, 2016 1:57 pm
by 243Songdaug
Het gister 'n baie hartseer en gatvol Sabati eienaar moed ingepraat. Wat gaan aan met die 6 XCs dat hulle so swak perform ivm die 308s?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Sep 25, 2016 2:00 pm
by SeeMoNsteR
Die 6.5x47 Lapuas skiet ook n barshou...

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Sep 25, 2016 3:04 pm
by Nico Harris
Wat maak sy 6xc?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Sep 25, 2016 8:28 pm
by ljoubert
My geweer skiet nou ok met sierra 155g match. Het ma gesukkel aan die begin en dommegeid het my daarna laat sukkel. As ek nou so deur die raad wat die manne my gegee het lees kan ek net lag vir myself. Het raad gekry ma ek dit nie verstaan. 1ding weet ek die sabatti het my van baje goed laat leer. En van die manne wat nog sukkel. Byt vas dit sal reg kom so met tyd want jy leer van die geweer meer en verstaan eers later. Die italiaaner laat ons leer

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Sep 25, 2016 8:33 pm
by ljoubert
Twinhunter wat is jou spoed met 155. My spoed 2810fps

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 26, 2016 8:14 am
by 243Songdaug
Nico. Die man kry nie die geweer om te skiet na sy vereistes nie. Die wapen groepeer beter op lang afstand as kort afstand - op 300m is sy groepe beter as 100m.

Ek hom gesê om die geweer eers te stoor en so effens af te koel en dan vir my te kom kuier vir 'n naweek dan vat ons dai Sabati en kyk waar lê sy probleem.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 26, 2016 9:18 am
by Apie
243Songdaug wrote:Nico. Die man kry nie die geweer om te skiet na sy vereistes nie. Die wapen groepeer beter op lang afstand as kort afstand - op 100m is sy groepe beter as 100m.

Ek hom gesê om die geweer eers te stoor en so effens af te koel en dan vir my te kom kuier vir 'n naweek dan vat ons dai Sabati en kyk waar lê sy probleem.

Paralaks probleem. Watse teleskoop het hy op?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 26, 2016 9:24 am
by 243Songdaug
Apie - as ek reg onthou het hy 'n PST op

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 26, 2016 9:36 am
by Apie
Daar was vroeer die jaar 'n lang gesprek oor die 100meter vs 300meter groepe.

As die projektiel 'n afwyking het gaan dit nie terugkeer na die mikpunt nie. Dis fisies nie moontlik nie.

Bryan Litz het die manne uitgedaag om 'n geweer te bring wat 'n beter groep op langer afstan as korter afstand skiet. Niemand kon dit regkry nie.

As iemand dalk 'n skakel na die draad het sal dit gaaf wees.
Dit gaan oor paralaks verstellings wats mens makliker akkuraat/reg doen vir die langer afstande en die 'fout' dus kleiner maak.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 26, 2016 8:24 pm
by twinhunter
ljoubert wrote:Twinhunter wat is jou spoed met 155. My spoed 2810fps
Ljoubert,die spoed is 2825 fps

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 6:50 pm
by BenL
Dagse. Eks baie nuut op die groep.
Ma iets klink nie vir my reg nie.
Ek het n 308 Rover Tactical en hy issi lekker nie. Ek kry nie resultate herhaal nie.
kry n groep wat .23 moa skiet. Dan laai ek nog van daardie lading. Selfde blik S335 selfde pak punte.
Dan skiet hy sommer 1.7moa.

Nou die sports: die spoed val na elke groepering met tot 80 voet per sekonde.

Nou mag julle ma lag. Die loop se metaal kompakteer en beweeg vorentoe.
Die loop is al amper 1mm langer opi rifling as wat hy was.
Dit na net 200 skote.

Vandag email gekry van Jonathan wat hy my meedeel dat van die 500 gewere wat hulle verkoop het, ek die eerste klient is wat kla.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 6:51 pm
by Geno
Is daai loop nie besig om los te draai uit die aksie nie?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 7:43 pm
by tripodmvr
Met die wisselvallige spoed sou ek kyk na die skaal wat jy gebruik. Om 80vps op 'n 308 te weeg te bring beteken 'n verskil van so 1.3gr dryfmiddel. Die onakkuraatheid kan daarmee verband hou of die koeël kan skeef ingedruk word.

Jou opmerking oor die lande van die geweer? Is 1mm weggebrand agter by die kamer?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 7:48 pm
by BenL
Nee.
Het al sover gegaan om 2 skale te gebruik. Beamskaal en elektronies om te toets.
Die patrone word al stadiger want die gat wat hulle deurgaan word al groter.
Ek sukkel om foto te laai. Bietjie teg. gestremd. Die loop word langer aan die voorkant.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 7:56 pm
by joe rocket
Stuur vir my die foto 082 820 2197 dan plaas ek dit gou.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 8:03 pm
by joe rocket
Hier is die foto.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 8:11 pm
by BenL
Dankie Joe.

Kommentaar asseblief manne!

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 8:26 pm
by joe rocket
BenL ek sien jy is nuut op die forum. Gaan na nuwe aansluitings en stel jouself voor. Vertel ons van jou gunne en waar jy bly. Plaas sommer jou bly plek op jou profiel. Welkom.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 8:59 pm
by Diesel Dog
http://www.jaracal.com/download/file.php?id=31012&t=1

Het die verskynsel nog nie by n geweer loop gesien nie.maar as die geweer soos sy gat skiet moet dit n "prolaps "wees

DD

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 8:59 pm
by tripodmvr
Gee asb besonderhede van koeël, lading en spoed verkry.

Daardie verskynsel voor by die kroon het ek nog nie tevore gesien nie. Dink jy moet dit aan Sabatti self stuur.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 9:18 pm
by joe rocket
Ja ek dit ook nog nie gesien nie "bypass" vir Jonathan hy hey altyd n storie.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 9:28 pm
by BenL
Ek het begin met Nosler CC 168gr.
40gr S335, TPL 71.2mm. Dit is .3mm van die lande af.
18/10/2016 Spoed 2624(gemiddeld van 3 skote) Groep .23moa
18/10/2016 Spoed 2525 Groep 1.21moa

PMP match 155gr
41.2gr S335 TPL 71.8mm .3mm jump
13/12/2016 Spoed 2812 (3skote) Groep .34moa
15/12/2016 Spoed 2732 (3skote) groep 1.04moa

Sierra Match 155Gr
41.2gr S335 TPL 71.4 .6mm Jump
15/12/2016 Spoed 2842 (3skote) .23moa
18/12/2016 Spoed 2743 (3skote) 1.7moa

Hoop dit help

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 9:30 pm
by BenL
Met wie praat mens dan?
Weet iemand wat is ons regte volgens verbruikers wet?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 9:35 pm
by joe rocket
Lees die hele sabati draad iemand hettie een by die Kooperasie gekoop en op die ou end is die geweer omgeruil vir n tikka. Ek sal begin by die handelaar waarom jy die roer gekoop het.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Dec 21, 2016 10:03 pm
by Nico Harris
Ben kry vir jou n baksteen, maak hom reggop staan en vertel hom wat fout is met jou geweer. Maar aai Jonathan , om met daai man te praat gaan jou f@kk&l help nie. Hy het n antwoord vir alles en sal enige kwyt raak om jou die skuld te gee en nie die probleem op te los nie. Glo my ek praat uit ervaring. Twee sakakkis later en nie een wat skiet nie.
Al wat werk is regsstappe.

Groete

Nico