Page 6 of 11

Re: Bakkies

Posted: Fri Sep 04, 2009 9:06 pm
by Christo
Chris

;D    ;D

Re: Bakkies

Posted: Sat Sep 05, 2009 12:07 am
by tafjak
Chris

Lyk my jy wil die goed maan toe jaag. Ek sal maar 'n verfblik met kole saamvat of ek sit op die rediator.

Taffie

Re: Bakkies

Posted: Tue Oct 13, 2009 7:52 pm
by Raven
Die ou Landy van my staan nie terug vir daai rowwe rante by my nie, hy is net baie lief vir petrol.

Image

Re: Bakkies

Posted: Wed Oct 14, 2009 6:54 am
by Ja3
Daarsy...

Ek het gehoor daai V8's het 'n drinkprobleem.

Re: Bakkies

Posted: Wed Oct 14, 2009 9:14 am
by Yalair
Jy moet net onthou om hom af te sit as jy hom volmaak, anners word hy nie vol nie  ;D

Re: Bakkies

Posted: Wed Oct 14, 2009 11:24 am
by Raven
So gepraat van die Landy's.....

Ek praat eendag met 'n ander plaasboer en hy vra vir my waar parkeer ek my ou Landrover in die nag, ek s? toe maar ewe droog, ek parkeer hom altyd in die skuur. Hy antwoord toe sommer vinnig en s? " Solank jy nie daai Landy naby jou slaapkamer parkeer nie, want jy sal hoor hoe breek hy"  ;D  ;D

Ek moes maar net lag, maar hy is nogal betroubaar(hy gaan daar waar bobejaan met 'n kierie loop), sukkel net so nou en dan met sy elektriese petrol pomp, dit lol soms op die onnodigste tyd.

Groete Raven.

Re: Bakkies

Posted: Wed Oct 14, 2009 1:23 pm
by Cois
[glow=red,2,300]Manne, manne, manne[/glow]

Die heel beste tweedehandse bakkie is n splinternuwe colt!!!!!!!!!!!

Cois

Re: Bakkies

Posted: Wed Oct 14, 2009 2:08 pm
by Francois Marais
Cois

Weer gehoor n splinternuwe ISUZU

Baie na aan dieselle ding

mooi loop
Francois

Re: Bakkies

Posted: Thu Oct 15, 2009 8:00 am
by Cois
Francois

Ek ru n 2.5 Isuzu en is baie tevrede, aan die ander kant het ek my colt n 2.8 Isuzu enjin en ratkas ingesit en wat n plesier is dit nie, kan nou gaan jag sonder om slaapklere en n tandeborsel in te pak want ek kom slaap by die huis. My Colt so Taffie se Landy opdraande gegee het.

Cois

Re: Bakkies

Posted: Thu Oct 15, 2009 8:45 am
by Janjak
Image

Hiers n stukkie van my bakkie met n skuldige wat saamry. Dis ook n Isuzu 2.5.
Op daai stadium het my bakkie so ge-squeak ons kon die roeper amper by die huis los. :D
Nou is sy doodstil, gaan die jakkalse lekker kan bekruip.

Re: Bakkies

Posted: Thu Oct 15, 2009 8:53 am
by Francois Marais
Cois

Daai was soma so tong inni kies, almal is goed solank jy mooi na hulle kyk.

Mooi loop
Francois

Re: Bakkies

Posted: Thu Oct 15, 2009 9:36 am
by Cois
Francois

Dis waar wat jy daar se maar jong my colt het my net gegee van dag een af. Tussen sy ratkas en enjin kon ek al amper n aner bakkie gekoop het. Colt in my lewe nooit weer nie, as jy hou van stap koop n colt!!!!!!!!

Cois

Re: Bakkies

Posted: Thu Oct 15, 2009 11:19 am
by tafjak
Cois

My Colt so Taffie se Landy opdraande gegee het.
Darem bly dat iets my Landy opdraende sou gee.

Groete
Taffie

Re: Bakkies

Posted: Fri Oct 16, 2009 9:13 am
by BLOK
Wil paar fotos laai van skiet voertuie maar weet nie hoe om prente op te laai as iemand dalk kan touwys maak.

BLOK.

Re: Bakkies

Posted: Fri Oct 16, 2009 10:24 am
by britsman
Blok,
        Gaan na die Voorportaal en kyk in Algemeen op bld3 vir:Topic: Foto Plasing inligting
Daar beduie Jaracal hoe om fotos te plas.

Almal,
        Iemand kan my se hoe om 'n"short cut" te maak na die topic.
       groete,
                 brits

Re: Bakkies

Posted: Fri Oct 16, 2009 10:59 am
by BLOK
Image

kom ons kyk of dit werk.

Re: Bakkies

Posted: Fri Oct 16, 2009 11:00 am
by BLOK
BRITZMAN

Dankie ek weet nou hoe dit werk sal nog n paar oplaai wat ek het.

BLOK.

Re: Bakkies

Posted: Fri Oct 16, 2009 11:15 am
by BLOK
[img]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... ie.jpg[img][/img]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... kietwa.jpg[/img]


Die Amerigroterkanners het ook altyd groter en beter.

Re: Bakkies

Posted: Fri Oct 16, 2009 11:16 am
by BLOK
Image

Re: Bakkies

Posted: Fri Oct 16, 2009 12:28 pm
by britsman
BLOK,
BLOK wrote: kom ons kyk of dit werk.
          Is daarie .50 Brownings op die bakkie?

          brits

Re: Bakkies

Posted: Fri Nov 20, 2009 8:31 pm
by Ja3
Hier's die skerpioen, in rus posisie.
Image
Die ander posisie sal binnekort sy opwagting maak

Re: Bakkies

Posted: Fri Nov 20, 2009 9:26 pm
by britsman
Jadri,
        En waar word die jakkies gehang? Jy kan hulle ophang voor op die bulbar as die wannebee Phantom Man (FM )doen.
          Bakkie lyk grand.
      groete,
                brits

Re: Bakkies

Posted: Sat Nov 21, 2009 6:25 am
by Ja3
Oom Brits

Wou hulle aan die linkerkant gehang het, maar hierdie bullbar idee kan ook werk.
Wonder of die walms nie 'n ou gaan pla met die ry nie??

Grte
Ja3

Re: Bakkies

Posted: Thu Nov 26, 2009 9:21 pm
by Dawie
Image

Hier's my lorrietjie

Naam...Hopefull

Specs...

Oorspronklike model '81 Isuzi C190 4x4
Nog net cab, enjin en geboude bak oorspronklik
Enjin C190 Diesel ....volle 38kw "brute force" oppie flywheel!!
Wiel size ....245/70 16"
Gearbox 5 spoed(wind- en bult-af rat) en chasi van 2.2D Isuzu 4x4
Agter diff .......met difflock.. van  2.3 Petrol Isuzu 4x4
Kleur...Hippo Pool PVA van Plascon (met rollertjie en kwas geverf)
+- 246000km oppie klok

En my view van sy ruggie af!!

Image

Re: Bakkies

Posted: Thu Nov 26, 2009 9:28 pm
by Ja3
Wat 'n uitrusting Dawie. Bravo!