Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Geno »

MF,
Welkom hier, ek het jou website gekyk, hel maar jy verstaan van rooibrakke skiet!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by JACQUES BOTHA »

MF.

EK SOEK NIE ARGUMENTE NIE, EK NOEM MAAR NET DIS DIE BESTE EEN VIR JOU, ONS HET AL BAIE GEREDEKAWEL OOR DIE SCOPES. EN DIS TOG OOK BELANGRIK OM TE WEET DAT SCOPE X EN SCOPE Y NIE VIR MY EN VIR JOU ALBEI SAL WERK NIE,
DIE LEUPOLD SE VERMOE ONDERSKAT EK NIE GLAD NIE, EK DINK SELF HULLE IS VAN DIE BESTE WAARDE VIR GELD TELESKOPE. EK IS NIE N GROOT LYNX MAN NIE ALHOEWEL EK SO SCOPE HET EN GEBRUIK. DALK IS DIE SKULDIGE DIE OU MET DIE OOG AGTER DIE LYNX, MAAR DIE MANNE PRAT MET LOF VAN DIE LYNX IN DIE NAG.
EK HET AL TE VEEL  GESIEN HOE DIE LYNX MANNE EK SELF INGESLUIT MOES STEL IN DIE NAG OF DAG TYDENS JAG. DLAK IS EK DIE UITSONDERING,
GENIET JOU SCOPE EN JAG  EK SE ALTYD DIE BESTE ROER EN SCOPE IS NIE DIE MAAK X OF Y NIE, MAAR DIE EEN WAT VIR JOU WERK.
GROETE
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

MF Jak

Die beste kan nie een van ons bekostig nie. Die Leupold en Lynx is goed, maar daar is verseker beter as hulle en ek wil ook sommer noem dat daar beter as die Zeiss en Swarovski ook is. Gelukkig bespiegel ons hier oor watter is goed en so aan, maar die beste sal ons 'n lang tyd ontwyk en gelukkig is daar darem heelwat name om van te kies.

Die Leupold se vergrotings tot 20x maak dit moeilik om die parralaks in toom te kan hou op langer skote en die Lynx met sy 10x pas eintlik beter by nagskiet. Net ook jammer dat dit 'n parralaks verstelling het en kan nie regtig sien waarom nie, want parralaks begin jou eers ophel van so 11/12 vergrotings af en nogsteeds moet jy stel as jou scope daarmee toegerus is. Ja, jy kan dit set en vasplak, maar wie doen dit omdat die groter vergrotings op die scope dan eintlik useless is.

Die beste wat jy kan doen is jou scope te leer en daarmee saam te leef. Die fabrikaat gaan nie so groot verskil maak(solank dit darem op teiken bly) as wat die "Leer en ken" daarvan gaan saakmaak nie.

Mooiloop en Welkom!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Louis102 »

MF Jak wrote: .... Die Beste teleskoop wat jy vir nagskiet kan gebruik is die Leupold Extreme Varminter ....
MF, jy en Rooisweis behoort lekker oor teleskope te gesels.  Hy's darem self 'n Leopold man as ek dit nie mis het nie.  Moet egter s? dat ek nie gedink het dit is iets spesiaals om 'n jakkals se lyf duidelik op 350m te kon sien nie.  (Behalwe as dit nagskiet op donker maan, sonder 'n spotlight was)

Nee, Leopold is oraait, maar weet nie of dit darem sommer so as die beste aanvaar kan word nie.  Jy sal bietjie meer moet oortuig as dit.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

MF Jak

Die Leupold Extreme Varmint Hunter wat ek van weet is deel van die VX-3L reeks. Op papier lyk hulle lensbedekkings wat die ligdeurlaatbaarheid en helderheid in swakligtoestande bevorder, indrukwekkend. A.g.v. die onortodokse ontwerp van die objektief word die teleskoop baie laer as ander 56 mm objektief teleskope op die aksie gemonteer. Die feit dat jy dit so laag op die geweer kan monteer, verminder die hoeveelheid wat die koeel na die zeropunt val, wat dus 'n platter trajek tot gevolg het. Verder natuurlik hoef jy nie jou wangstuk te lig nie.

Dit is hoe ek dit verstaan, maar ek luister graag na die manne met die ondervinding.

Is daar manne met ondervinding van die VX-3L 6.5-20x56 LR en spesifiek die Extreme Varmint Hunter?

Groete
Jan
Hunter xxx

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Hunter xxx »

Raven wrote: JB,

Ongelukkig is dit nie my kombinasie nie, maar ek dink 'n man wat uitsluitlik 'n jak/kat geweertjie wil h?, sal mooi regkom met dit.

EK gooi mos maar met my 25 gezero op 100m, en as jakkie inkop op 200 -220 meter weet ek die Swarov se Ballistic Turrets moet draai met 4clicks. Ek jag baie bos area, so 100meter zero is belangrik vir my.

Ek wil sommer hier bynoem dat die moeilikste vir my om jakkals te skiet is as daai jak reguit vir jou staan en kyk, en jy het net 'n paar sekondes om hom te stamp, ek het nou al 2 die afgelope tydtjie die linker sy en agterboud totaal oop/af geskiet, terwyl ek mooi op sy neus korrel.  Die geweer skiet perfek, ek raak net baie op my 7wese as hy so reguit vir my staan en kyk.  :-\

Raves
Raven ek hou ook nie daarvan nie so ek wag tot hy sy oog knip dan skiet ek hom deur die oog lid ;) ;)
Last edited by Hunter xxx on Mon Feb 28, 2011 4:59 pm, edited 1 time in total.
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Cois »

Manne manne

Jakkie kan ma kyk net waar hy wil, die kruishaar gaan na die grootste doodmaak area toe, ons word vir dooie jakkies betaal, nie vir fansy skootjies nie!

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Francois Marais »

Cois
die kruishaar gaan na die grootste doodmaak area toe
Stem maat, en so nou en dan kom daar steeds n foutjie....... 8) 8) 8)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Stefan764 »

klipspringer wrote:
Is daar manne met ondervinding van die VX-3L 6.5-20x56 LR en spesifiek die Extreme Varmint Hunter?
Hallo Jan

Ek kan jou nie antwoord op die 56 LR nie, maar oor so paar maande (as SAPD hul kant bring) kan ek jou wel se hoe die VX3 6.5-20x 40 maak. Ekt een bestel met die Varmint kruishaar.

My pa het die scope hierbo op sy 25-06, maar die man skiet nie juis in die nag nie. Dai yster gooi Springbokke ini Kalahari. Lyk my ek sal een naweek moet loop kuier met die roeper en kom verslag gee.  ;)  Een ding kan ek jou se, daai is die beste R11k dink ek wat n ou op n teleskoop kan spandeer...

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by JACQUES BOTHA »

COIS
JYS REG --JY GAAN DALK N ET DIE EEN KANS KRY --GEBRUIK HOM ......
DDD.....
DODELIK
DADELIK
DAAR LE HY

SO MAAK MENS..
JB
Shoot straight and tell the truth!
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Stefan

Dankie ek sal graag hoor wat jou ondervinding is, veral wat betref die optiese verrigting op maksimum vergroting en in swak lig. Verder ook akkuraatheid, herhaalbaarheid en die kruishaar.

Groete
Jan
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek lees nou al n ruk hierdie skrywe en het tot nou my weerhou om iets te se. Met n vorige skrywe oor iets anders met betrekking tot jakkalsskiet het ek goed gedink om iets te vra maar is toe so in die bek geruk dat ek tot nou toe te bang was om weer iets te vra oor jakkalskiet en al die dinge daaraan verbonde! :-X
Op n ander skrywe elders het ek besef dat daar bitter min al gesels is oor die Leupold VX7 en daar spesifiek twee moddelle uitstaan vir my wat behoort goed te doen as ek so na julle vereistes luister. Het enige iemand ondervinding met VX7? Van hulle besit ook van die VX-L se halfmaan eienskap. Klipspringer jy het heeltemal die VX-L konsep reg en daai eienskap van minder afweiking van line of sight kan dalk heel moonlik n invloed he of die jakkie opgetel word of aangaan met sy lewe!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Wouter

Ek het aanvanklik die VX-L modelle snaaks aangekyk omdat hulle durf waag om so 'n buiteruimse futuristiese ontwerp op 'n geweer te sit. As mens die storie mooi bekyk en jou lyne op papier trek, kan mens nie anders as om respek vir hierdie modelle te kry nie. Ek dink Leupold is al die ander vervaardigers 'n paar rondes voor met hierdie objektiefvorm.

Ek het verneem dat die VX-7L modelle hoewel nog op die Leupold webwerf, nie meer gemaak word nie. Die VX-3L modelle steek egter nie af nie en hulle is steeds in vervaardiging.

Teen minder as R11k dink ek dink daar le sommer 'n hoop waarde in die VX-3L 4.5-14x50 LR opgesluit.

Groete
Jan
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Wouter Roets »

Jan

Jy vertel my nou n ding oor die VX7 en dit is bitter jammer om te hoor! Dit was juis hoekom ek daaroor gevra het want ek sien nerens van hulle op gewere nie. Het al deur een gekyk by n skou so 3 jaar terug en was baie impressed. Bitter baie! Die selfde stallitjie het die usual suspects ook gehad en dit was skemer so dit was n goeie tyd gewees om die beelde met mekaar te vergelyk. Bitter, bitter goed! Waar het jy gehoor van die feit?
Ek het in daai tydstip al my VXIII vir VX3 met Boonne en Crockett en Varmint Hunter recticles veruil anders het ek sterk oorweeg om hulle op te sit.
Jy is absoluut reg oor die VXL scopes en dit was nogal n groot sprong of meskien leap of fiath van Leupold om dit aan te pak en daai laer montering met n groot objective lens is defnetief n massiewe voordeel. Dit lyk net tot vandag toe vir my koddig.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Wouter

Dis reg Wouter, skemertyd is waar kat en muis geskei word.

Toe ek daaroor navraag gedoen het, het die Suid-Afrikaanse Leupold verspreider, Formalito, my meegedeel dat die VX-7L nie meer in vervaardiging is nie. Dit was moeilik om te glo aangesien dit steeds op die Leupold webwerf verskyn, maar hulle het weer eens navraag gedoen en dit bevestig.

Groete
Jan
Last edited by klipspringer on Thu Mar 24, 2011 11:08 pm, edited 1 time in total.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Hello Manne

Wat dink julle van die Nightforce NXS 3.5-15x56 vir nagskiet?

Groete
Jan
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by DSBW »

Jan

Ek het die afgelope 6 maande met een geskiet, hoofsaaklik in die nag. My opsomming as volg:

1) Kruishaar (npr1) heeltemal te dun, besig (baie afmikpunte) vir die nag, jy is verplig om die Illumination aan te sit, en dit opsigself is te veel "hassle" as jy vinnig moet skiet.
2) Gewig te veel vir wapen wat in en uit voertuig moet hanteer word in die nag, teen spoed, teleskoop ook te groot vir selfde redes.
3) "Side focus" verg te veel aandag vir vinnig skiet in die nag.
4) Verstellings baie positief, konstruksie uitstaande, teleskoop gee definitief die indruk dat  dit lank gaan hou en stampe en stote kan verduur.
5) Optiese kwaliteit uiters goed, beter as die meeste "midrange" teleskope, dag en nag.
6) FOV (Field of View) uiters swak, van die swakste wat ek nog gesien het. Dit maak dit moeilik in die nag, as jy bewegende teikens in die lig moet dophou, met die moontlikheid van meer as een teiken in dieselfde kol.

Vir dagskiet, veral langer afstande is dit 'n uitstekende teleskoop, en ek dink dit is nogal waarde vir geld ook. Vir nagskiet in my spesifieke omstandighede was dit nie so goed nie, vir bogenoemde redes. Ek dink egter dit is baie goeie teleskope, kan nie met die kwaliteit fout vind nie.

Dawie
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by raychell »

Dawie
Dit is nou die mees akkurate uiteensetting van Nightforce wat ek nog op die forum gelees het stem 100% met jou saam
Die belangrikste in my opinie is FOV en geen paralaks verstelling vir nag werk nie .
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by DSBW »

Tx Raynie

Stem saam met jou, dis die twee dinge wat eerste pla as hulle nie reg is vir die nag nie, dink net baie mense ag die belangrikheid daarvan te gering. Die meeste ander aspekte van 'n teleskoop is gewoonlik min of meer goed genoeg,maak nie saak watter maak nie, maar vinnige, akkurate fokus en FOV is nie so goed in die algemeen nie.

Groete

Dawie

(Is jy toe Desember hier verby?) Niks gehoor van jou nie?
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by raychell »

Twee keer by jou verby maar jy andwoord nie jou foon nie. ;D ;D
Sal wel weer daar langs kom
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Dankie Dawie, dit was goeie redes om na ander opsies vir nagjag te kyk.

Watter teleskoop ideaalgesproke sou jy vir nagjag gebruik?

Groete
Jan
Post Reply