Page 6 of 30
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Nov 12, 2013 5:11 pm
by Silent Hunting
Eugene,
Ek glo daar is nog baie manne wat gaan koop. Manne hier se harte is groot. Wag net vir daai vet bonusse om te kom.
Selfs die manne wat nie gepla is oor die eintlike doel van die fonds, sal koop. Pryse is briljant.
Groete,
Henk
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Tue Nov 12, 2013 8:06 pm
by tafjak
Alwyn
Klipplaat is by ELDERS oppie weervoorspelling. Julle moetie spot nie, dis my hometown jong. As Klipplaat nog nooit oppie map was nie, gaan ons hom daar sit hahaha.
Mooiloop
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 7:56 am
by Alwyn
tafjak wrote:Alwyn
Klipplaat is by ELDERS oppie weervoorspelling. Julle moetie spot nie, dis my hometown jong. As Klipplaat nog nooit oppie map was nie, gaan ons hom daar sit hahaha.
Mooiloop
Klink vir my na n plek waar ek ook wil bly!!!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 8:42 am
by Jakkalsgat
More
Sal vanaand weer nommers uitstuur. Gisteraand se bewys van betalings het ons te staan gebring op R 23 800 en R 25 000 is nou naby en ons het 34 kaartjies gekort om by 500 uit te kom.
Dit wil vir my voorkom of ek nou van die dopstelsel moet gebruik maak om manne aan te spoor.
As aansporing is daar vir die volgende nommers 600, 700, 800 en 900 elkeen 3 x bottels 2012 Van Loveren, Chenin Blanc en 3 x bottels van Loveren, Pinotage 2013 met die komplimente van Namaqua wines.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 9:00 am
by the kid
Ek het vanoggend gou my kaartjies betaal,kom ons hoop dit sit weer die wiel aan die rol.....
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 10:33 am
by Eugene
the kid wrote:Ek het vanoggend gou my kaartjies betaal,kom ons hoop dit sit weer die wiel aan die rol.....
Dankie baie!

Elke bietjie help kerels!
Dankie ook vir die manne van Suidwes, ek het vanoggend die sms'e van julle inbetalings ontvang!
Julle onbaatsugtige bydrae gaan ver gaan om kinderhartjies te verbly hierdie Kersfees!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 10:48 am
by Hilux01
Daarsy
Myne ook betaal, ek gaan so elke nou en dan nog 'n pakkie (van 4) koop om my kanse te verbeter
Ek stuur solank my bewys van betaling aan
Gaan ook n paar vriende opline om by te dra en skiet Saterdag saam jagvereniging kan dalk n paar ouens ook bysit
So van die os op die jas, hierdie "kompetisie" deel van die forum is nie iets wat ek baie besoek nie, hoekom sit julle dit nie onder algemeen en verwys die manne hierna nie, dalk sien meer ouens dit raak
my 2c
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 1:13 pm
by Jakkalsgat
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/photo.jpg
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 1:56 pm
by douw
Hilux01 wrote:Daarsy
Myne ook betaal, ek gaan so elke nou en dan nog 'n pakkie (van 4) koop om my kanse te verbeter
Ek stuur solank my bewys van betaling aan
Gaan ook n paar vriende opline om by te dra en skiet Saterdag saam jagvereniging kan dalk n paar ouens ook bysit
So van die os op die jas, hierdie "kompetisie" deel van die forum is nie iets wat ek baie besoek nie, hoekom sit julle dit nie onder algemeen en verwys die manne hierna nie, dalk sien meer ouens dit raak
my 2c
Ek kliek elke dag op die "view unread posts" bo aan die regterkant. Dan sien ek alles wat almal die dag bespreek het. Op die manier mis ek niks nie.
Groete
Douw
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 3:57 pm
by Sarelss
Jaco,
Eerstens Baie geluk met die moerse kompetisie. Uitstekend gereel en dankie vir al die borge. Die is een van daai kompetisies waar jy jou linker klinker sal skenk, en dit kos maar net R200.
Dankie vir die e-pos herinnering aan die van ons wat nie so gereeld op die forum kom nie. Ek glo dit sal die nodige 2e stimilus verleen aan die reeds uitstekende respons tot dusvêr.
My kaartjies vir eers gekoop, maar sal seker later nog 'n klinker of wat op die spel wil plaas......
Mooi dag en sterke aan al die manne !!
Sarel
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 4:50 pm
by Jan Thuynsma
Sien so mail van die forum maak 'n groot verskil want al die manne is nie so gereeld op die forum nie.
My betaling gemaak vandag sal seker vanaand deurgaan en bewys van betaling sal van die bank kom. Kyk maar uit vir hom ek wil nie my kans op 'n moontlike botteltjie wyn mis nie

lanklaas so gemaklik gevoel om 'n skenking te maak.
Dankie vir die geleentheid.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 6:26 pm
by Eugene
Sarel en Jan, baie dankie vir julle ondersteuning! Het reeds die sms'e gekry!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Wed Nov 13, 2013 8:57 pm
by junglejulian
Hi eugene!
Kyk asb of jy my betalings ontvang het.ek het maandag 1 en vandag 3 kaartjies gekoop.
Groete
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Thu Nov 14, 2013 12:20 am
by Jakkalsgat
Julian
Jou betalings is daar en kaartjies al toegeken, as alles goed gaan stuur ek gou more jou nommers vir jou. Manne jammer as julle dalk te lank wag vir nommers maar ek stuur so elke 3de dag aangesien ek net op die oomblik bietjie besig is met ander dinge ook.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Thu Nov 14, 2013 8:25 am
by DWB
Ek het ook gou my 4 betaal, sal Desember nog koop.
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Thu Nov 14, 2013 5:45 pm
by Jakkalsgat
Ons staan op kaartjie nommer 554 en no 500 is die gelukkige wenner van Jaracal hemp en hoed. #600 is die volgende aansporingsprys en die dopstelsel roep die manne.
Groete
Jaco
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Fri Nov 15, 2013 8:06 am
by Marc
Jakkalsgat wrote:Julian
Jou betalings is daar en kaartjies al toegeken, as alles goed gaan stuur ek gou more jou nommers vir jou. Manne jammer as julle dalk te lank wag vir nommers maar ek stuur so elke 3de dag aangesien ek net op die oomblik bietjie besig is met ander dinge ook.
Groete
Jaco
Onaanvaarbaar, kry jou prioriteite reg Mnr Stander
My vier is in die pyp

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Fri Nov 15, 2013 2:20 pm
by Marc
My eerste lyne is in die water, dankie vir die voerplek manne. Ek hoop nie al die grootes swem by my hoeke verby nie
Ek hoop my bydraetjie maak een kleinding se dag 'n bietjie meer sonnig

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Fri Nov 15, 2013 2:24 pm
by Eugene
Dankie Marc en al die ander manne! Ons gaan ons target vir die einde van die maand, voor die einde van die naweek bereik!
Dankie vir julle bydraes hierin manne, dis 'n riem onder die hart!
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sat Nov 16, 2013 1:57 pm
by Jakkalsgat
Nou wat nou, mag ons nou nie kompeteer oor naweke nie
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sat Nov 16, 2013 2:09 pm
by FHM
Jakkalsgat wrote:Nou wat nou, mag ons nou nie kompeteer oor naweke nie
Ja nee die manne is maar stil op n Saterdag-middag.....
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sat Nov 16, 2013 2:11 pm
by Jan Thuynsma
Neewat ek was all in al vroeer die week. Kompetiesie is vir die voels gee net die geld
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sat Nov 16, 2013 2:47 pm
by Jakkalsgat
Nee wat oor 'n naweek lyk Jaracal soos die gange van staatsdepartement, spookagtig

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sat Nov 16, 2013 2:51 pm
by FHM
Jakkalsgat wrote:Nee wat oor 'n naweek lyk Jaracal soos die gange van staatsdepartement, spookagtig

Of soos die gange van die meisiekoshuis op Wollies (40 jaar terug....)
Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013
Posted: Sat Nov 16, 2013 2:53 pm
by Jakkalsgat
FHM wrote:Jakkalsgat wrote:Nee wat oor 'n naweek lyk Jaracal soos die gange van staatsdepartement, spookagtig

Of soos die gange van die meisiekoshuis op Wollies (40 jaar terug....)
Hoekom, ek kan net dink oor hulle spinnekopplaag gehad het