Mei maand tips

User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Mei maand tips

Post by johann »

Manne wat vir my nou die laaste tyd gewerk het is as ek 2 klanke vat bv 2 of 3 verskillende springhaas klanke en ek meng en wissel hul af, jakkies het sommer lekker ingekom. Roep dit dan vir 30-35min( baie stiltye ook bygese ) rooialeen, en as daar geen reaksie is nie antwoord ek myself na 3min met reaksie Jason of vlekkie 3a, wag vir 15min in stilte( speel dan nou en dan stukkies van erdman worstel en soortgelyke klanke vir baie kort tydjies) dan was jakkies al gewoontlik omgedop.

Groete Johann
25-06 Remington
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Mei maand tips

Post by cassie_calvinia »

dawie, op watse stadium roep jy tafjak 6?
louis, ek het nie gister aand nader geskuif nie, want ek het aleen gejag. so maant terug toe ek nader skuif, toe ry ek op hul af, en verloor al2. dis hoekom ek hul eerder gelos het, en later weer probeer. jag sonder 'n drywer gaan nie werk nie.
6 weke is sommer nou verby, maar, die jak huil venster is maar klein voordat die tewe begin kleintjies kry.
HOU HOM DAAI DIKTE
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Mei maand tips

Post by Dawie »

cassie_calvinia wrote: dawie, op watse stadium roep jy tafjak 6?
Cassie

As ek reg kan onthou was dit eers na +90 min se "Roep in moelike tyd" nadat ek agtergekom het hulle is besig om verby te beweeg.  Het na TJ6 in stilte gewag en hulle met hasie ingelei. Ek kan onthou een het van my suidooste gekom ander een suid,  suid bymekaargekom en wes van my noord begin beweeg.  Toe hulle wes van my was het daar so +5km/h westewindjie opgekom hulle het toe oos gedraai in my rigting in.

Ek het nog 'n losloper reun ook op dieselfde plek (suid) geskiet net toe ons wegry....onthou dit goed want toe het my bakkie se alternator se bearing gegroet....murse gesukkel!!

Maw dit was nie my eerste roep nie,  ek dink nie dis wys om TJ6 as eerste jakkalsroep te gebruik nou nie.

D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Mei maand tips

Post by tafjak »

Dawie

So lekker as die tweetjies so "een dan die ander" antwoord.

Cassie

My maat, as hulle stilbly na 35min, is hulle oppad, jy moet net die ouens so bietjie motiveer en veral sulke kort(5-10sek) hase, bokke, dassies werk te lekker.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Mei maand tips

Post by tafjak »

So paar tips uit die vorige paar posts vir my:

1. 
ek dink nie dis wys om TJ6 as eerste jakkalsroep te gebruik nou nie.
2. 
gewerk het is as ek 2 klanke vat bv 2 of 3 verskillende springhaas klanke en ek meng en wissel hul af,
3. 
jag sonder 'n drywer gaan nie werk nie.
4. 
moet dit nie nou in een of meer aande als opneuk deur t? desperaat te raak nie
En dit net op die laaste blad van die topic!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Mei maand tips

Post by cassie_calvinia »

ek hoor wat oom se
1rste jakm roep, toe antw hul uitmekaar, na 30 weer jak roep, toe antw hul bymekaar, na nog 30 min, weer jak roep, niks...toe sit ekal 2ure. tussen jak roepe net min 2 keer vir 5-10 sec kos.
maw, toe hul stil geraak het, was hul moontlik oppad? hul was nie veel verder as 1.2km. dis het ek gedink hul moes al by my gewees het. my grootste fout was ek was aleen. anders kon ek hul tien teen 1 loop haal het.
HOU HOM DAAI DIKTE
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: Mei maand tips

Post by Chuck »

Oom Louis

Ek het so 200m rondom my oop gehad so dit is moontlik dat hy my wind af kant gewerk het sonder dat ek dit agter gekom het. Hier is maar baie bos. Nadat hy geantwoord het, het ek met die dimmer gelig, bang ek maak die ou skrikkerig met die wit lig. Hulle spore le steeds elke dag in daardie kol in voet paadjies, het vir nou n paar ysters gestel.

Moet ek maar n maand of langer wag voor ek weer gaan probeer? (indien die slagysters nie werk nie) 
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Mei maand tips

Post by Louis102 »

Chuck wrote: ... Moet ek maar n maand of langer wag voor ek weer gaan probeer? (indien die slagysters nie werk nie) 
Chuck, sukses is nie uitgesluit as jy gou weer probeer roep nie, maar daar is 'n paar risiko's om eers te oorweeg.  Mag ek eers so vra, dalk gee jy nog self die antwoord: 

Hoekom sal die jakkals hierdie keer inkom (wat sal hom trigger) as jy nou weer gou probeer, hy het dan die eerste maal nie ingekom nie?  Weeg dit op teen die kans wat jy sal h? as jy 'n tyd langer gewag het.  Ek glo jy het reeds die beste staanplek en klanke tot jou beskikking aangewend?  As jy nou gou weer gaan roep, wat sal jy dus anders doen, inag genome die jakkals se onlangse ondervinding met jou roepery?  Die kanse is goed dat die jakkals waarskynlik klaar 'n assosiasie met die klanke, die lig en jou reuk gemaak, is dit nie?  Wat is die risiko as jy nog 'n maal misluk?
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply