Page 50 of 62
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 11:26 am
by Philip J
Baie sterkte. Ons dink aan julle in die tyd.
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 11:41 am
by jdpretorius
Wout, sterkte, en weet ons bid saam vir julle.
Die moeilikste deel is om nie ons harte teenoor God te verhard as ding nie uitwerk soos ons will nie.
Ons Hemelse Vader weet altyd beter as ons self en al wat ons werklik kan doen is om Hom te vertrou vir rustigheid waar ons deur harde tye gan. Jeremia 4:3&4
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 11:47 am
by Lategan1
Baie sterkte Wouter.
Dankie dat jy ook vra dat jou kennisse en vriende hier, jou vader op ons gedagtes en gebedslys sit.
Beste.
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 12:47 pm
by Eduard Venter
Ai oom Wouter ons verstaan nie altyd hoekom sulke leed moet deel wees van die lewe nie. Nie te min hou ons aan bid en vertrou. Sterkte vir julle!
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 1:21 pm
by wynis
Ons bid saam met jou oor die saak Wouter. Die Here is in beheer.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 1:33 pm
by Smitstertjies
Ek bid vir julle Wouter.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 1:47 pm
by Marc
My Vriend
Ons God is groot, ek en jy weet dit.....ons is op ons kniee maat. Sterkte aan jou en julle as n familie deur hierdie moeilike tyd. Mag God julle styf vashou in sy hande en sy genade vir julle onmeetbaar wees.
Mooi loop
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 2:51 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Baie dankie vir die mooi woorde asook al die boodskappe op die private kanaal. Dit word opreg wardeer.
Groetnis
Wouter
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 2:59 pm
by ruaanb
Baie sterkte ons dra hom op in gebed.
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 3:19 pm
by Jurgen Visser
Ai Wouter , ek dra julle almal in my gebede op . Baie sterkte vir jou en geliefdes
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 3:31 pm
by jankraay
Baie sterkte Wouter. My God julle op sy hande dra en julle rustig hou deur die moeilike tyd.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 3:36 pm
by Raditipa
Wouter.
Ek glo en bid vir n spoedige en volkome geneesing! Niks is onmoontlik vir God ons Vader nie. Baie Sterkte.
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 3:58 pm
by Blitzzz
Ons hou julle in ons gebede Wouter...
Ek bid dat ons Vader jou sal sterk hou, geestelik, verstandelik en liggaamlik, dat jy sal dien as die nodig steun pilaar in die moeilike tye.
Sterkte!
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 4:00 pm
by naas222
Wouter ek het al ook hier kom vra vir voorbidding en weet maar hiers n klomp bakgat ouens wat aan julle dink en saam bid... sterkte
Re: Gebede versoek
Posted: Mon Jul 27, 2020 4:45 pm
by 3kus
Sterkte Wouter, julle is ons gebede.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 7:34 am
by BenJacobs
Goeie môre almal.
Ek vra dat julle asb saam my moet bid. My neef se vrou het laasnag 'n baie ernstige beroerte gehad en is nou in 'n koma. Hulle het haar nou gevlieg na die beroerte eenheid by Groteskuur. Ek vra dat julle asb hulle in julle gebede hou. My neef is in 'n toestand. Hulle is so bietjie meer as 'n jaar getroud.
Groete Ben
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 7:44 am
by Eduard Venter
Sterkte Ben sy is in ons gebede.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 7:47 am
by Raditipa
Sterkte vir julle Ben. Glo en vertrou dinge sal uitwerk.
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 7:59 am
by OomMatt
Wouter
Dit is met swaar gemoed dat ek die boodskap stuur met die hoor van die nuus.
Ek was en weet wat n Pa vir n mens beteken.
Jy en jou gesin is in my gebede en verseker in my gedagtis
Sterkte mater
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 8:12 am
by Geno
Wouter/Ben
Baie sterkte manne! Julle is in ons gedagtes!
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 10:56 am
by Rasmus
Wouter en Ben baie sterkte.
My pa is die 11 Junie hospitaal toe vir n rug operasie. Daar was n paar komplikasies wat ons oorwin het. Hy is toe uitgeplaas na n stepdown fasiliteit om sterk genoeg te word om ontslaan te word. Hy het ongelukkig iewer tussen die hospitaal en die stepdown Covid opgedoen en is positief getoets op die 10de Julie.
Hy het moedig baklei, maar ongelukkig kon die ou lyf nie meer nie en is hy laas Donderdag oorlede..... Die griep is n bl!ks&m en n werklikheid.
Sterkte vir almal. Die covid ding maak dit bitter moeilik aangesien mens nie by jou geliefdes kan kuier of hulle eers sien nie!
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 11:05 am
by Wouter Roets
Ben
Baie sterkte vir julle daar. Ek glo ons almal sal julle opdra in ons gebede lys.
Rasmus my innige simpatie met jou en jou familie. Ek het met absolute angs in my hart nou jou skrywe gelees en so gehoop op n goeie einde en ek moet bieg dit het my nou soos n vuishou tussen die oe geslaan. My hart gaan uit na jou en jou familie en ek kan net bid dat julle vertroosting in ons Hemelse Vader sal vind.
Mooiloop
Wout
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 11:11 am
by BenJacobs
Dankie almal.
En baie jammer om te hoor oom Rasmus. Ek het nou nuus gekry, dit lyk beter, sy is nou in teater, om te kyk of hulle die aar se bloeding kan stop. My neef aan die anderkant, is heeltemal buite hom self.
Baie dankie aan almal se gebede.
Groete Ben
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 11:14 am
by DWB
Baie Sterkte Rasmus.
Ons moet self die naweek in Mosselbaai my oupa begrawe.
Hy het darem 'n vol lewe gehad!
Re: Gebede versoek
Posted: Tue Jul 28, 2020 11:19 am
by andre007
Wouter, Ben en Rasmus. Ons gebede gaan uit na julle. In hierdie tyd is familie belangriker as ooit. Mag ons Hemelse Vader julle dra in hierdie tyd.