Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Piet Pille »

Aitsa, sommer 'n arsenaal nuwe manne.. Baie welkom. Ons leer baie hier bymekaar en lag en huil lekker saam. Groot familie wat lekker kuier rondom die kameelvuurtjie.
As jy vir die blou bulle skree, 'n .270Win skiet of hou daarvan om ander manne se threads te hi-jack met strooipratery gaan die manne hier jou lekker pak gee, maar daar is darem so paar van ons wat die pyn sal help deel.. ;D
User avatar
Skywalker
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Skywalker »

Dankie vir die hartlike welkom manne ek gaan die rugby vir n ander forum los en wat die hi-jack aanbetref kon ek nog nooit skelm genoeg wees ni :laugh:
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer

Self Defence
Beretta 90-Two 9mm

Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
User avatar
ThinusD
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri Aug 01, 2014 2:27 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by ThinusD »

Hello almal. Bly om deel te wees die forum. Ek het al so baie gehoor van Jaracal.com en is trots om te se ek is nou Gelukkig deel van die groep. ;D . My naam is Thinus Diedericks, ouderdom 34 en bly tans in Johannesburg. Ek het baie respek vir die natuur waarin ons jag en Veiligheid kom altyd eerste. Stel baie belang aan Herlaai werk, Kalibers, Geniet my Jag te vreeslik en is altyd oop ore vir nuwe advies. Ek is seker hier kan amper enige vraag beantwoord word. Dankie
Groete
Thinus Diedericks
308 MUSGRAVE, .270WIN IRIS


[i]"We would accomplish many more things if we did not think of them as Impossible"[/i]
Frans E
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Tue Jul 15, 2014 10:04 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Frans E »

Hallo Almal 2 weke terug al op forum. Het gesukkel om lekker te vstaan hoe die goed werk,maar geniet vreeslik baie almal se geselsies. ek van Oos Kaap en woon in Queenstown.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Wouter Roets »

Baie welkom aan al die nuwe forumlede wat die afgelope tyd op Jaracal aangesluit het. Hoop julle maak julle self sommer vining tuis hier om die vuur. Moet ook nie huiwer om so nou en dan n stomp of twee op die vuur te gooi nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by mossie »

Baie welkom al die nuwe manne.

MOSSIE
User avatar
DirkR
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Wed Aug 06, 2014 11:04 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by DirkR »

Naand almal. Ek is van Stellenbosch en het sopas geregistreer. Sien uit om deel te neem aan gesprekke!
magnum0123
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Sun Aug 10, 2014 3:04 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by magnum0123 »

Dag almal, ek jag nog nie self jakkals nie maar het nou begin stoele bou as stokpertjie. Die eerste stoel is sopas voltooi, gelukkig het Bloemfontein se reën my kans gegee om klaar te spuit verf. As iemand dalk in die mark is vir 'n stoel moet hulle skreeu.
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Boomstomp »

Middag almal!

ek sluip al 'n vir 'n wyle hier rond op die forum, gedink dis dalk tyd dat ek hallo sê...

Kom van Stellenbosch, jag veels te min en het nog sover gelukkig nie die geld om al die jaggewere te koop wat my hart begeer nie!

Vind tot dusver die forum baie goed, hier is 'n magdom kennis beskikbaar, en vir 'n slag is dit in my moerdertaal!

Hoop ek kan ook êrens waarde toevoeg.

Groete
Boomstomp
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Johan Nel »

Dirk, Magnum& Boomstomp,
Welkom hier op die forum manne. Geniet die gesprekke, debatte en ander manewales hier. Die ouens kuier lekker, en stry ook maar dan en wan, maar oor die algemeen is hierdie forum 'n gesonde een met manne en (enkele) vroue wat help met raad en voorstelle en die manne se harte is oop!
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
nomad
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Mon May 26, 2014 3:34 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by nomad »

Middag. Ek lees al n geruime tyd hier. Ek is baie lief vir my vuurwapens maar klassieviseer nie as n jagter nie. Het die forum gevind terwyl ek opsoek was na 410 herlaai inligting. Dankie vir die baie lekker forum.

Groete
nomad
Rix
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Thu Aug 07, 2014 2:17 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Rix »

Hallo almal, ek is Riaan Hugo
ek boer naby Vosburg in die karoo.
In die winter hou ek springbok jagters
besig en in die somer boer ek met dorpers.
Probeer al die winter se agterstallige werk inhaal :) .

Dje kennis en ervaring wat hier gedeel word is ongelooflik.
Groete Riaan
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13656
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Geno »

Welkom, nuwe manne.

Hoe sê Wouter: "Maak jou self tuis en moenie skaam wees om 'n stompie op ons vuur te pak nie"

http://i.imgur.com/Xt4Mrfm.gif
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by win270 »

Baie welkom aan al die nuwelinge wat onlangs aangesluit het. Geniet die geselsies op hierdie forum en deel gerus jul kennis en belangstellings met ons almal. Niemand is ooit te oud of te slim om nog iets te leer nie.
ANDRE58
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Thu Aug 21, 2014 10:41 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by ANDRE58 »

Goeie more almal op die forum,
My naam is Andre Bennett en woon in die Noorde van Namibia. Die skiet,jag en visvang ding het van kleins af by my posgevat omdat dit ook die passie was van my oorlede pa. Ek jag gereeld en sit baie tyd in in sommer net lekker skiet. Het besluit dat ek ook moet herlaai om by te bly met alles wat so duur raak en dan ook my eie jag ammunisie. Wil graag op die forum met iemand gesels wat my in die verband kan help. My jaggeweer vir baie jare al is n pasmaak .308 Norma Magnum, dan is daar n 7mm Rem Mag. Tikka, n CZ .22 en n Marlin 22-250 wat ek gewen het.
Ek geniet elke sekonde wat ek op die forum spandeer en se dankie vir ieder en elk wat inligting en ervaaring met ons deel, hou so aan , dit word werklik waardeer.

Skiet Groete aan almal!

Andre
User avatar
DirkR
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Wed Aug 06, 2014 11:04 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by DirkR »

Naand Almal

Ek is van Stellenbosch en lees al vir 'n rukkie die interresante gesprekke op jaracal. Was bevoorreg om op 'n plaas groot te word met 'n pa wat baie van gewere en jag gehou het. Na skool het ek vir baie jare nie kans gesien vir die admin om 'n wapenlisensie te kry nie en dus ook nie gejag nie. Gelukkig raak mens meer geduldig soos mens ouer raak, so ek het laas jaar twee lisensies gekry en hierdie jaar weer 'n slag gaan jag. Wag nou vir nog 'n lisensie en het groot jagplanne vir volgende jaar.

Groete, Dirk
.303 JAGTER
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Mon Sep 01, 2014 1:56 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by .303 JAGTER »

Hi daar almal, ek is van Goodwood in die Weskaap, ek het net onlangs my lisensie vir my.303 BSA NOI MK3 gekry, en was bevooreg genoeg om al einde Junie twee Springbokke plat te trek. Ek geniet dit verskriklik om te jag, en oor die algemeen om net te skiet, dit is een van my passies. Ek hou van self herlaai en vind dit baie ontspannend, en genotvol.
Dis is n voorreg en baie lekker om by n Forum aan te sluit en te gesêls met manne wat dieselfde passie vir Jag en Skiet het as ek, en om te gesêls in Afrikaans ook nog, waarvoor kan n man dan meer vra, seker net nog n jag geleentheid, ha, ha !!!
LYTTELTON RSA
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Sep 02, 2014 8:38 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by LYTTELTON RSA »

More manne

Ek is Joubert Hoy ek woon in Komatipoort maar studeer nou op Tuks. Ek het n Musgrave 30.06 LYTTELTON RSA wil meer oor hom uitvind en n W.W.Greener. Ek jag al vanaf ek 14 jaar oud is. dankie dat ek by die blad kon aansluit.

Joubert Hoy
User avatar
FrankTheTank
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Tue Sep 02, 2014 9:41 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by FrankTheTank »

Hey Mense

Uitstekende forum, lees hom al lank het nou eers aangesluit. Eks van Centurion het nou in die laaste jaar erenstig begin gear koop en bokke jag. Meeste van my besluite is geneem om inligting wat ek hier gevind het. Baie Dankie.

Ek't n .308 Howa thumbhole pepperstock met n zeis 4-12x42.

Groete,
Headshots safes ammo and meat.
Howa Model 1500 .308 Zeist Scope 4-12X42
User avatar
DilbertZA
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by DilbertZA »

Goeiedag, ek lees al n tyd lank al die lekker stories, raad en debat op hierdie forum. My naam is Christie Engelbrecht, ek het op n laat stadium van my lewe begin bokke jag - my gesin gebruik nou amper uitsluitlik wildsvleis as ons kosmaak by die huis.
308, 243, 7mm RM
hunter74
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by hunter74 »

Welkom aan al die nuwe manne.

Hoop julle voel sommer gou tuis hier.

Groete.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Welkom manne.
Al die nuwe manne lyk vir my na ons dam se eende ;D
Geniet die Forum.

Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Camo
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Mon Aug 18, 2014 6:22 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Camo »

Hi

My naam is Willie Moolman. Ek boer op Delmas Mpumalanga en geniet die Forum verskriklik. Dis lekker om te lees en te leer!!

Groete
Pieterburger
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Sep 14, 2014 3:58 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Pieterburger »

Middag Manne , ek is n gebore Kalahari klong wat tans in Bloemfontein woon. Moet se ek het nou al baie geleer by die ouer hande op die forum .

Sien uit daarna om nog baie te leer.

Groete
Remington SPS Varmint .22 250
Remington SPS Varmint .243
Winchester 30-30
7.62 Musgrave
Tikka Varmint .260 Rem
Truvelo 6.5x284 Win
Remington 700 LR 300 RUM
Musgrave model 90 280 Ackley Imp
Kingy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Sun May 11, 2014 10:35 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Kingy »

Hi

Eks Christo van Worcester, het nog nie gejag nie, maar wil baie graag, lees maar hier om my kennis op te skerp.

Groete
Post Reply