Page 41 of 51

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 21, 2024 2:35 pm
by JVT172
4x Aansoeke, 30dae al by provincial DFO for Quality control.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 21, 2024 8:02 pm
by Hein22
Nuwe aansoek Vrydag goedgekeur. 97 werksdae gevat begin tot einde. Meer as 2 maande by "received at licensing " vasgehak.

Sent from my SM-A546E using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 21, 2024 8:04 pm
by Rigby
Hein22 wrote:Nuwe aansoek Vrydag goedgekeur. 97 werksdae gevat begin tot einde. Meer as 2 maande by "received at licensing " vasgehak.

Sent from my SM-A546E using Tapatalk
Nie regtig die nuus wat ons “vasgehaaktes” wou hoor nie.
Maar goed om te hoor daar is wel lig veeeeeer aan die einde van die tonnel.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 22, 2024 12:20 am
by Rawstorne
Presies dieselfde ervaring.

Ek dink iemand is op kraamverlof.
Nou wag alles op 'n tafel vir vier maande...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 22, 2024 8:05 am
by sako 30-06
Ja kyk, ek is self nie dik van die lag nie.
Ek was kinderlik opgewonde toe my aansoek binne n week van die DFO na licensing toe beweeg het.
Dankie Hein, nou besef ek ek kan maar ophou hoop want duidelik is daar n sleg moer in die licensing afdeling wat nie hulle werk kan doen nie.
En met Desember om die draai dink ek nie hulle gaan nou begin spoed vang nie. Al hoop is nou dat iemand hoer op bietjie vuur onder hulle gatte maak en hulle forseer om die aansoeke te finaliseer voor die einde van die jaar.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 22, 2024 8:17 am
by Rigby
sako 30-06 wrote:Ja kyk, ek is self nie dik van die lag nie.
Ek was kinderlik opgewonde toe my aansoek binne n week van die DFO na licensing toe beweeg het.
Dankie Hein, nou besef ek ek kan maar ophou hoop want duidelik is daar n sleg moer in die licensing afdeling wat nie hulle werk kan doen nie.
En met Desember om die draai dink ek nie hulle gaan nou begin spoed vang nie. Al hoop is nou dat iemand hoer op bietjie vuur onder hulle gatte maak en hulle forseer om die aansoeke te finaliseer voor die einde van die jaar.
Ek weet ek is effe deur die wind geklap om te verwag dat logika hier iewers moet inskop - maar in my wêreld hou mens in geheel die hele proses dop. Wanneer daar n bottelnek is, sort jy dit uit, en kyk met trots toe hoe die hele proses nou mooi loop. Nie soos dit hier duidelik is - sorteer die een bottelnek uit (by provincial DFO) net om dan die klomp by CFR weer kans te gee om die bottelnek te word nie?
Iewers moet een van die grootkoppe seker die storie dophou en die nuus kry dat hulle produksielyn fout het?

Ek weet, ek weet. Ek vra nou baie - maar kragtie!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Oct 26, 2024 8:25 am
by Rawstorne
Goeie môre Manne!

Vanmôre toe ek by die stoor instap, soek ek 'n webblad tussen die vele wat ek op die foon oopgelos het.

Ek sien toe weer die SAPS se lisensie status een en reken, ag-wat kom ons kyk maar.

Nou-ja!
Hierdie naweek, gaan dit reënt pappie!

Al vier nuwe lisensie aansoeke het Dinsdag (22ste) reeds aangeskuif na "In preparation for consideration".

Interessant dat dit nie vroeër in die week enige beweging getoon het nie? My seun kyk amper daagliks want, twee van daardie gewere is eintlik vir hom bestem.

Ek hoop díe kraamverlof tydperk is nou verby...
Die aansoeke het in twee tot vier dae beweeg vanaf indiening, DFO, provinsiaal tot by die registrateur in Pretoria en toe vir drie maande by "Received at licensing section" stilgestaan.

Ek hoop julle aansoeke skuif ook nou aan.

Vrede daar!
En reën, mildelike reën!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 28, 2024 8:36 am
by sako 30-06
Rawstorne wrote: Sat Oct 26, 2024 8:25 am Goeie môre Manne!
Image

Vanmôre toe ek by die stoor instap, soek ek 'n webblad tussen die vele wat ek op die foon oopgelos het.

Ek sien toe weer die SAPS se lisensie status een en reken, ag-wat kom ons kyk maar.

Nou-ja!
Hierdie naweek, gaan dit reënt pappie!

Al vier nuwe lisensie aansoeke het Dinsdag (22ste) reeds aangeskuif na "In preparation for consideration". Image

Interessant dat dit nie vroeër in die week enige beweging getoon het nie? My seun kyk amper daagliks want, twee van daardie gewere is eintlik vir hom bestem.

Ek hoop díe kraamverlof tydperk is nou verby...
Die aansoeke het in twee tot vier dae beweeg vanaf indiening, DFO, provinsiaal tot by die registrateur in Pretoria en toe vir drie maande by "Received at licensing section" stilgestaan.

Ek hoop julle aansoeke skuif ook nou aan.

Vrede daar!
En reën, mildelike reën!
Baie geluk, hopelik gebeur dinge nou vinniger.
Dis darem positief dat iets aan die gebeur is.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Nov 04, 2024 11:16 pm
by Rawstorne
Ek is baie bly om te berig dat al vier nuwe aansoeke vandag goedgekeur is!

Van indien tot "Received at Licencing Section" in drie dae.
Toe wag ons so 60 besigheid dae. Drie maande.

Toe van "In preparation for consideration" tot "Approved" in so 9 besigheids dae.
Geen stappe tussenin aangedui nie.

Die een lisensie is vir 'n semi-outo haelgeweer. Maar, hulle is saam goedgekeur. Ek het die SMS boodskappe al vier binne 5 minute ontvang.

Hoe moed!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Nov 05, 2024 7:43 am
by Hano243
Myne le nog doodstil by licensing section van die 17 September af. Hoop maar daar is binnekort beweging.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Nov 05, 2024 8:08 am
by sako 30-06
Rawstorne wrote: Mon Nov 04, 2024 11:16 pm Ek is baie bly om te berig dat al vier nuwe aansoeke vandag goedgekeur is!

Van indien tot "Received at Licencing Section" in drie dae.
Toe wag ons so 60 besigheid dae. Drie maande.

Toe van "In preparation for consideration" tot "Approved" in so 9 besigheids dae.
Geen stappe tussenin aangedui nie.

Die een lisensie is vir 'n semi-outo haelgeweer. Maar, hulle is saam goedgekeur. Ek het die SMS boodskappe al vier binne 5 minute ontvang.

Hoe moed!
Daarsy, baie geluk. Nou kan julle darem lekker speel, geniet die nuwe wapens.
Ek wag maar nog geduldig, maar op die stadium het ek nie veel hoop dat veel gaan gebeur nie. :o

Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Nov 05, 2024 8:56 am
by 3kus
Netjies, darem lekker om so n sms te ontvang.
My een is op 75 werksdae goedgekeur laas week en die ander een wat elke stap saambeweeg het le nou “In preparation for cons..”. Ek probeer om nie elke vyf minute na my sms’e te kyk nie. Hou moed!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Nov 18, 2024 8:33 am
by sako 30-06
Het iemand alweer goeie nuus gekry?
Op die stadium lyk dit of daar niks gebeur by die licencing afdeling nie. :):

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Nov 18, 2024 9:07 am
by Hano243
Myne le ook nou al doodstil daar vir meer as 2 maande.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Nov 18, 2024 3:40 pm
by JPS
Rawstorne wrote: Mon Nov 04, 2024 11:16 pm Ek is baie bly om te berig dat al vier nuwe aansoeke vandag goedgekeur is!

Van indien tot "Received at Licencing Section" in drie dae.
Toe wag ons so 60 besigheid dae. Drie maande.

Toe van "In preparation for consideration" tot "Approved" in so 9 besigheids dae.
Geen stappe tussenin aangedui nie.

Die een lisensie is vir 'n semi-outo haelgeweer. Maar, hulle is saam goedgekeur. Ek het die SMS boodskappe al vier binne 5 minute ontvang.

Hoe moed!
Myne selfde pad gestap. Lank vasgehak by received at lisencing Section van Augustus tot hier by einde October en toe al 6 goedgekeur binne 7 werksdae na dit na In preperation for consideration aangeskuuf het.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Nov 20, 2024 8:10 am
by sako 30-06
JPS wrote: Mon Nov 18, 2024 3:40 pm

Jis baie geluk,as ek so na al die datums kyk lyk dit of die meeste aansoeke so 2 maande vashak by die licencing afdeling.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Nov 21, 2024 4:26 pm
by Rigby
Ouens op die forum van ons weet waarvan hulle praat (maar ons weet dit ook teen die tyd al).
My en my bruid se nuutste asnsoeke saam ingedien 21 Aug
20 September arriveer beide by CFR
20 November (ja presies 2 maande nes dit voorspel is), skuif dit na preparation toe!

Nou kom ons kyk of 29 Nov (7 werksdae) goeie nuus sal bring.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Nov 21, 2024 4:55 pm
by 3kus
3kus wrote:Netjies, darem lekker om so n sms te ontvang.
My een is op 75 werksdae goedgekeur laas week en die ander een wat elke stap saambeweeg het le nou “In preparation for cons..”. Ek probeer om nie elke vyf minute na my sms’e te kyk nie. Hou moed!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Vandag 4 weke in preparation for consideration. Dik negatief…

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Nov 21, 2024 5:23 pm
by Rigby
3kus wrote:
3kus wrote:Netjies, darem lekker om so n sms te ontvang.
My een is op 75 werksdae goedgekeur laas week en die ander een wat elke stap saambeweeg het le nou “In preparation for cons..”. Ek probeer om nie elke vyf minute na my sms’e te kyk nie. Hou moed!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Vandag 4 weke in preparation for consideration. Dik negatief…

Sent from my iPhone using Tapatalk
Eina!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Nov 21, 2024 7:13 pm
by CarelG
Agge Neee...dit gee nie hoop nie!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Nov 21, 2024 9:28 pm
by OosKaapJagter
Julle manne is nog gelukkig. My plaaslike DFO het die aansoek vir 22 dae in haar kantoor verlê totdat ek my speelgoed uit die kot gaan gooi het.

Nou lê dit sedert 9 Oktober by die provinsiale DFO vir "Quality control". Daardie tipe "kwaliteit" staan my nie aan nie!

Daarna moet dit nog na Pretoria gaan waar die belangstelling seker hoog gaan loop in Desember...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Nov 22, 2024 7:28 am
by JAGTERSREG-JRM
Lyk of die algemene tendens hier rondom 70-72 werksdae is, 3 saam ingedien 1 is deur 2 is by prep. Moet byse dit lyk my ook dat Received at Licensing n helse bottelnek is. Ander aansoek is op 22 werkdae reeds daar en wil my amper verstout om te se dat hy 50 werksdae daar gaan le en muf.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Nov 25, 2024 8:43 am
by sako 30-06
Myne le al van die 18de September af by Licencing, al hoop is maar dat hulle bietjie sal druk voor Desember. Maar soos n mens hulle ken gaan hulle heel moontlik nou nog minder doen >:(

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Nov 25, 2024 8:45 am
by JAGTERSREG-JRM
sako 30-06 wrote: Mon Nov 25, 2024 8:43 am Myne le al van die 18de September af by Licencing, al hoop is maar dat hulle bietjie sal druk voor Desember. Maar soos n mens hulle ken gaan hulle heel moontlik nou nog minder doen >:(
As joune loop soos myne dan behoort hy oor so 2 weke deur te wees. Ek hou duime vas!!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Nov 25, 2024 3:26 pm
by sako 30-06
JAGTERSREG-JRM wrote: Mon Nov 25, 2024 8:45 am
sako 30-06 wrote: Mon Nov 25, 2024 8:43 am Myne le al van die 18de September af by Licencing, al hoop is maar dat hulle bietjie sal druk voor Desember. Maar soos n mens hulle ken gaan hulle heel moontlik nou nog minder doen >:(
As joune loop soos myne dan behoort hy oor so 2 weke deur te wees. Ek hou duime vas!!
Ek en jy albei ;D