Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
viperian

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by viperian »

Hein
As dit reg is bring ek ook nog n man saam
Groetnis
Ian
User avatar
De beer
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by De beer »

Middag oom Piet. Sit asb ook my naam op die lys. Dit sal my eeerste keer wees wat ek die kursus bywoon
Musgrave 30-06
Lee enfield 303
Airarms s400 FAC 5.5mm
leonvn
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:46 pm

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by leonvn »

Dagse Piet
Ek sal ook graag die kursus wil bywoon. Ek is die +1 ou wat Vatso Katvis sal saam bring.
Groete Leon
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by C.J. »

Dags? oom Piet,

Ek wil bietjie hoor hoe lyk die plek vir die manne wat die kursus wil bywoon as refresher, as daar plek is is ek daar.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
ablm468

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by ablm468 »

Piet

Is die plekke beperk of kan ek jou nog more laat weet? Wil net met my dagboek check.

Hansman
ablm468

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by ablm468 »

Gou my dagboek gechek, ekis in. Piet sit asb my naam ook op. My eerste kursus.

Hansman
Last edited by ablm468 on Wed May 02, 2012 6:41 am, edited 1 time in total.
ablm468

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by ablm468 »

Ek bring ook 'n pel saam.

Groete

Hansman
viperian

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by viperian »

Hi Hein

nou net gehoor ek vlieg Vrydag Mosambiek toe vir werk, ek en my maat sal dus nie die kursus kan bywoon nie.
jammer dit is so op die laat stadium wat ek moet kanselleer maar dit is dieselfde werk wat maak dat 'n man kan jag ens so ek kan nie nee se nie.

Groetnis
Ian
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by marno »

Hallo oom Piet/Oom Heinrich,

Nie seker of ek van die reelings dalk gemis het nie.  Is daar dalk al begin tyd en pad aanwysings en sulke goedjies?

Groetnis
Marno
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by Piet Breedt »

Finale relings en pad aanduiding vir die kursus.

GPS koordinate:
S  26'22.061'
E 028' 32.623'

Die kursus word op die plaas "MANJOH RANCH" aangebied naby Nigel.

Vanaf Johannesburg, ry op die N17, rigting Leandra / Secunda tot by die Delmas / Nigel R42 afrit en draai regs in die rigting van Nigel. Ry 7km en kyk vir groot ingand gemerk "Manjoh Ranch". Ry tot by die opstal en sekuriteit hek sowat 3km en vra vir die kursus saal.

Vanaf Secunda ry op N17 rigting Johannesburg en draa links af by Delmas / Nigel afrit en volg pad soos bo.

Vanaf Vrystaat kant, ry tot by Heidelberg en draai af na Nigel. Ry deur Nigel in rigting Delmas op R 42 vir sowat 6km tot 7km en kyk vir groot "Manjoh"  hek op regterkant en volg pad soos bo.

Ons moet almal so teen 08h00 daar wees sodat ons stiptelik op 08h30 kan begin. Elkeen moet sy eie eet en drinkgoedjies saambring vir die dag, sowel as n vleisie vir n braai na die tyd, en n drinkdingetjie.

Heinrich sal die charcoal en blitz voorsien.

Kursus materiaal word deur Heinrich voorsien, en elkeen moet net sy eie skryfbehoeftes en n aantekening boek bring as jy wil.

Die kursus is redelik vol, en ek wil vra of van julle nie maar elkeen n kampstoel wil saambring, aangesien ek nie seker is van die hoeveelheid stoele wat beskikbaar is. Ek gaan more daarheen en sal laat weet.

Skakel my vir enige v?rdere vrae op nul 8 twee 555 19ses0

Groete

Piet
Last edited by Piet Breedt on Wed May 02, 2012 9:45 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Jan Thuynsma
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Jan 09, 2012 4:54 pm

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by Jan Thuynsma »

Dankie oom Piet.

Sien saterdag ek neem aan ons betaal op die dag in harde kontant?

Ek sien ook dit behoort tot omtrent 7uur die aand aan te hou.

Lekker aand
Jan
6.5x55 SM
.22 Hornet
.22lr
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by jaracal »

Indien daar selfoon ontvangs is kan die manne per internet ook oorbetaal. Ek sal die rekenaar daar he^ vir die bankdienste.

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by marno »

Dankie vir die pad aanwysings ens oom Piet.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by jaracal »

Indien daar persone is wat verkies om die kursusgeld vooraf te betaal of om 'n beneficiary vooraf te skep die bankbesonderhede is as volg:
Jaracal Trust
62065296991
FNB Trompsburg
250655
Let wel ek bring ook ekstra DVD's, CD's en die e-boek saam wat te koop sal wees. Sien uit om julle Saterdag te sien

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by marno »

Dankie oom Heinrich.

Het my bewys van betaling vir die kursus vir oom gemail.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Jan Thuynsma
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Jan 09, 2012 4:54 pm

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by Jan Thuynsma »

Nie seker gewees waar om betalings bewys te stuur nie so het maar bewys gedruk en na oom piet se nommer gestuur.  Sien later
Jan
6.5x55 SM
.22 Hornet
.22lr
ablm468

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by ablm468 »

Oom Heinrich

Net 'n klein woordjie van dank van my kant af, dit was 'n great kursus, het baie geleer dit was uit en uit die moeite werd. Dit is baie lekker om by die "outoriteit" in Sa oor jakkalsjag te leer. Ek staan aan die begin om al my dinge in orde te kry soos voertuie, toerusting ens, en is baie bly dat ek gister bygewoon het. Nou kan ek sommer van die begin af die regte goed aanskaf.

Die tegniek en "tip" wat ons gister gekry het beteken werklik baie en sal mens verseker van baie waarde wees in die toekoms.

Oom Heinrich mag Oom verder s?en ervaar vir die kennis wat Oom so terugploeg in die jonger geslagte.

Mooiloop. (sal terugvoer gee oor my suksesse op die forum).

Piet Breedt

Baie dankie vir jou moeite ook met die reelings, dit word waardeer. 

Groetnis

Hansman
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by Jassie »

Hein & Piet

Dankie vir die geleentheiden al die reelingds. ek stem 100% met Hansman saam

Dankbare Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by marno »

Ek wil ook dankie se vir die kursus.

Was baie lekker om gesigte by die name te sit.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Heinrich Funck Gevorderde Jakkals Roep Kursus - Nigel

Post by JuanPaul »

Dankie Hein en Piet, dit was baie goed aangebied tesame met die reelings.

Groete
Juan
Post Reply