Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Sun Jul 24, 2022 7:17 pm
Ek kon darem my jag ook inwerk...
Ook maar so 'n onverwagte gelukkie... Seker so maand terug bel my pa en sê daar is 2 takbokke in die graan en ek gaan sommer direk na werk daarheen. Gewaar die een jong ram op die horison so 500m. Ry toe om en klim uit en bekruip kop op. Hoor toe hoe hulle voor my in die gras hardloop. Draf so ent vorentoe en hulle steek vas op so 60m. Ek bewe die eerste skoot raak en die ram val. Die ander een hardloop toe. Ek stap tot by die eerste een en sien die ander een steekvas op so 200m. Hy staan weg van my af en loer oor sy skouer terug. Ek lê aan en toe my kruis op sy nek is skiet ek en hy val.
Die bakkie kan nie in die gesaaides inkom nie so dit kos toe uit sleep. Ek het hulle seker so 6uur geskiet in die lig en eers na donker by die bakkie gekry.
Gisteraand kon ek ook my jong boet sy eerste bok laat skiet. Ons skiet tans glad nie meer Springbokke nie, omdat hulle te min is, maar daar het 'n jong ooitjie erg in 'n stuk doring draad vasgedraai geword. Ons gaan toe gisteraand en kry haar seker op so 60m. Beduie waar hy moet mik en die ooitjie het nog nie behoorlik stilgestaan nie, toe hoor ons net daai diep "doef" geluid. Perfekte skoot en die bok is dood voor sy die grond tref.
Lekker om so iets te deel saam iemand en om te sien hoeveel dit vir hom beteken.
Groete Ben