Page 5 of 6
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Sep 21, 2021 10:19 am
by Supacow
Die 270 is die beter 2506
Ek dink recoil begin hier n rol speel en dalk koste van hoe volume skiet. Dis vir my interessant n paar jaar terug toe die twenytotovifftys aka bonsais so gewild was is hier op die einste forum gespog oor hoe van muis tot eland voor die voet afgemaai word en nou sien die manne hom as te min om n voeel skaars groter as n parakiet te dood. Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Sep 21, 2021 11:41 am
by Capt. Yoda
DJC wrote: Tue Sep 21, 2021 9:43 am
Dagsê manne, ek vra sommer uit onkunde... hoe pas 'n 25-06 in hierdie prentjie as doelgerigte mak ou geweer?
Dit is mos ook 'n lekker vinnige knaap met 'n plat trajek en genoeg oemf.
Of is kaliber se lang dop en baie kruit die rede dat Muishonde nie dit oorweeg nie?
Is n lekker roer vir die doel as jy hom klaar het maar ek sou nie een koop vir makoue skiet nie. Daai lang dop vat baie kruit om die koel teen n lekker spoed te skiet en jy gaan met n lekker 6mm of 22 250 dieslefde werk kan doen met aansienlik minder kruit. As ek baie kruit in n dop wou gooi sou ek kyk na iets soos n 6-284 of self n 6PRC vir lekker sports, 108gr ElD uit n 6PRC naby aan 4000fps sal sekerlik genoeg wees vir n voel, natuurlik is die nou in n wereld waar ons lope van die rak af kan koop en fit.
As ek na iets soos n makou of tarentaal skiet wil ek spoed he om hom uit mekaar te skiet, helfde van die pret is om te sien hoe die stukke vlieg. Ek kan hom met n 308 ook raak skiet net soos jy van robot tot robot in n citi golf ook kan jaag maar n M140 maak die trip tussen robotte dam net meer plesierig
Ek moet saam ou Superkoei stem ek kani dink hoe n 50gr BT uit n 22 250 nie n groot hoender kan vrek skiet nie
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Sep 21, 2021 12:21 pm
by toelie
Dis vir my interessant n paar jaar terug toe die twenytotovifftys aka bonsais so gewild was is hier op die einste forum gespog oor hoe van muis tot eland voor die voet afgemaai word en nou sien die manne hom as te min om n voeel skaars groter as n parakiet te dood. Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde.
My kruppel 250 bly maar die geweertjie wat ek die meeste wild dood per jaar. En ja is vanaf groot tot klein bokke. 75 ELD-M werk stout lekker vir die werkie. Lekker ding is dat mens die trajek goed ken siende dat ek dit ook gebruik vir veldskiet en gonge. Uitpeel oog siekte rof.
As ek my 2c kan gee oor jou keuse.
Soos reeds deur ander manne genoem, koop n kruppel 250 en laai Nosler Ballistic tip Varmint met n vol dop kruit en skiet die mossels uit daai groot mossies uit.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Sep 21, 2021 9:01 pm
by Apie
As jy ‘n 1-9 of 1-8 twist 22-250 kan kry sal dit my keuse wees
22 Kaliber punte is heelwat goedkoper as 6mm
‘N 22-250 met 75gr Eld @ 3200fps en ‘n 6mm Met 87VMax @ 3250fps sal die 22 hom in die wind klop.
As jy na swaarder 6mm Punte gaan in die 95gr en op klas gaan jou koste per skoot aansienlik op.
75/73gr Eld kry ju vir R650 per 100 waar die 6mm ewekniee R950 plus is.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 9:40 am
by Andre308
As ek nou so bietjie optel wat die mense hier sê, dan lyk dit nie asof n 308 teen 2640fps baie stemme kry as n lekker makou skiet kaliber nie.

Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 9:52 am
by wlm
Baie jare terug het Vladimar Steyn in die ou MAN tydskrif n artikel geskryf oor die 222Rem as makou-kaliber. 1 van sy redes ten gunste van die 222 was dat daar min vleisskade is met n 55 gr. volmantel.
Nou lees ek die manne wil die voëls so stukkend as moontlik skiet. Eet niemand dan meer die goed wat hulle skiet nie?

Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 9:57 am
by Geno
Andre308 wrote: Wed Sep 22, 2021 9:40 am
As ek nou so bietjie optel wat die mense hier sê, dan lyk dit nie asof n 308 teen 2640fps baie stemme kry as n lekker makou skiet kaliber nie.
Die probleem is dat 'n koeel teen daardie spoed gewoonlik soos 'n rugbybal grubber tol en hop voor hy by die makou uitkom.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 10:18 am
by Apie
wlm wrote:Baie jare terug het Vladimar Steyn in die ou MAN tydskrif n artikel geskryf oor die 222Rem as makou-kaliber. 1 van sy redes ten gunste van die 222 was dat daar min vleisskade is met n 55 gr. volmantel.
Nou lees ek die manne wil die voëls so stukkend as moontlik skiet. Eet niemand dan meer die goed wat hulle skiet nie?

Makou resepte boeke is redelik skaars deesdae…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 10:29 am
by Arnold
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 10:40 am
by J le Roux
Andre308, ongelukkig gaan die .30 en ander middelslag kalibers nie hierdie verkiesing wen nie. Hulle bevredig nie dié vereistes nie:
1 Goedkoop per skoot ( baie skote op lae waarde prooi)
2 Platskiet/spoed (daar is min tyd vir aftsand meet en somme maak nie)
Maar ek sal dit ook steeds geniet om 'n paar met my 30-06 om te dop....
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 11:31 am
by Capt. Yoda
Ek het al n paar tarentale met my 300en6 gerol. So 168gr Berger en self CCs skiet hom lekker.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 12:34 pm
by Supacow
Cappie het jy genoeg penetrasie gekry?
Iets soos n a-frame of barnes nie beter om by die vitals uit te kan kom

Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 1:37 pm
by tripodmvr
Julle ken die gaarmaak van 'n korhaan saam met 'n baksteen. Vir my is die kolgans en wildemakou in dieselfde klas.
Ek het een maal 'n makou in rooiwyn laat lê en toe in die oond gebak. Mors van wyn gewees.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 1:43 pm
by Supacow
Ek het ook nie daai kuns. Juis gisteraand 2 eende getry....
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 1:44 pm
by Supacow
Nogals met n lemon reduction en die werke
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 2:05 pm
by Capt. Yoda
Supacow wrote: Wed Sep 22, 2021 12:34 pm
Cappie het jy genoeg penetrasie gekry?
Iets soos n a-frame of barnes nie beter om by die vitals uit te kan kom
Ek het een met n Amax geskiet wat terug hop het. Voel net sy kop so geskud en aan gegaan
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 3:13 pm
by Methos
Probeer hierdie resep met die boude en dye. Julle sal happy wees daarmee!
viewtopic.php?f=181&t=74988&p=793744&hi ... it#p793744
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Sep 22, 2021 3:43 pm
by HeinM
Geno wrote: Wed Sep 22, 2021 9:57 am
Andre308 wrote: Wed Sep 22, 2021 9:40 am
As ek nou so bietjie optel wat die mense hier sê, dan lyk dit nie asof n 308 teen 2640fps baie stemme kry as n lekker makou skiet kaliber nie.
Die probleem is dat 'n koeel teen daardie spoed gewoonlik soos 'n rugbybal grubber tol en hop voor hy by die makou uitkom.
Op 400 - 500m?

Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 26, 2021 4:22 pm
by Muishonde
Dagse.
Man het ek nou lekker gelag met al julle kommetaar en praatjies, haha



...julle klink na n klomp lekker ouens !
Ons het hoeka die langnaweek n makou en kamp naweek gemaak en darm 25 kon skiet.
Met als in ag genome het ek maar net weereens besef dat vir n begin moet jy hom mooi/reg raakskiet anders tel jy hom nie op nie.
Ek het die Grendel bietjie ingespan en gelukkig met n goeie rangfinder n paar laat bakkie ry (die Leopold vx2 6-18 track gelukkig mooi genoeg vir die verder skote), maar ook geskien skiet jy hom amper mis op 220m met n 100gr Sierra Varmenter en jy breek net n vlerk dan hardloop hy beter .....gelukkig was die opvolgskoot op 300m n 87gr V-max uit my 243 Tikka. (nou n vriend sin na die naweek)
Het ook gesien dat die 6mm SLR met n 105gr CC n makou beter plat skiet...of dalk was dit net die skut hehe.
Met als in ag geneem sal seker enige iets werk n vriend het hulle al met n boog hulle ingewag, n 6-284 of PRC sal ook bitter mooi werk (dalk net teveel kruit en looplewe wat sal pla ) so ook enige kaliber wat jy alreeds besit dit is tog egter n pesvoel.
Maar ek dink almeer n 22-250 is die antw. soos genoem is die punte heelwat goedkoper as se 6mm of 6.5mm en hy vat darm nie teveel kruit nie en het n lekker plat trajek.
Ek het 62gr punte bekom teen R2,50 in 224.
Die hele idee is om n doelgerig makou geweer aanteskaf van die rak af en om nie nou iets telaat bou nie.
Die vraag is laat mens hom van die staanspoor af Ackley, aangesien hy nuut en 24" gaan wees ? gaan mens hom net in 1/12 kry ?...glo mens sal seker na 1/9 later kyk....wil eenkeer die's koop en nie later moet wee koop nie.
Ja hy sal papier skiet en ja hy sal ook gonge skiet maar hy moet my 260 se loop spaar as my hoof gong/LR geweer.
Dan is n ander vriend agter my 6.5 Creedmoor aan so hy koop my 22-250 eintlik vir my, daar moet nou net iewers Howa's in Stainless opdaag.
Man ek kan sommer al n moukou sien omdop deur my
Titan ,hehe
Sou julle hom laat AI van die start af ??
Mooi aand
Muishond
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 26, 2021 5:10 pm
by LUAN
Dit is baie jammer dat howa die 22-250 n 1:12 loop gee hoekom nie maar dieselfde loop as hulle 223 met 1:8. Dit sou net meer veelsydig gewees het
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 27, 2021 7:31 am
by Muishonde
Soos ek verstaan Luan was daar n hele ruk terug n besending wat ingekom het met 1/9 lope , maar hulle was bemark as 1/12.......So: " Meet is weet" , as mens iets kry moet mens maar self meet voor jy koop dink ek.
Mooi dag.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Oct 12, 2021 7:43 pm
by Muishonde
Naand se.
Vir die manne wat al deur die oefening is, is dit die moeite werd om n 22-250 van die start af te Ackley ?
Of skiet mens hom so stock standard eers moeg, blou print dan die aksie en sit die twist op wat jy wil he/verkies en laat hom dan Ackley ?
Is die kool die sous werd van die begin af ?
Hoor graag van julle.....
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Oct 12, 2021 8:44 pm
by Andre308
Naand,
Ek dink die Ackley van die begin af is die manier om te gaan. Jy koop van dag 1 af die regte dies. Om later te verander raak n Rand en sent besluit want dan het jy standaard 22-250 dies waarop jy n paar rand gaan verloor en dan verloor mens belangstelling.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Oct 13, 2021 11:15 am
by Gawie(13mm)
Ek wil nou nie opsom wat Andre sê nie, so ek sal maar iets byvoeg.

Wanneer jy die kamer na Ackley toe laat sny, laat dan sommer die aksie ook "blue-print".
Elke rand wat jy nou spandeer is 'n besparing op dit wat in die toekoms gaan kos.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Wed Oct 13, 2021 12:01 pm
by Andre308
Gawie(13mm) wrote: Wed Oct 13, 2021 11:15 am
Ek wil nou nie opsom wat Andre sê nie, so ek sal maar iets byvoeg.

Wanneer jy die kamer na Ackley toe laat sny, laat dan sommer die aksie ook "blue-print".
Elke rand wat jy nou spandeer is 'n besparing op dit wat in die toekoms gaan kos.

MINORA...