Page 5 of 7

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Wed Sep 15, 2021 7:53 am
by Zane de Beer
Koeël vervaardigger: Barnes TSX
Koeël kaliber: .375
Koeël gewig: 235gr
Impak snelheid: 2850 (5m Tromp)
Gewig retensie: 234.8gr
Persentasie retensie: 99.9%
Herwin uit: Eland
Diepte van penatrasie: Bladskoot, deur beide longe, herwin onder die vel aan die ander kant
TSX.jpg
TSX2.jpg

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Wed Sep 15, 2021 8:02 am
by Lategan1
Mooi geskiet Thinus. Moet sê, hierdie Peregrine beïndruk my.

Zane, kookwater snelheid. Afstand?

Beste.

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 2:56 pm
by Rudi Fischer
Ek het so paar maande die idee in my kop gekry om koeels te begin maak.

Veral vir die groot kalibers.

Idee was om n barnes x en Aframe te meg en dis waar mee ek toe voor en dag gekom het.

So paar manne van hier op Jaracal het my mooi gehelp met advies en insette en toets werk op wild.








Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 3:02 pm
by Rudi Fischer
458 500gr
Image
Image

416 400gr

Image
Image

9.3 285gr
Image
Image

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 3:04 pm
by DWB
Rudi dit lyk puik!!!!!!!! Kan nie wag vir my eerste batch nie!

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 3:07 pm
by Rudi Fischer
DWB wrote:Rudi dit lyk puik!!!!!!!! Kan nie wag vir my eerste batch nie!
Dankie Mr.

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 3:10 pm
by Rudi Fischer
Die Koeels is getoets op wetpacks van 25m - 100m en toe het ons hulle getorture test om hulle te probeer breek.

En toe oor na wild toe

Hier is n paar van die torture test , almal bo 98% weight retention



Image

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 3:54 pm
by HeinM
Lyk stunning :)

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 4:04 pm
by Capt. Yoda
Netjies Rudi, lyk my jy smeer meer son blok op jou gesig as Alan Donald

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 4:10 pm
by Frederik
Manne die paar toetse wat ek gedoen het met die 375 het alles goed verloop die driving bands is perfek gesny met my kort magasyn moet ek onder 90mm TPL hou en dit kon ek maklik regky.

Tot my verbassing was daar ook geen druk nie ons het laag begin maar selfs met die lang koeel kon ek maklik by 2400fps kom met die koeels wat ek getoets het. die klomp wat ek gehad het was Rudi se eerste batch voor hy nog geweet het hoe lank die koeel presies moet wees en die koeel gewig was toe 318gr en nie 300gr op die kop nie.

Met die eerste toets op die baan het ek TPL van 89.5mm gehad, Chrony 5 meter weg ooop lengte 24"

63,5gr Norma 203B gelaai vir spoed van 2329fps
64.5gr Norma 203B spoed van 2354fps
65.5gr Norma 203B spoed van 2368fps

Na bietjie somme maak op QL settle ons toe op 67.5gr Norma 203B vir net oor 2400fps dop is basies vol
Met al die toetse om lading te kry was al die skote akuraat sonder om Node te slaan.

Ek kan nie wag vir my batch van 300 greiners nie ek gaan nou nie te veel karing of konnie want daar was nie baie kooels om te toets nie.

Ek het rooibok ooi op 120 meter geskiet bietjie laer as wat ek moes sy was op slag dood en toe ek haar sien dog ek ek gaan baie vleis weggooi maar ja daar was twee groot gate agv elmboog been slaan op entry baie bloed oorals maar die karkas was skoon twee groter gate as verwag en basies geen bloedvleis.

Image
Hoe ek die ooi gevind het behoorlik omgegooi!!!

Image
Ingang

Image
Ingang weer die koeel het die elmboog gevang en ek neem aan die het been saam gevat en die groot gat gemaak.

Image
Uitgaanswond.

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 4:12 pm
by MyLani
I have tested those bullets on Buffalo and Eland.
You don't hear a "thud" as they hit an animal. It sounds more like a "PK"
The weight retention is incredible, with good expansion and penetration. They are very consistent, and accuracy is great.
What I really like, is that the entry hole is quite large and stays open. If I need to track an animal, I am 100% confident of a great blood spoor
Have just ordered some for my 458 Lott as well

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 4:12 pm
by Rudi Fischer
Capt. Oblivious wrote:Netjies Rudi, lyk my jy smeer meer son blok op jou gesig as Alan Donald
Ha ha ha
Dis oorsee se manne wat ek nie mag wys nie.

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 6:27 pm
by Carlc
As daai 500 greiners in n gewone 458WM sal werk sal ek beslus ook in die ry staan vir n pakkie of twee punte. Dit lyk baie netjies. Well done Rudi.

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 7:26 pm
by Rudi Fischer
Carlc wrote:As daai 500 greiners in n gewone 458WM sal werk sal ek beslus ook in die ry staan vir n pakkie of twee punte. Dit lyk baie netjies. Well done Rudi.
Ek maak n 450gr ook vir die 458 WM met die korter magesyne

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 8:07 pm
by Apie
Rudi Fischer wrote:
Capt. Oblivious wrote:Netjies Rudi, lyk my jy smeer meer son blok op jou gesig as Alan Donald
Ha ha ha
Dis oorsee se manne wat ek nie mag wys nie.
Waar bestel ons?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon May 16, 2022 8:45 pm
by Rudi Fischer
Apie wrote:
Rudi Fischer wrote:
Capt. Oblivious wrote:Netjies Rudi, lyk my jy smeer meer son blok op jou gesig as Alan Donald
Ha ha ha
Dis oorsee se manne wat ek nie mag wys nie.
Waar bestel ons?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy kan my PM.

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Sat Jun 04, 2022 2:58 pm
by Eduard Venter
3x Barnes X 500gr punte uit 'n buffel bul herwin, geskiet met die 470 dubbel. Gewig retensie 100% op al 3 van hulle.

Tweede buffel geskiet met 270gr Barnes X uit 375 Ruger. Ongelukkig geen fotos nie, maar ons het 4 punte herwin, al 4 100% gewig retensie.

Nee my syfers is nie afgerond nie, ek sou dit self nie geglo het as dit nie ek was wat die punte geweeg het nie.

Ongelooflik is al wat ek kan sê.

Ons het dan nog so 10 stuks vlaktewild geskiet met 165gr barnes TTSX uit die 30-06. Ek het nie geweeg of foto's geneem nie, maar meeste van die petals was afgebreek. ImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Tue Jun 07, 2022 8:44 pm
by JohanvB
My Nosler Accubond 129gr LR, uit Koedoe Bul wat ek op 600m platgeskiet het.

Spoed van koeël by tromp 2714 fps
23F29EA5-00B3-4F39-A446-CF087646176C.jpeg
F921EF67-2565-4AA4-A23D-ADB40C83503F.jpeg
F921EF67-2565-4AA4-A23D-ADB40C83503F.jpeg

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Tue Jun 07, 2022 8:45 pm
by JohanvB
Dit was met my 6.5 Creedmoor

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon Jun 20, 2022 6:42 am
by Frederik
Die naweek net gaan seker maak die roere skiet reguit vir opkomende jag.

Ek moet se Rudi se nuwe koeels is maklik om te laai en akuraat te kry.
Rudi het my sy eerste batch gestuur van 375 en die was bietjie oorgewig nie 318gr en nie 300gr nie.
Nuwe batch 300gr koele ontvang.
RWS doppe 89.5mm TPL 67.5gr Norma 203 B en voila.

Het my chrony by die huis vergeet maar het die selfde lading gebruik soos die swaarder 318gr, 375 koele van die eerste batch dink spoed behoort by 2450-2460fps te loop.

Die eerste foto was van my 3 skoot groep en die ander is waar ek my teleskoop net fyner ingestel het.
Teleskoop met x9 by vergroting afstand 100meter.

Image

Image

Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Mon Jun 20, 2022 7:07 am
by Rudi Fischer
Dankie Frederik, lekker om sulke feedback te kry.

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Tue Jun 21, 2022 5:49 pm
by Mellies
Roer: 7mm-08 Rem
Vlnr:
160gr AB - 180m, Swartwitpens
150gr BT - 200m, BWB
150gr BT - 180m, BWB

Met n vleisie...

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Tue Jun 21, 2022 6:17 pm
by jdpretorius
Mellies die is nogal oulik om te sien...dit lyk nie af daar enigsins n verskil is nie

Sent from my SM-A515F using Tapatalk



Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Tue Jun 21, 2022 6:41 pm
by Mellies
jdpretorius wrote: Tue Jun 21, 2022 6:17 pm Mellies die is nogal oulik om te sien...dit lyk nie af daar enigsins n verskil is nie

Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Jd,

Ek het nou al baie gesien dat die AB en die BT van dieselfde massa teen dieselfde spoed dieselfde skade veroorsaak. Ook dink ek die BT is so twee clicks harder as wat ons dink.

Die AB behoort wel die BT te klop met gewigretensie indien werklike harde/groot bene getref word...IMHO.

Met n vleisie...

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance

Posted: Tue Jun 21, 2022 7:59 pm
by jdpretorius

Mellies wrote:
Jd,

Ek het nou al baie gesien dat die AB en die BT van dieselfde massa teen dieselfde spoed dieselfde skade veroorsaak. Ook dink ek die BT is so twee clicks harder as wat ons dink.

Die AB behoort wel die BT te klop met gewigretensie indien werklike harde/groot bene getref word...IMHO.

Met n vleisie...
Die AB hou ek nogal baie van as n jag koeël, en bieg nou ook dat ek onder die indruk was dat die BT effe sagter is....jou fotos wys dan nou juis dat dit nie regtig waar is nie.
So paar weke terug het ek n baie moeilike skoot op n bwb bietjie sleg geskiet maar daai 225gr AB het hom net daar geanker. Die voorige dag het n groot nyala ooi n dubbel long skoot ontvang en net daar op die plek ligte uit gesit...ek kon tot dusver nog nie n koeël herwin nie.

N ou kyk nou natuurlik met ander oë na die BT

Baie dankie vir die deel.


Sent from my SM-A515F using Tapatalk