Page 5 of 50
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Oct 13, 2020 1:51 pm
by Frederik
Amper 8 maande gewag vir goedkeuring vir hernuwing van Bevoegdheid 2 Feb ingegee SMS ontvang dat dit goed gekeur is 10 Okt.
Nou die wag vir kaartjie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Oct 15, 2020 2:55 pm
by Arnold
Arnold wrote: Mon Aug 10, 2020 5:02 pm
Dinge beweeg definitief. Ek het aansoeke die week voor lockdown ingegee en hulle het al tot by licensing (CFR) gevorder.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
... en toe stop dinge net daarso. Dit is nou 160 kalender dae en 115 werksdae

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Oct 15, 2020 4:02 pm
by jdpretorius
Arnold wrote: Thu Oct 15, 2020 2:55 pm
... en toe stop dinge net daarso. Dit is nou 160 kalender dae en 115 werksdae
Op die selfde bladsy .....106 werksdae en 147 kalender dae. Hulle antwoord ook geen emails na omtrent 10 veskillendes toe nie, selfs al dien jy 'n klagte in nie

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Oct 15, 2020 4:04 pm
by musgrave270
musgrave270 wrote:musgrave270 wrote:Voggend deurgekom CFR toe. Die man reken as level1 inskop sal dinge beter gaan. Op die stadium probeer hulle nog opvang en hy raai my aan om weer volgende maand terug te bel. Hy kan my nie help nie.
Klink of alles nou dood ruk daarso
Goedkeuring SMS het gister deurgekom. 152Werksdae
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Kaartjie SMS vandag ontvang.
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Oct 16, 2020 5:02 am
by Philip Marais
My heraansoek begin Mei ingegee, 3 en 'n half maande om by provinsie te kom, lê nou 2 maande by 'consideration'.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Oct 21, 2020 11:31 am
by Smith223
Manne het enige iemand ‘n kontak wat ek kan opvolg rakende my kaartjie? Aansoek is 19sep goed gekeur en was al 3 keer by my DFO om te hoor of my kaartjie daar is maar steeds niks.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Oct 21, 2020 2:05 pm
by Eduard Venter
Cfrenquiry@saps.gov.za kan jy probeer maar deesdae val jy nog in die gemiddelde tydgleuf so ek twyfel of hulle vir jou iets gaan doen. Ek is in dieselfde boodjie op die oomblik
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Oct 21, 2020 3:58 pm
by RabieL
Smith223 wrote: Wed Oct 21, 2020 11:31 am
Manne het enige iemand ‘n kontak wat ek kan opvolg rakende my kaartjie? Aansoek is 19sep goed gekeur en was al 3 keer by my DFO om te hoor of my kaartjie daar is maar steeds niks.
Jou DFo kan vir jou op die sisteem kyk of die kaart al geprint is. Maar daarna is dit n duistere proses tot by die DFO. Ek was vandag gelukkig om my kaart te kan gaan haal.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Oct 21, 2020 5:13 pm
by Smith223
RabieL wrote: Wed Oct 21, 2020 3:58 pm

Dit is waar die storie deurmekaar raak, ek was die 2de Oktober by my DFO se kantore (ons het 3 DFO’s) toe sê DFO nr1 vir my ,my kaart is die 29ste September geprint ek kan die daaropvolgende week kom hoor of hy al daar is. Kom vandag daar toe help DFO nr2 my, (nr1 was nie daar nie) en die beweer toe my kaart is nog nie eers gedruk nie. Dus my vraag om moontlik iemand by die drukkers kan kry wat net vir my kan bevestig wat die situatie is. Die jaar staan al einde se kant toe en daar is nog ‘n paar kompetises wat ek wil gaan skiet.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sun Oct 25, 2020 1:40 pm
by Drenalinjunkie
My een aansoek sit nou al op 150 werksdae.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Oct 26, 2020 10:11 am
by finch
2 Maande na my hernuwing in gegee is lê my papiere nog steeds in my plaaslike SAPS erens op n kantoor lesenaar. As mens vra kry jy slegs die standaard, Covid het ons agter gemaak antwoord.
Wonder hoe lank Covid nog die arme sondebok gaan bly? n Jaar? 5jaar? As jy na ons land se politiek kyk is 26jaar nie lank genoeg nie!
Ok klaar afgeblaas! Gelukkig bly my lisensie geldig tot hernuwing afhandel is so hoe langer hulle vat hoe langer bly my lisensie geldig.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Oct 26, 2020 10:18 am
by Toxxyc
finch wrote: Mon Oct 26, 2020 10:11 amAs jy na ons land se politiek kyk is 26jaar nie lank genoeg nie!
Well arme Jan word nogsteeds blameer vir die poef in die politiek, en dis al 368 jaar gewees.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Oct 29, 2020 1:03 pm
by Smith223
Smith223 wrote: Wed Oct 21, 2020 5:13 pm
RabieL wrote: Wed Oct 21, 2020 3:58 pm
Smith223 wrote: Wed Oct 21, 2020 11:31 am
Manne het enige iemand ‘n kontak wat ek kan opvolg rakende my kaartjie? Aansoek is 19sep goed gekeur en was al 3 keer by my DFO om te hoor of my kaartjie daar is maar steeds niks.
Jou DFo kan vir jou op die sisteem kyk of die kaart al geprint is. Maar daarna is dit n duistere proses tot by die DFO. Ek was vandag gelukkig om my kaart te kan gaan haal.
Dit is waar die storie deurmekaar raak, ek was die 2de Oktober by my DFO se kantore (ons het 3 DFO’s) toe sê DFO nr1 vir my ,my kaart is die 29ste September geprint ek kan die daaropvolgende week kom hoor of hy al daar is. Kom vandag daar toe help DFO nr2 my, (nr1 was nie daar nie) en die beweer toe my kaart is nog nie eers gedruk nie. Dus my vraag om moontlik iemand by die drukkers kan kry wat net vir my kan bevestig wat die situatie is. Die jaar staan al einde se kant toe en daar is nog ‘n paar kompetises wat ek wil gaan skiet.
Amper 8 maande later het ek die kaartjie in my hand nou wag ek vir die courier man om sy werk te doen.
Hopenlik kan ek alles reg kry voor volgende naweek se Alrha skiet, dit sal my eerste een wees.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 8:56 am
by Gideon Burger
More Manne
Glo dit gaan goed.
Ek wou graag hoor of daar maar probleme is met .22 aansoek? My neef het so maand voor my in gegee vir sy .22 en le nog by received at licensing section van die 3de Augustus af. Ek wat n maand na hom vir n 30-06 aansoek gedoen het le nou al by in for consideration en behoort binnekort n sms te ontvang van approval of so hoop mens.
Hy het n normale nuwe CZ .22 gekoop met niks snaaks nie. Hy het in Mei begin met die aansoek en ek in Junie.
Groete
Gideon Burger
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 8:59 am
by Arnold
Hi Gideon
Hierdie is tipies en mens hoor baie van die gevalle. Dit het niks te doen met die aansoek nie maar gewoonlik n geval van waar op die tafel dit beland het.
Hou maar moed.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 9:09 am
by Gideon Burger
Baie Dankie Arnold.
Ek het maar net al hier en daar stories gehoor van .22 lisensies. Maar ek glo dit wat jy hier bo noem is meer van toepassing.
Groete
Gideon Burger
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 9:10 am
by Arnold
Op n tyd, lank gelede, was .22 n issue veral vir mense wat in die dorp gebly het. Daardie dae is verby aangesien ons mos nou beter moet motiveer.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 9:16 am
by Toxxyc
Daar is ou mites wat sê dat 'n .22 'n "sniper se keuse" en "die mees dodelike kaliber ooit" is. Dis nonsens. Dit het .22s se aansoeke in slegte lig geplaas.
Die wag is eenvoudig net omdat iemand daar nie sy werk doen nie. My vrou wag nou al 'n jaar vir haar .357 Mag se lisensie om hernu te word. 'n Jaar.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 9:19 am
by Stephan86
Ek het 6 weke terug my 243 aansoek ingedien en wag nog heeltyd vir my eerste SMS. EK kom nie deur na die DFO as ek bel nie so bel toe gister die CFR. Hier hoor ek my aansoek is nog nie eers op die stelsel gelaai nie.
Hoe nou? Ek het iewers gehoor die DFO het ook 'n min tydperk waarin hul die papierwerk moet laai, is dit so?
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 12:01 pm
by airhunter
Accountability grows responsibility.
Daar die hele probleem. GEEN accountability.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 12:33 pm
by jdpretorius
Stephan, die probleem le' sekerlik by jou DFO.....ek sou begin "complaints" indien by die SAPS, met jou "remittance advice" as bewys. Kyk dalk op SA Gunsite, daar is ook so 'n draad met 'n klomp email adresse as jy bietjie gaan soek. Maar moet nie vir een oomblik glo dat emails rerig gaan vrugte af werk nie
Dalk moet jy jou DFO in die oe gaan kyk en vra wat vout is en as jy nie 'n goeie antwoord kry nie, vra om met die stasie OC te praat
ComplaintsNodalPoint@saps.gov.za
Ongelukkig dink ek Airhunter slaan hom te raak want hulle beskik nie meer oor daai oortuiging nie
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 04, 2020 12:44 pm
by Stephan86
Dankie Johan ek sal daar gaan loer.
Ek sal beslis moet plan maak om daar uit te kom, ongelukkig werk ek net alweer uitstedig.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Nov 05, 2020 9:39 am
by finch
finch wrote: Mon Oct 26, 2020 10:11 am
2 Maande na my hernuwing in gegee is lê my papiere nog steeds in my plaaslike SAPS erens op n kantoor lesenaar. As mens vra kry jy slegs die standaard, Covid het ons agter gemaak antwoord.
Wonder hoe lank Covid nog die arme sondebok gaan bly? n Jaar? 5jaar? As jy na ons land se politiek kyk is 26jaar nie lank genoeg nie!
Ok klaar afgeblaas! Gelukkig bly my lisensie geldig tot hernuwing afhandel is so hoe langer hulle vat hoe langer bly my lisensie geldig.
Ek het gou vanoggend weer opgevolg. Bevoegtheid hernuwing le by CFR. My lisensie hernuwing kan nog nie in stelsel gevoer word nie want daar was n kaliber verandering op die stelsel aangebring (my 9.3x63 was net as 9.3 op stelsel en ek moes n geweersmid inspeksie sertifikaat as kaliber bevestiging saam met aansoek ingee). Nou die verandering is nog nie amptelik goed gekeur op stesel nie en dus kan my DFO nie die hernuwing indien op die stelsel nie.
Ek sal nederig omverskoning vra vir die DFO wat dalk in my vorige pos gelyk het of sy nie haar werk doen nie, want hierdie is buite haar beheer en die vertraging le by CFR in gauteng, alhoewel my papiere nog in SAPS Somerset-Wes le.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Nov 05, 2020 10:30 am
by Arnold
167 werksdae - twee aansoeke goedgekeur, nou wag ek vir die kaartjies
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Nov 05, 2020 11:00 am
by Grenslyn
Aansoek is goedgekeur na 229 dae. Wag nou vir kaartjie.