Page 5 of 6

Re: Geweerkolf

Posted: Fri Aug 27, 2010 10:21 am
by baboonstalker
My 6mm RemImproved.
Ek het die kolf saam met Christo s'n ingevoer.
Die geweer bestaan uit 'n Sako L579 aksie met 6mm 1/10 twist SS Broughton loop so 'n rapsie oor die 28"
Kolf is 'n "thumbhole target" van Richards Microfit in Amerika.
Soos die geweer hier staan het ek nog slegs die kolf ge inlet, gebed en die loop/aksie vasgesit. Ek het ook die kolf simetries gesny met die loopkanaal, maar geen verdere afwerking gedoen nie.
Ek sal die so met tyd doen as hy eers aan die skiet is sodat ek al die "fine tuning" kan doen voor ek begin olie.
Die roer gooi egter 'n 88gr berger teen 3530fps voor 46.8 grein S365 waar my .243 'n 87gr hpbt 3270fps kon gooi met 46.2gr. Ek kry dus 'n ekstra 260fps vir 0.6gr kruit wat vir my soos 'n bargain klink. Ek het sov?r as 3670 gegaan, maar dan begin hy primers platmaak.
Image
Image
Image

Re: Geweerkolf

Posted: Fri Aug 27, 2010 11:19 am
by baboonstalker
Image

Re: Geweerkolf

Posted: Fri Aug 27, 2010 1:47 pm
by tafjak
Bobbejaanbekruiper

Ek soek net so kolf! NETSO!!!!!

Wat is die naam van die ding asb.? ASB?

Re: Geweerkolf

Posted: Fri Aug 27, 2010 2:17 pm
by baboonstalker
Richards Microfit in Amerika maak hulle.
Dit is hulle "thumbhole target" model.

Kyk op rifle-stocks.com

Ek het die idee gekry dat Christo oppad is om nog een (of meer) in te bring, en dan kan julle miskien gesels om saam te werk?

Pieter

Re: Geweerkolf

Posted: Fri Aug 27, 2010 2:53 pm
by Freddie101
Stalker
Indrukwekkend. Die kolf sowel as die geweer en sy ballistiek. En die werkplek.
Freddie

Re: Geweer kolf

Posted: Fri Aug 27, 2010 7:38 pm
by Beretta
Dag Manne
Ek wou ook so 'n kolf gehad het. Ek het toe vir my so een laat maak in Bloemfontein. Ek moet se ek is baie tevrede met die kolf. Skakel gerus oom Hennie 0723158109 hy pak die geweer ook die prys is ook baie goed
Groete Beretta

Re: Geweerkolf

Posted: Sun Sep 05, 2010 11:03 pm
by baboonstalker
Ek het die naweek die vormwerk en skuurdery aangepak en nou bly net die finale skuur en "tru oil" oor om te doen.
Die kolf sit sommer lekker in my skouer en ek dink ons gaan nog saam 'n hele paar kese laat les ops?!
Weet iemand hier dalk waar ek "Tru Oil" in SA kan koop?
Image
Image
Image

Re: Geweerkolf

Posted: Mon Sep 06, 2010 7:39 am
by Freek
Pragtige kolf daai, ek is seker julle gaan soos mooi saam werk. Baboonstalker, wyns ons asb die foto's van die eindproduk as die oletjies mooi in gesmeer is. ;) 8)

Mooi loop.

Re: Geweer kolf

Posted: Mon Sep 06, 2010 4:46 pm
by Hein M.
Beretta wrote: Dag Manne
Ek wou ook so 'n kolf gehad het. Ek het toe vir my so een laat maak in Bloemfontein. Ek moet se ek is baie tevrede met die kolf. Skakel gerus oom Hennie 0723158109 hy pak die geweer ook die prys is ook baie goed
Groete Beretta
Baretta,

As ek mag vra.  Wat het jy vir die plaaslike een betaal?  Is dit van dieselfde materiaal gemaak?

Groetnis!

Hein M.

Re: Geweerkolf

Posted: Wed Sep 22, 2010 3:06 pm
by JACQUES BOTHA
Hein.
Hennie vra so tussen ek dink 3 en 4 vir sy kolwe, hy Gebruik marine-ply, Die soort laminated hout wat gebruik word in die rubberducks ens.
Die een op my 308 is al seker 6 jaar oud en hy loop mooi.
Ek het v ir Christo foto's geneem en gemail, As jy belangstel kan ek jou n stel foto's mail met pryse..
As iemand n kolf soek plaaslik -Ondersteun hom asb. Freddie weet ek het een van sy kolwe en en dink Cois ook en nog so paar ander ouens.
Groete
Jacques

Re: Geweerkolf

Posted: Wed Sep 22, 2010 3:15 pm
by Geno
Jacques, gooi my asb daai mail. eugene at ajsafety dot co dot za

Groete
Eugene

Re: Geweerkolf

Posted: Wed Sep 22, 2010 3:24 pm
by JACQUES BOTHA
geno
Ek stuur vanaand dis op my rekenaar by die huis..
Groetnis
Enige ander manne wat belngstel??

Re: Geweerkolf

Posted: Wed Sep 22, 2010 4:15 pm
by Robert
Jacques.
Daai kolf is 'n meersterstuk. Sit net 'n foto op as hy klaar is en saam met sy eerste kill.

Robert

Re: Geweerkolf

Posted: Wed Sep 22, 2010 11:31 pm
by Topcat
Jacques

Ek stel beslis belang in Hennie se kolwe.Ek wag net vir my metaalwerk by Gerrie.Hou baie van Beyers se kolwe maar hy bly op die laaste blaai van my padatlas. >:(
So sal makliker by Hennie regkom.PM vir my asb n foto of 2 van jou kolf of sit dit op die forum aangesien n paar manne belangstel.
Bsie dankie
TC

Re: Geweerkolf

Posted: Thu Sep 23, 2010 6:54 am
by Geno
Jacques,

Het hom gekry, thanks man! Sal definitief 'n kolf by hom laat bou vir die 308 kleilat!

Groete,
Eugene

Re: Geweerkolf

Posted: Thu Sep 23, 2010 7:27 am
by Beyers
TC wrote: die laaste blaai van my padatlas. >:(
Smaak my TC se wereldjie is maar klein :D

Re: Geweerkolf

Posted: Thu Sep 23, 2010 2:00 pm
by JACQUES BOTHA
beyers
Ek dink net dit gaan nie oor die klein nie maar oor die plek in die boek, dalk is julle wereld op die heel laaste bladsy van die boek...
Het jy al een van HennieGansie se kolwe onder oge gehad?
Sal hou van jou kundige menig...
As jy wil loer stuur ek jou een af om te kyk, ek kan hom weer kry later.
Ek ry vanmiddag biki Cradock se kant toe, as jy n geleentheid het van daar n jou toe gooi ek hom sommer daar af..

Re: Geweerkolf

Posted: Thu Sep 23, 2010 8:30 pm
by Foxhound
Beyers en TC

Ek het self een van oom Hennie se Thumhole kolwe onder aan my 25, gebruik die kettie om te oes en jakkies te looi

Dis regte van die beste waarde vir geld wat jy ooit sal raakloop, die lekker van oom Hennie(oom gansie) is dat hy daai kolf vir jou maak net soos jy hom soek, doen die veranderinge sommer terwyl jy daar staan en sy jare se ervaring van gewere ens is hy nie skaam om met jou te deel nie

Regtig sout van die aarde mens

Hoop julle kom reg by die oom ,

Groete
Dassie

Re: Geweerkolf

Posted: Thu Sep 23, 2010 10:30 pm
by Topcat
Beyers
Ek was al op n stadium daar in jou wereld.Ek onthou nog.Vir n vrystaatse plattelander het ek amper 2 padatlasse nodig gehad. :)
Baie dankie weereens vir al jou terugvoerings so n ruk gelede.Goeie diens ;)

Re: Geweerkolf

Posted: Fri Sep 24, 2010 9:10 am
by Freddie101
JACQUES BOTHA wrote: Hein.
Hennie vra so tussen ek dink 3 en 4 vir sy kolwe, hy Gebruik marine-ply, Die soort laminated hout wat gebruik word in die rubberducks ens.
Die een op my 308 is al seker 6 jaar oud en hy loop mooi.
Ek het v ir Christo foto's geneem en gemail, As jy belangstel kan ek jou n stel foto's mail met pryse..
As iemand n kolf soek plaaslik -Ondersteun hom asb. Freddie weet ek het een van sy kolwe en en dink Cois ook en nog so paar ander ouens.
Groete
Jacques
JB . Ja my kolf is op my jakkalsgeweer en moet se ek is tevrede. Nie eintlik n kenner nie, maar julle kan oom Hennie maar ondersteun. Goeie waarde vir geld.
Freddie

Re: Geweerkolf

Posted: Sun Sep 26, 2010 10:04 am
by Biker
JACQUES BOTHA wrote: geno
Ek stuur vanaand dis op my rekenaar by die huis..
Groetnis
Enige ander manne wat belngstel??
JB Ek stel belang vir n 308 wat Gerrie herbou. Stuur aan asb.
Biker

Re: Geweerkolf

Posted: Mon Sep 27, 2010 4:15 pm
by BLOK
Hoop nie ek steel nou die post nie maar na daai bitter mooie 6.5-284 wat Raven geplaas het met sy aluminium kolf het ek nou net gewonder, en dit kan dalk moontlik n dom wonder wees. Kry mens kolwe wat heeltemal aluminium is, ek weet van beddings ma die is die eerste kompleet kolf wat ek sien en is daar iemand in plaaslik wat hulle vervaardig. Ek wonder net en help my as ek verkeert dink, maar dit behoort n baie stewige soliede bedding te gee en tog glo ek baie lig, en met ons hitte toestande plaaslik sal daar geen kromtrek uitsit of krimping plaasvind nie.

Ek luister wat die slim manne se.

Blok.

Re: Geweerkolf

Posted: Mon Sep 27, 2010 9:32 pm
by Geno
Hallo Blok,
Ek wil ook graag weet. Hier is een wat te koop is vir 'n RSA aksie.
Ken enigiemand die man wat hulle bou, Jan Joubert?
http://www.junkmail.co.za/v-johannesburg-household-guns-rifles-kolf-aluminium-jan-joubert-kolfgemaak-vir-QZQYCatQX0095QYRgnQX0001QYAdQXF27283QYEdQX201032

Groete,
Eugene

Re: Geweerkolf

Posted: Tue Sep 28, 2010 7:31 am
by BLOK
Geno

Ek het baie geweer kolwe gekry as ek google wat soos die een lyk, skeleton tipe as ek so mag se. Hier en daar kry ek target shooting kolwe maar baie van hulle is sommer met voetstuk aan gemould.

Blok.

Re: Geweerkolf

Posted: Tue Sep 28, 2010 9:02 am
by Danie Lombard .243
Gou terug by die laminated kolwe wat oom Hennie van Bfn. maak. Hul is bakgat en sterk, sy pak werk is akkuraat.