Page 5 of 5
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 6:31 pm
by Malan123
Ek en Erhard koop elke jaar saam so 1000 sakke sekelbos. Ek sal nie sommer weer met iets anders braai nie. Dis soos om KWV 12 jaar of Johnny Blue te proe... Man kan nie daarna terug gaan VO of Harrier toe nie
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 8:12 pm
by sako 30-06
Eduard Venter wrote: Thu Mar 24, 2022 3:42 pm
Net so vir bietjie interessantheid. Ek het so jaar terug bietjie begin hout sny en verkoop. Meestal geelhaak wat kurkdroog is. My kliënte was baie gelukkig en het sommer vinnig my voorraad gekoop. Al probleem was, teen R30 'n sakkie was dit nie vir my lonend gewees nie. Bygesê ek het met bakkie en trailer vervoer, en met wettige arbeid gesny. Diesel maak mens dood. So ja, dis jammer ons sukkel om goeie hout te kry en moet 'n arm en been betaal daarvoor, maar tog is dit die vuurtjie werd! Grootmaat is maar die antwoord in die besigheid lyk dit my.
Tienie jy moet maar 'n paar sakke mieliestronke saambring wanneer julle weer kom jag
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Gelukkig is hout ingesluit by die verblyf so ek gaan eerder die mieliestronke by my huis los

Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 8:24 pm
by Ratel
Malan123 wrote: Thu Mar 24, 2022 6:31 pm
Ek en Erhard koop elke jaar saam so 1000 sakke sekelbos. Ek sal nie sommer weer met iets anders braai nie. Dis soos om KWV 12 jaar of Johnny Blue te proe... Man kan nie daarna terug gaan VO of Harrier toe nie
Net so. En die reuk van sekelbos wat brand maak dit sommer meer gesellig
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Mar 25, 2022 6:42 am
by Eduard Venter
sako 30-06 wrote:Eduard Venter wrote: Thu Mar 24, 2022 3:42 pm
Net so vir bietjie interessantheid. Ek het so jaar terug bietjie begin hout sny en verkoop. Meestal geelhaak wat kurkdroog is. My kliënte was baie gelukkig en het sommer vinnig my voorraad gekoop. Al probleem was, teen R30 'n sakkie was dit nie vir my lonend gewees nie. Bygesê ek het met bakkie en trailer vervoer, en met wettige arbeid gesny. Diesel maak mens dood. So ja, dis jammer ons sukkel om goeie hout te kry en moet 'n arm en been betaal daarvoor, maar tog is dit die vuurtjie werd! Grootmaat is maar die antwoord in die besigheid lyk dit my.
Tienie jy moet maar 'n paar sakke mieliestronke saambring wanneer julle weer kom jag
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Gelukkig is hout ingesluit by die verblyf so ek gaan eerder die mieliestronke by my huis los

Haha jy het my
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Mar 25, 2022 8:16 am
by Klein Karoo
Tuin-roete is nat wattle jou voorland, hier moet jy jou braai en kaggel voorraad n jaar vooruit beplan.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Fri Mar 25, 2022 12:41 pm
by Kolhasie
Manne julle betaal darm kwaai daai kant vir hout
As julle n lift het van kathu se kant af latweet gerus kan help vir R18 n 8kg sakkie kameelhout en R45 n 25kg sak offcuts
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Sun Mar 27, 2022 8:46 am
by ruaanb
Kolhasie wrote:Manne julle betaal darm kwaai daai kant vir hout
As julle n lift het van kathu se kant af latweet gerus kan help vir R18 n 8kg sakkie kameelhout en R45 n 25kg sak offcuts
Ek dink ek moet vir jou kom kuier