OosKaapJagter wrote: Tue Jul 02, 2019 11:27 am Almal spog met hul resepte en die meeste werk. Ek self gebruik Sunlight en Tartaric Acid.
Kom ek noem net wat werk nie! In my Frankford Arsenal tumbler was daar so enkel sakkie skoonmaakmiddel. Eendag besluit ek om dit tog te probeer en dit werk toe uitstekend; selfs beter as die normale resep. So kyk ek toe uit vir die goed en kry eendag 'n bottel daarvan in 'n wapenwinkel. Ek het natuurlik soos my agterent gekyk en het per abuis die "Sonic Cleaner" se doepa gekoop.
Met die beginsel van meer is beter, gooi ek toe die volgende keer my normale resep in, maar dink toe watse skade kan so bietjie van die "sonic cleaner" se mengsel doen as ek dit bygooi.
Al wat ek sal sê is dat jy sulke vaalgrys doppe met so taaierige aanpaksel uitkry. Gelukkig het 'n daaropvolgende siklus met Sunlight en Tartaric acid alles weer reggekry.
Hierdie is die waarheid. Ek sukkel tans my dinges af om die swart uit te kry!
Ek gaan nou jaag na Spar toe vir die bostaande mengsels!!!
DANKIE JARACAL!!!!!!!!

