Page 5 of 10

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Fri May 27, 2016 8:08 am
by Henna308
Dankie Twinhunter

Dit wil vir my voorkom of die basisse of rails wat vir die gewere gemaak word nie almal 100% is nie of iets is fout met die radius van my geweer se aksie. Die gate lyn mooi op met die loop maar sodra ons 'n teleskoop opgesit het dan mik hy links van die loop. Warne basisse was die slegste maar die probleem het effens verbeter met Thor basisse. Die Boesman rail van Disen se gate lyn glad nie op met die aksie se gate nie. Ek gaan Saterdag my geweer vat vir 'n oom wat werk vir Denel doen om my geweer op te meet dat ons mooi kan sien wat fout is (hy vervaardig misiel bodies vir Denel vir die oorsese mark). Ek het Nighforce ringe gekoop vir nou aangesien dit al aluminium ringe was wat ek in die hande kon kry. Ons het Leupold ringe ook probeer by die geweersmit maar het niks verbeter aan die probleem nie.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Fri May 27, 2016 9:15 am
by dsmerrills
Keep us posted Henna!

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Fri Jun 10, 2016 10:22 am
by Henna308
Klein update

Ek het my geweer met 'n 3D scanner vinnig gescan laas naweek. Die agterste radius op die aksie blyk of dit skeef gemasjineer is (0.7 grade min of meer wat uitwerk op 1.314 m op 100m...). Ek het net die aksie in die kolf gescan met die oog op om die radiusse met mekaar te vergelyk. Ek gaan die naweek die aksie uit die kolf uit haal en die hele ding scan om presiese tekeninge te maak van wat daar aan die gang is.

Groete

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Fri Jun 10, 2016 10:28 am
by SeeMoNsteR
Hou ons gerus op hoogte van jou bevindinge Hanno

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Fri Jun 10, 2016 3:34 pm
by PWV
Henna308 wrote:Klein update

Ek het my geweer met 'n 3D scanner vinnig gescan laas naweek. Die agterste radius op die aksie blyk of dit skeef gemasjineer is (0.7 grade min of meer wat uitwerk op 1.314 m op 100m...). Ek het net die aksie in die kolf gescan met die oog op om die radiusse met mekaar te vergelyk. Ek gaan die naweek die aksie uit die kolf uit haal en die hele ding scan om presiese tekeninge te maak van wat daar aan die gang is.

Groete
Hierdie is vir my 'n nuwe gadget. Hoe werk so 'n scanner?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Fri Jun 10, 2016 6:07 pm
by tripodmvr
Laser strale soortgelyk aan jou afstandmeter, maar weens die korter afstand is presisie breukdele van 'n millimeter. My opmeet instrument meet na mure of ander soortgelyke strukture tot 2mm akkuraatheid - afstand is egter beperk tot 200m. Uitgaande straal en terugkerende straal het 'n fase verskil wat akkuraat in afstand omgeskakel word. My instrument neem so 5 na 10 sekondes om afstande te meet.

Met die scanner word 'n 3D wolk van gemete punte geskep wat dan in 'n 3D rekenaarprogram opgeneem word om dit moontlik te maak vir die skep van die beeld en waarop afstande gemeet kan word.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Jul 13, 2016 1:35 pm
by Die Borr
Ek het vandag ingeskakel om meer te lees oor die Sabatti 6.5 x47. ljoubert, ek sal graag wil hoor of jou geweer nou reg skiet met die patrone wat Jonathan met jou geweer voorsien het.

Waar ek baie opgewonde was is ek nou baie skepties oor die Sabatti 6.5 x 47.

Ekt reeds een Sabatti belegging gemaak in die vorm van n Sabatti Jaguar Gold 12ga, dus die belangstelling in hulle "tactical precision rifles"

Stephan

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Jul 13, 2016 4:18 pm
by Apie
Hein(6.5) op die Forum het een en my vrinne het my laat weet syne skiet 'n koekhou.

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Fri Aug 05, 2016 10:38 am
by Henna308
More almal

Vir diegene wat belangstel, ek het nou eventueel 'n antwoord vanaf Sabatti en die manne in die Kaap gekry nadat Riaan hulle moes dreig met iets. Lang storie kort, nie die Kaapenaars of Sabatti verstaan waaroor gaan my klagte nie maar hulle is bereid om die geweer dadelik te vervang. Dit is nou nadat daar baie eposse en selfs 'n tegniese verslag aan hulle gestuur is wat grafies baie mooi verduidelik wat fout is. So dit sê net vir my dat Jonathan nie die verslag deurgegaan het nie en ook dat die boodskap nie korrek oorgedra is aan Sabatti nie.

Riaan het voorgestel dat ons probeer om custom basisse te laat vervaardig wat 100% gaan oplyn en ook nie die scope onder m@#rse spanning plaas nie. Ek is ingenome met die idee want dit behels nie dat ek moer oor lisensiëer nie. Die agente het wel ingestem om die kostes te dek vir die vervaardiging van die custom basisse. As dit goed werk en die geweer lus het om te skiet (die paar skote wat ek wel met hom geskiet het lyk belowend) dat sal ek hom maar hou maar as ek sukkel dan sal ek nou maar sit vir 'n jaar of so en 'n nuwe een op my naam probeer kry.

Groete

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Aug 15, 2016 7:57 pm
by ljoubert
hi da my geweer half ok .kry hoe druk op 40.7 g s335 met sierra match 2155 punte oal 71.0 .partykeer tot cci200 primer uit dop gedruk. het afgegaan na 38.8g skiet akuraat ma spoed 2537vps . het nou agter gekom toe ek so gesukkel het aan begin het ek onweetend doppe se kopspasie te ver ingedruk het nou weer van voor af doppe gevuurvorm .het nou weer opgegaan na 40.7g . het nog nie weer gaan skiet ma sal binnekort en laatweet .ma ek moet se die probleem wat ek gehad het met patrone wat nie in kamer pas is opgelos

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Wed Aug 17, 2016 10:44 am
by SeeMoNsteR
Hou ons op hoogte met hoe die nuwe ladings skiet asb ljoubert, ook belangrik dat ons ook darm ons deel reg by die herlaaitafel doen ne.

Baie groete

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Thu Sep 01, 2016 3:52 pm
by ljoubert
Dagse manne. Ek het nou my doppe se kopspasie probleem opgelos. Die boek akuraat ketting in afrikaans. Het my baje gehelp. Ek het heel verkeerd my doppe gevuurvorm. Volgens die boek gebruik jy n te swaar grein punt ek het 180g punt gebruik en punt moet aan lande raak. So half tussen laagst en hoogste lading ek het 38.8g 335 gebruik en doppe het na vuurvorm reggekom nou het ek stagig my lading met 155g sierra match punte hoer begin laai en nou al op 41.6 nog geen hoe druk tekens ma nou my volgende probleem. My crony. Nuwe bat is tussen 148vps en 152vps vinniger as my vriend se crony. So nou is my spoed op my crony gemiddeld 2825vps en vriend se crony 2775vps met 335. Gelaai 41.5g. So ek sal ma eers nog n crony moet kry en dan sien watter crony is reg en dan weer by die manne hoor van qload ladings

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Thu Sep 01, 2016 10:15 pm
by ljoubert
Verkeer geskryf. My crony 2825 vps. Vriend se crony. 2675vps

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Thu Sep 01, 2016 10:18 pm
by JPS
Probeer om te toets met Magneto speed en vergelyk met chrony dan sal jy weet watter chrony die naaste is

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sat Sep 03, 2016 8:33 pm
by ljoubert
hi jps niemand in ladysmith het magneto speed

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 05, 2016 10:24 am
by JPS
Dis jamerte,

Bietjie wyd vir my ook

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 05, 2016 12:28 pm
by ljoubert
Weet iemand hoe kan mens n crony laat toets

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 05, 2016 7:02 pm
by geelslang
Kerels ek wil net so bitjie terugvoer gee rakende my Sabatti. Ek het nou bitjie moeite gedoen met my roer en die resultate is om die minste te se finominaal. Ek skiet die 123Amax'e agter 40.5gr S355 lot 11 en cci450 primers 'n mooi 6.35mm @100m

Groete Geelslang

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 05, 2016 9:14 pm
by bruwerconradie
Ek het n Sabatti 6.5x47 s/s. Myne skiet fantasties en sover het ek nog geen probleme gehad nie. Enigste probleem wat ek met hom het is dat ek nou met nie 1 van my ander 15 gewere wil skiet nie en die ding is damn swaar om mee te walk en stalk. Hy sit perfek in my skouer, ek weet die geweer skiet baie meer akkuraat as wat ek self kan skiet en daarom gryp ek hom nou elke keer wat ek veld toe gaan. Eintlik gekoop vir die baan.

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 05, 2016 9:18 pm
by bruwerconradie
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160905/6ac8f053897ef848395273917c0fd7d1.jpg

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 12, 2016 9:35 am
by Henna308
geelslang wrote:Kerels ek wil net so bitjie terugvoer gee rakende my Sabatti. Ek het nou bitjie moeite gedoen met my roer en die resultate is om die minste te se finominaal. Ek skiet die 123Amax'e agter 40.5gr S355 lot 11 en cci450 primers 'n mooi 6.35mm @100m

Groete Geelslang
Geelslang wat is jou spoed met daardie lading? Ek stoei nog bietjie met myne en 123 Match Kings (Het die naweek 39.8gr geskiet maar hy maak nog oop, het wel verskillende TPL's geskiet). En wat is jou druk?

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Mon Sep 12, 2016 10:15 am
by geelslang
Henna my spoed is 2867fps. Druk weet ek nie..

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Tue Sep 13, 2016 6:56 am
by Henna308
Dankie Geelslang. My spoed met daardie 39.8gr is om en bu 2850ft/s. Wonder nou of my chrony ooit reg lesings neem....

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Sep 25, 2016 10:09 am
by ljoubert
hi is da nog manne met 308win sabatti en met watse punte skiet jul

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?

Posted: Sun Sep 25, 2016 10:46 am
by twinhunter
Hallo,ja ek het ook 'n .308 Win en skiet Lapua Scenar 155gr punte

Sent from my iPhone using Tapatalk