CV's word ingewag vir Nikon Scope

Kan 'n toets objektief wees TOV 'n geskenk

Poll runs till Thu Oct 31, 2052 6:42 am

Ja
27
84%
Nee
2
6%
nutraal
3
9%
 
Total votes: 32

User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Jaco Swart »

Middag manne.

My opinie is die volgende .

Piet het gese dat daar nog 'n scope is wat gratis aan iemand gegee gaan word , en dat die persoon net 'n eerlike opinie op die forum en ander waarby hy betrokke is moet post.

Daar is geen vaste vereistes gestel nie. Post net jou eerlike opinie , en daar is nie eers 'n dokument wat geteken is wat se dat die wenner MOET post nie. Wat gaan Nikon doen , die scope terug vat as die wenner nie post nie?

Hierdie is 'n geval van suur druiwe en weereen bewys ons Wit Suid Afrikaners maar net weer dat ons mekaar absoluut niks gun nie.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Freddie101 »

Francois
Toets daai scope. Die een wat dink jys bevooroordeeld kan sy eie afleidings maak. My eie oordeel na ek jou bietjie leer ken  het persoonlik en die trant wat jy op die forum bedryf. Ek slaan jou opinie hoog aan.

So ook aan Gerhard. Hy is al lank op die forum en het nog altyd homself goed gekwyt van sy taak.

Wil ook net se dat ek al opgelet het dat die forum n manier het om mense wat nie vir die regte redes hier is nie na n tyd uit te sorteer. Dan verdwyn hulle later self.

groete Freddie
yol bolsun
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by fanie17 »

Ek kan nie glo dat daar manne is wat nie die son wil sien skyn oor iemand anders nie,en dit dan nog agteraf.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Piet Breedt »

As Heinrich nie omgee, gaan ek my antwoord aan hom vir julle hier post.

Hallo Heinrich / Francois / Gerhard.

My reaksie hierop sal wees dat Nikon geen een van die genoemde persone ken nie, en dus n groot kans waag en groot vertroue in hul produkte tentoonstel om dit dan sommer vir onbekende persone te gee en te vra vir n eerlikke toets en verslag lewerering op n openbare forum. Daar is geensins enige voorwaardes aan hulle voorgel? nie, behalwe n kontrak wat hulle sal moet onderteken om ten minste vir n jaar daarmee te skiet, om derhalwe n goed deurdagte verslag en evaluasie te kan gee. Daar is geensins daarop gesinspeel dat die betrokke persone enigsins n meer positiewe verslag moet gee, slegs omdat hulle die scopes verniet gekry het nie.

Hulle (Nikon) het my gevra hoe hulle meer betrokke in die skiet en jag mark kan raak om hul produkte meer bekend te stel, en dit was my voorstel om dit dan so te doen met die CV's, en dan die scopes vir die gelukkige kanidate te gee.

Nikon is een van die bitter min vervaardigers wat enigsins bereid is om hul produkte op so n basis aan die openbare jagters publiek daar te stel vir evaluasie, sonder enige vooraf beperkings. Hulle is ook een van die bitter min wat enigsins terugploeg in ons as kopers. Hulle het saam met hierdie 2 scopes, en my 2 scopes, v?rkyker en Rangefinder, ook die SA Ope van ons Jaggeweer Skiet Vereniging met R 138,000.00 se produkte ge borg. In totaal sowat R 185,000.00 geborg sonder enige voorwaardes hoegenaamd. Nee wat, dit plaas hul motiewe baie beslis buite verdenking, en ek dink dat dit uiters kortsigtig is van enige een om so n gegewe perd in die bek te kyk. Wys my enige ander vervaardiger wat al ooit so groot borg gegee het vir ons as skuts met of sonder enige voorwaardes.

Dit is vir my n jammer dag dat ons sulke kortsigtige mense tussen ons het wat altyd die sleg in n situasie sien, en nie dit wat eintlik bedoel was waardeer, vir wat dit regtig is, n goeie gebaar van Nikon af. (einde van my antwoord op Heinrich se e-pos)


Ek kon die scope wat aanvanklik vir my gegee was vir enige iemand van my keuse gee vir evaluasie, maar het dit goed gedink om dit op so n weise te doen, aangesien ek bitter min van die forum lede persoonlik ken. Die CV's was my idee, en ek moet bieg dat ek nie sou kon kies uit al die mooi CV's, en toe vir Carl wat geen een van julle ken gevra het om die finale keuse te maak. Hy was so beindruk met die goeie CV's dat hy sy hoof gevra het om nog een te skenk, aangesien hy nie kon kies tussen die finale 2.

Ek weet uit die diepte van my hart dat hulle gebaar edel was met geen ander agenda nie, en op geen stadium het hulle my gevra of ek dink die mense n positiewe verslag sou skryf, bloot omdat hulle die scopes gratis ontvang het nie.

Nee wat, ek dink die 2 manne se integriteit is van so aard dat daar geen kommer in my hart is dat hulle n eerlikke toets sal doen, en dit so publiseer. Hoeveel van ons is beryd om ons brood en botter so in die openbaar te laat ontleed?
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by tafjak »

Pieta

Ek voel dieselfde as jy en jy het die situasie baie goed hanteer. Met jou atwoord hierop reken ek die petalje is afgehandel rakende jy en die Toetsers en die job kan aangaan.

Ek gebruik al geruime tyd een van hulle(Nikon) se range finders en was nog altyd tevrede daarmee vir die doel waarvoor ek dit gebruik het.

Mooiloop en Baie dankie vir die pragtige gebaar en voorbeeld wat jy stel. Net GROOTMANNE het darie eienskappe.

Groete

Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Francois Marais »

Manne

Bly om te sien dat die hele debakel in goeie gees uitgesort is, jammer as ek te vinnig die ding an die groot klok gehang het, maar wou sien wat die algemene gevoel oor die hele ding was/is. Kon it ook maar met n poll gedoen het, maar nie daaraan gedink.

Hein het weereens gewys hoekom hy die baas is, en dit baie goed hanteer. Dankie DR JARACAL......

Aan NIKON se manne, en Piet wat die hele projek se voorvat werk doen, baie dankie vir die geleentheid om julle produk, waarvan ek GEEN ondervinding het, behalwe vir n Range Finder wat ek gebruik het, onder hande te neem, en belowe ek om my eerlike opinie te gee oor hoe ek julle produk vind.

Aan die maat wat ingedoen voel, sorry jong, probeer volgende keer harder.........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by whisper »

Weereens dankie Oom Piet, aan Gerhard, en Oom Cois ........laat daar lood in die lig wees, en jakkies, en bokkies voor julle scopes wees!

Pretty walk.

Whisper. :)
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by jaracal »

Francois en ander
Die forum se resultate tov die voting wys daar is baie vertroue in julle.
Sterkte, ek lock die topic, begin asb met 'n nuwe post oor die terugvoering.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Locked