Page 5 of 11
Re: Bakkies
Posted: Sat Aug 01, 2009 7:33 pm
by Greyhound.Racer
Jis, ek hou van die Topic... Ek dink om vir my die Batt KL650 Utility Vehicle te koop, ek weet dis nou nie 'n Bakkie nie, maar gan hom gebruik vir Tuin dienste hier waar ek bly, en vir jag... Hy is ook baie lig op brandstof 6L/100Km.. Kyk na hom en laat weet my wat julle dink..
http://www.battholdings.com/kl650.htm
Re: Bakkies
Posted: Sat Aug 01, 2009 10:16 pm
by Louis102
Greyhound.Racer wrote:
...Kyk na hom en laat weet my wat julle dink...
GH.Racer
Is daar genoeg plek vir die honde agterop? Ek dink as jy op relatief klein plasies jag sal jou plan miskien werk. Hier by ons is die afstande per nag GROOT en sou ek eerder 'n bakkie verkies.
Wat lekker is - ek sien hy het 'n tiep-bak. As jy by die huis kom kan jy sommer die jakkalse aftiep - nie nodig om hulle af te tel nie
Ek bly nog maar eers by die bont Mazda van my. Maar laat weet hoe hy werk, sou jy besluit om een aan te skaf.
Groete
Louis
Re: Bakkies
Posted: Sat Aug 01, 2009 10:49 pm
by Greyhound.Racer
Naand Louis,
Ek het 14 honde(4 grotes en 10 klein hondjies) , maar gebruik nooit meer as 2 honde nie, so vir 2 honde sal hy lekker werk, al jag ek nie baie nie. Ek weet nie eers of kry mens jakkalse hier in KZN nie, maar hier is baie katte wat die hoenders ens vang...
Re: Bakkies
Posted: Sun Aug 02, 2009 8:19 am
by Ja3
Volgens Oom Tekoeza, is die "morrel of de St?rie" dat jy maar 'n bakkie koop wat met 'n hoofletter "T" begin en op 'n klei "a" eindig. En blykbaar tel 'n "Tata" nie.
[/quote]
My Oom
Ja, daar's eintlik net twee vir my op die oomblik. 'n Tahindra of 'n TandRova.

S? oom Tekoeza moet weer sy dollosse gooi...
Grte
Jadri
Re: Bakkies
Posted: Sun Aug 02, 2009 9:40 am
by Louis102
Ja3 wrote:
...Ja, daar's eintlik net twee vir my op die oomblik. 'n Tahindra of 'n TandRova.

S? oom Tekoeza moet weer sy dollosse gooi...
Jadri
Oom
Takoez
a s? julle jong mannetjies is te slim vir hom. Hy s? hy wil nie voorskryf nie en sal maar kyk hoe julle julle eie koppe stamp. Hy was ook op sy dag jonk en het genoeg dolosse sedert dien sien val - al hoe hy geleer het was om maar self sy kop te stamp. Hy s? hy kan mos nie verwag dat dit vandag anders moet wees nie.
So s? hy moet ek vir jou s?.
Groete
Louis
Re: Bakkies
Posted: Sun Aug 02, 2009 11:54 am
by Ja3
Oom Louis
Ek het werklik eerbied vir dit wat julle s?, ...die manne van ouds.
Wil graag nie my kopstamp nie, maar probeer ook ag slaan op die dinge wat oor my pad gebring word.
Ons lewe ook in 'n "ever changing world" met 'n keuse poel wat enorm is.
Ek voel egter dat soos T*&(&A (japanese) destyds die mark betree het, en hom self met die tyd bewys het dat
dieselfde egter ook aan die gebeur is, net van die indiese kant af.
Probeer ook sover moontlik die paadjie stap wat vir my uitgekap is.
Die regte ding in die lewe kom nie altyd in die oogskynlike aanvaarbare pakkie nie.
Wat ek dus ook daarby bedoel is dat mens kan spook na die ideale, maar die ekstra formule van dieper wysheid
afkomstig van Bo, krap die menslike besluite partykeer om.
Ek sien uit om te sien hoe die bal hop hierdie week.
Blessings!
Re: Bakkies
Posted: Sun Aug 02, 2009 2:20 pm
by Louis102
Jadrie
Dis die gees man! Dis jou geld, jou besluit en jou keuse. Ek dink in elk geval nie jy moet die beentrekkery as raad vertolk nie - van hierdie ou toppies het 'n manier om 'n storie so te verdraai dat hulle self later daai storie glo! Miskien het Oom Takoeza die fabrikaat van daai kar in die rivier aspris verkeerd, sal my nie verbaas nie! Hy doen dit soms met my om my twee keer te laat dink - net sodat ek vir myself kan seker maak wat die roete is wat ek inslaan. Ek dink nie hy het regtig kwade bedoelings gehad nie.
As ek vir 'n oomblik ernstig kan wees oor die neem van besluite: Kap jou paadjie uit soos jy die beste weet hoe. Almal neem goeie besluite en swak besluite in hul lewens - die belangrikste is egter om met inligting tot jou beskikking, die beste besluit te neem wat jy op daardie oomblik kan. (Klink of jy besig is om dit te doen) Moenie dat die vrees vir die verkeerde besluit jou verhoed om die regte besluit te neem nie. (Klink of jy besig is om dit te doen) Vertrou jou eie oordeel - jy het mos vir wysheid gebid! (jy doen dit) My laaste stukkie raad is om nie die verkeerde besluit twee keer te neem nie - m.a.w. leer uit jou foute. (ek weet nie waaroor wil ek vir jou preek nie, jy is dan op die regte pad!)
Se?n vir jou ook.
Louis
Re: Bakkies
Posted: Sun Aug 02, 2009 7:48 pm
by britsman
Jadri,
Ja3 wrote:
Ek voel egter dat soos T*&(&A (japanese) destyds die mark betree het, en hom self met die tyd bewys
Baie waar. Ek onthou in die laat 60stge jare, wou ek Toyota Corona bakkie koop maar my pa will niks weet en 'n Austin A40 gekoop (hy het gese hy koop nie Jap gemors nie). Ek moes 'n overall oor my " step outs" trek om die stof weg te hou en was baie bly om dit in te ruil op 'n Cortina 'n paar jaar later.
Nou die dag in Mac21 se wereld het ons by 'n boer gaan jakke jag wat 'n DC Scorpio gehad het.Hy het gese dat hy was spyt hy het dit verkoop want dit het beter gery as sy huidige DC ( toy of Isu ??)
groete,
brits
Re: Bakkies
Posted: Sun Aug 02, 2009 8:07 pm
by Christo
Kry die ou op 'n ander forum
Miskien is hy goed genoeg vir eenmanjagte. NET DIE KLEUR
Christo
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 12:00 am
by Ambessa
Hallo Christo
...lyk my dit is die kapoen kleur wat jy fancy?
Ambessa
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 12:10 am
by Ambessa
Hallo Yalair
Yalair wrote:...na my drywer se manewales met my getroue Colt kort ek ook 'n bakkie...
...het amper hierdie een gemis? Lees ek iets van 'n ligte eksidentjie? Vertel meer?
Ambessa
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 9:14 am
by Yalair
Ambessa
Ja dis 'n hartseer storie, my eens getroue drywer reken jy moet Senekal omry met 'n bottel OBS as jy van Kroonstad na Bfn ry, hy eindig toe in 'n mielie land

nou jag die bakkie jakkalse in die happy huntingrounds

Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 9:18 am
by Ja3
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 9:21 am
by Ja3
Hello Julle
Wat dink julle van die kleur? Is dit aanvaarbaar in julle boeke. Na so bietjie dink, is dit nie so sleg vir nagjag nie.
Gee julle eerlike opinie asb!
Dis nou die verkoopsman se foto.
Let wel, die wieldoppe waai.
Ambessa
Hierdie kleur is shaki.
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 10:01 am
by boeta
Ja3
Daai kleur sal uitstekend werk,dink ek
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 10:25 am
by Ja3
Dankie Boeta
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 11:18 am
by Louis102
Ja3 wrote:
...Wat dink julle van die kleur? Is dit aanvaarbaar in julle boeke. Na so bietjie dink, is dit nie so sleg vir nagjag nie.
Gee julle eerlike opinie asb!...
Jadri
Daai kleur is reg! Met so bietjie stof op sal hy ook nie veel blink in die maanlig nie, so spaar maar die water. Vir 'n man wat kan skiet soos jy, is die kleur in elk geval nie so belangrik nie. 'n Man van vele talente, n?.
Sterkte
Louis
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 11:39 am
by Ja3
Dankie Baas
Sal maar min was.
Grte
Ja3
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 12:08 pm
by JACQUES BOTHA
DAAI KLEUR GAAN WERK JA....HJOEKOM NIE....AS JY NIE HAPPY IS MET DIE KLEUR NIE LAAT "WRAP" HOM IN DIE KLEUR VAN JOU KEUSE....WAT IS N EKSTRA R2500 NOU AS JY KLA R150 THOU UITGEGEE HET....STERKTE EN MOOI RY...
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 1:37 pm
by Janjak
Jadri,
ek stem, daai kleur is reg -met stof nog beter.
Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 1:58 pm
by Ja3
Dankie Jakes en Jannie
Ek moet darem skietkans ook inkry ne. Al die jakkies kan mos nou nie hulself doodhardloop in die bakkie nie

Gelukkig wil ek nie GL se kursus by te woon nie, anders sou ek druip....

Re: Bakkies
Posted: Mon Aug 03, 2009 3:53 pm
by Gernie
Manne
Hier is nou vir jou 'n ordentlike ryding. Dit is 'n oom sin daar van Upington se omgewing. Dit is 'n F100 onderstel 2wdrive met 'n V8 5.8 Liter petrol enjin. Geen jakkie sal die ou ontduik nie.

Re: Bakkies
Posted: Tue Aug 04, 2009 8:58 am
by Ambessa
Hallo Gernie
...kortom, dis nou 'n lorrie...!!!!
Ambessa
Re: Bakkies
Posted: Thu Sep 03, 2009 2:31 pm
by tafjak
Manne
Hier is Chris se lorrie. Nou sal die jakke moet ligloop in die Ooskaap. Lyk my ou Chris wil hulle tot in die see jaag.

Mooi Chris, maar sit ek as ek saamgaan. Asb net in die somer.
Groete
Taffie
Re: Bakkies
Posted: Fri Sep 04, 2009 12:22 pm
by CHRIS
Taffie
ek sal vir jou 'n verwar inbou wat met sonpaneel werk
Groete Chris