Page 5 of 74

Re: REEN METER:

Posted: Wed Dec 09, 2009 11:38 pm
by Danie Lombard .243
Erg bly oor die reen wat jul oukies gekry het :)

Hier by my op die plaas, dinsdag nag 25mm. Baie erge weerlig. Was vroeg uit vanoggend om te gaan loer of al die koeie nog regop staan en nie gepiets is deur die weerlig nie. Donderdag middag 10mm.

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 10, 2009 7:21 am
by Cois
Hallo manne

Het die laaste tys kwaai swaar weer gehad en wind maar gestraand darem 22mm gehad, baie lekker en baie dankbaar!!!

Cois

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 10, 2009 8:04 am
by MEERKAT
Lyk my van die mense kan al begin dink aan rys plant.

Die wat nog nie gekry het groter kersgeskenk kan julle sekerlik nie voor vra. Hoop dinge lyk beter na die groot dae.

Wense vir julle, laat stof gaan le en die water loop.

Sterkte
MEERKAT

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 17, 2009 2:34 pm
by Foxcreek
Manne

Laaste week(8-16 Des) was weer koud met mis en sagte re?n. Vandag skyn die son weer sterk en die mielies kan weer groei. Ons het darem nog 20 mm vir die laaste sewe dae gemeet en ons staan nou op 573 mm vir die seisoen.

Hoop die manne wat droogte het kry sommer 'n lekker Krismis box.

Foxcreek.

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 17, 2009 8:53 pm
by katjak
Foxie. Ek ken daai storie van mis en reen. Ek werk altwee kante van die berg. As die mis onder toe is, kry ons bo suidewind wat skrik vir niks. Die mis pla ook nogal geweldig hier op die berge en is omtrent elke aand toe dat jy nie meer as 40 - 50 m voor jou kan sien nie. Ek het al in die aand op n plek gekom en dan roep ek jakkie. Ek hoor hom antwoord en voor hy by my is, is die mis toe . dan pak jy maar op en ry. Een aand kom 3 in. Ek skiet die voorste een en draai terug vir die ander twee, net om te sien die mis het toe gemaak oor hulle. Wit lig werk glad nie. dit weerkaats so in die mis dat jy jouself verblind. Rooi lig baie flou werk dan nie sleg nie, maar skiet afstande is dan maar so 60m maks.Laaste twee weke het suidewind my by die huis gehou. Vanaand doodstil maar more ry ek Jay Bay toe, so ek rus maar vir die trip. Groete Katjak

Re: REEN METER:

Posted: Wed Dec 30, 2009 10:34 pm
by boeta
Die weer is leker dik hier by ons,het vanmidag n bietjie gekry,sal more ogend gaan kyk weer le nog steeds na my plaas toe.Dit sal dam mooi wees om die nuwe jaar met n nat plaas in te gaan.Dankie aan onse Vader

Boeta

Re: REEN METER:

Posted: Wed Dec 30, 2009 10:46 pm
by Ambessa
Hallo Boeta
boeta wrote:...mooi wees om die nuwe jaar met n nat plaas in te gaan.Dankie aan onse Vader
Hoop saam met jou vir 'n goeie nat 2010.

Ambessa

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 31, 2009 6:13 am
by WillJak
Boeta, bly vir julle - hier by ons is al die normale tekens reg, maar die re?n het nog nie gekom nie (nie dat ons kan kla nie, ons het sover goed gedoen die jaar). Maar lyk my die natuur is maar deurmekaar - al drie soorte "re?nblomme" het geblom dat dit bars hier so week of twee terug, die skilpaaie loop (tot die waterskilpaaie) en die geelslange ook - tot die maan het reg gelyk voor hy vol geraak het maar sover nog net belofte....

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 31, 2009 6:53 am
by Robert
Boeta
Bly dat julle so 'n nattegeitjie gekry het. Dankbaar saam met jou. Ons wag nog maar geduldig op 'n nat nuwe jaar.

Hier in die Boesmanland is daar so baie dinge wat in plek moet wees voor ons reen kry:
1) die blou koppe moet noord kyk as hulle op die klippe en pale sit;
2) skilpaaie moet opdraand loop;
3) slange moet "loop";
4) miere moet walletjies om hul openinge bou;
5) maan moet water gooi (skuins na vore le)
6)wind moet 3 dae uit die noord kom;
ens, ens, ens

Nie 'n wonder ons kry so min reen ;D ;D ;D ;D

Robert

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 31, 2009 7:28 am
by britsman
Boeta,
        Bly om te hoor oor die reen daar by julle.My Pa het altyd gese dat as Duitswes en Gordonia reen kry, dan kry ons reen. Hier by ons word die veld maar vaal. Met die donderbuie voor Krismis het ons veldbrande op  3  plekkle gehad. Aand voor Krismis het ons die laaste brand onder beheer gekry..... net met "whitey" firefighters.
   
Robert,
          Hey Boet. As jy deur daarie "checklist" gegaan het is die dag omtrent oor.

      Geniet die laaste dag van 2009 en maak seker dat julle vanaand oorleef. ;)

            brits

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 31, 2009 7:49 am
by Foxcreek
Manne
Ek is bly dat daar darem hier en daar 'n nattigheidjie uitslaan. Oom brits, jammer om te hoor van die brande, baie bly julle kon dit betyds onder beheer kry. Hoop ook oom hulle kry 'n lafenis vir die vaal veld.

Soos ek ges? het moet dit hier by ons elke week goed re?n anders kwyn die ou sawwe grassies gou-gou. Ons kry dit nie, en ons moes nou al op so omtrent 800 mm vir die jaar gestaan het. Na Krismis eve se 22 mm en gister aand se 18 mm staan ons maar op 613 mm, wat te min is vir die w?reld. Gelukkig vir ons is dit nie baie warm nie. Vir 'n dag of twee warm dit op na so 28 grade, en dan raak dit koud, so 14-16 grade vir 4-5 dae met dik mis.
As dit die heel tyd warm moes wees sou die sawwe grassies kas toe gebrand het.

Hoop alle manne sal gou-gou die stowwe met 'n vars re?nbui kan afwas.

Foxcreek.

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 31, 2009 8:05 am
by WillJak
;D ;D ;D Robert, wat ek van die Boesmanland gesien het, veral daar in julle w?reld, as jy al die dinge op daai lysie kan afmerk dan gaan dit kom re?n - of dalk tog nie..... ;D ;D ;D ;D 'n Ou oom daar uit julle w?reld het my eendag ges? met die sondvloed het hulle so 2 duim gehad, en hulle was dankbaar, want die buurman het net die weerlig gesien!!

Ek hoop dit re?n sommer gou daar!

Re: REEN METER:

Posted: Thu Dec 31, 2009 10:42 am
by Freddie101
Manne
As ek so na die posts uit Namibie en boesmanland en al die tekens hier by my kyk lyk dit of dinge begin reg draai vir reen. Of soos wiljak se miskien ook nie.
Laasnag omtrent eerste aand hier by ons wat koue wind uit ooste stil was en on warm aand gehad het.

Britsman Ek stem saam as dinge daar bo in noordweste vanaf ons begin reg lyk dan kom ons reen.
Freddie

Re: REEN METER:

Posted: Sat Jan 02, 2010 1:55 pm
by KSV
Het oujaarsaand so 7mm gehad. Die 1ste so paar druppels en van so 10uur gister aand kry ons lekker reen en reen nog steeds vandag.

Groete Hein

Re: REEN METER:

Posted: Sat Jan 02, 2010 6:29 pm
by WillJak
Ek hoor dit het dik gere?n daar by Beaufort Wes vandag - soveel so dat mense van die pad af moes trek. Hier by ons het vanoggend so gedreun en gedrieg en toe seker maar Beaufort Wes toe getrek!! Maar hulle voorspel darem verspreide buie vir ons more, so kom ons hoop....

Re: REEN METER:

Posted: Sun Jan 03, 2010 7:01 am
by Foxcreek
Manne

Ek het gister (2-1-10) nog 20 mm uitgegooi en nou staan ons op 633 mm vir die seisoen.

Ek hoop almal kry 'n lafenissie, want ek sien hulle voorspel 'n bre? band re?n virrie volgende par dae.

Foxcreek.

Re: REEN METER:

Posted: Sun Jan 03, 2010 8:47 am
by Robert
Reen reen lieflike reen val op die aarde en om ons heen!!!!!!!!!!! :) ;D :D ;D

Gister gemiddeld 18mm uitgegooi op die plaas. Daar is selfs 'n pannetjie waar die water in staan.
Ons is erg dankbaar vir die  water, nou kan die veld begin groei en kos vir die diere kom.
Die manne suid oos van die dorp het so 4mm gekry en hulle is net so dankbaar.

Saam met die 8mm van so 'n maand terug staan my boek nou op 26mm .

Ons kan net dankbaar wees en aanhou bid vir opvolg reen.

Robert

Re: REEN METER:

Posted: Sun Jan 03, 2010 6:53 pm
by Freddie101
Almal
Gister (saterdag) toe 30mm gehad. Bly daaroor.
Freddie

Re: REEN METER:

Posted: Mon Jan 04, 2010 10:01 am
by KSV
Totaal het ons 57mm vir die naweek gehad in Kathu.

Kalahari Groete
Hein

Re: REEN METER:

Posted: Mon Jan 04, 2010 1:42 pm
by Izak H
Cradock het die naweek so 18mm gehad hier in die dorp.
Izak

Re: REEN METER:

Posted: Tue Jan 05, 2010 5:04 am
by WillJak
Ek is bly vir al die manne waar dit darem so bietjie geval het - maar Robert, veral vir julle manne daar - ek weet dit kom re?n nie sommer nie en as dit doen moet mens maar baie bly wees. Ons het ook darem Sondag so 3mm gehad - sit my op so amper 170mm vir die jaar, so ons is baie dankbaar.

Re: REEN METER:

Posted: Tue Jan 05, 2010 6:50 am
by Kruger
sit my op so amper 170mm vir die jaar, so ons is baie dankbaar

teen 5 Januarie en 170mm ???  Lyk my jy lei elke wolk droog. Geen wonder ons kry niks nie. Nou kan jy maar 'n paar wolke laat verbykom hier na ons kant toe.

Re: REEN METER:

Posted: Tue Jan 05, 2010 6:54 am
by britsman
ou Will,
WillJak wrote: Sondag so 3mm gehad - sit my op so amper 170mm vir die jaar, so ons is baie dankbaar.
Watter jaar praat jy?  ;) 2009 of 2010 .Bly om te hoor dat die manne in dorre gedeeltes reen gekry het.
Ons het  17mm gekry. As ons gekry wat [url=http://www.yr.no%20?%20English]www.yr.no ? English[/url] vir ons voorgespeel  sou dit 'n ander storie gewees.
      mooi loop,
                   ou brits

Re: REEN METER:

Posted: Tue Jan 05, 2010 7:01 am
by britsman
Kruger,
          Hoe lyk dit julle kant ? Het julle daarem ietsie gekry? Het jy al 2009 se reen opgetel?
    Het ou Louis toe daar by jou uitgekom?
      Maggies man ... ek is vol vrae vanoggend.
Lekker dag,
                  ou brits

Re: REEN METER:

Posted: Tue Jan 05, 2010 8:42 am
by WillJak
;D ;D ;D ;D Kruger, Brits, nee dis 'n fout - vir die re?njaar vanaf 11 Oktober is ons op amper 170mm - vir 2010 darem net 3mm!! ;D ;D ;D