Vlugbaan afwykingstoets met 3 verskillende koe?l tipes -
1. Doel van toets -
Om vas te stel watter een van die drie tipes koe?ls gebruik, sal die minste van sy vlugbaan afwyk, indien versperrings tydens vlug op pad na die teiken, getref sou word.
2. Versperringsmateriaal gebruik -
6mm Deursnee hout tappenne van ongeveer 300mm lengte, is gebruik en is trapsgewyse gerangskik, sodat koe?ls in vlug doelbewus op beide hulle punte en ook skagte versper sal word in hulle vlugbaan op pad na die teiken toe.
3. Prosedure gevolg tydens die skiet van elke skoot -
Na elke skoot geskiet is met 'n koe?l, is die beskadigde hout tappenne vervang en weer in presies dieselfde trapsgewyse rangskikking terug geplaas.
Elke koe?l is dus deur identiese versperrings geskiet om eind resultate dus sover moontlik vergelykbaar te maak.
Die mikpunt met elke koe?l was die middelpunt van elke teiken - maw sou daar geen versperring wees nie, moes die koe?ls in 'n klein groepering reg in die middel van elke teiken gekonsentreerd geland het.
Afstand waaroor deur versperrings geskiet is - 60 meter.
Afstand van A4 grootte teiken agter die versperring - 3 meter.
Sien onderstaande foto van die trapsgewyse rangskikking van die 6mm deursnee hout tappenne -
[img width=560 height=420]
http://www.techfund.co.za/images/vlugba ... efoto1.jpg[/img]
4. Koe?l tipes gebruik in kaliber .308 -
Drie skote is na elke teiken geskiet met die volgende koe?ls -
(a) Claw 150gr loodkern, kopermantel koe?ls - dik mantel weergawe.
(b) Impala 130gr monolitiese skerp punt koe?ls met gegroefde skag.
(c) GS Custom HV 130gr monolitiese koe?l met dryfbande op skag.
5. Koe?l impak punte op elke individuele teken -
(i) Claw 150gr - sien foto hierna -
[img width=560 height=420]
http://www.techfund.co.za/images/vlugba ... rfoto2.jpg[/img]
3de skoot was heeltemal van die teiken af.
(ii) Impala 130gr - sien foto hierna -
[img width=560 height=420]
http://www.techfund.co.za/images/vlugba ... rfoto3.jpg[/img]
(iii) GS Custom HV 130gr - sien foto hierna -
[img width=560 height=420]
http://www.techfund.co.za/images/vlugba ... rfoto4.jpg[/img]
6. Samevatting -
Uit die drie koe?l tipes getoets, deur identiese versperrings geskiet in hulle afsonderlike vlugbane, is die volgende resultate verkry soos duidelik blyk uit die fotos hierbo -
Foto (i) - Afwyking van vlugbaan is groot oor die kort afstand van 3 meter wat teiken na versperring geplaas was. Een koe?l het selfs die teiken heeltemal gemis.
Foto (ii) - Afwyking van vlugbaan minder as in eerste geval, maar al drie koe?ls - meer so in die geval van nrs. 2 en 3 - toon duidelike tekens van tuimeling op die koe?l merke gelaat op die teiken.
Tuimeling lei tot swak penetrasie en onstabiele vlug in teiken materiaal - swak
ballistiese terminale resultate kan hierop volg.
Foto (iii) - Afwyking van vlugbaan ook teenwoordig - veral in die geval van nrs. 1 & 2 - maar nie een van die drie koe?ls se koe?l merke nagelaat op die teiken, toon enige tekens van tuimeling nie. Goeie terminale resultate kan steeds verkry word.
7. Gevolgtrekking -
Let asseblief daarop dat - ongeag die tipe koe?l wat getoets is - hoe verder die teiken weg sal wees n? die tref van versperrings in die vlugbaan, hoe groter sal die afwyking van die normale vlugbaan van die koe?l wees.
Laastens, hierdie is geensins 'n streng gekontroleerde en hoogs wetenskaplike toets wat perfek uitgevoer is nie - dit was net op 'n praktiese en redelik maklike manier saamgestel en so goed moontlik identies hanteer met elke tipe koe?l wat in die toets gebruik was.
Die resultate gee nogtans 'n beeld van wat verwag kan word in werklike gevalle - sou dit ooit enigsins nodig wees om in die jagveld oorweging daaraan te skenk.
Groete,
Koos.