PMP Probleme in die algemeen

Post Reply
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by .::Alwyn-U::. »

Piet

Wat prys hulle? ek will hulle gebruik vir 243 en 7mm rem mag
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Francois Marais »

Manne

OK, aanmekaargelas soos gevra, gaan hom ook nou n sticky maak dan kan hy sommer bo-aan bly, sal ook die link vir JC van PMP stuur en sien of hy vir ons n reply wil insit, as nie sal ek sy antwoord op die mail hiernatoe copy.....of hy moet maar na iemand verwys wat dalk bietjie kan antwoord.

Mooiloop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13646
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Geno »

O ja, nog iets......

Almal van ons wat .25-06 skiet sal beaam dat die akkuraatste (loodkern) koeelgewig vir hom 'n 100gr is.....
So vra ek die een PMP man op Huntex of hulle nie vir ons 'n 100gr wil maak ipv die 120gr Pro-Amm wat tans op die mark is. Hy reken my nee, die 120gr IS die beste koeelgewig vir die .25-06......

Nou wonder ek, hoeveel weet daai man nou regtig?
Goed, beter, 6millimeter!
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Arnold van Wyk »

Het met Willem by S&O gister gepraat, oor probleme met PMP, sy antwoord, kom ons wag vir verdere terug-voering.
Asb ek wil nie probleme kry oor ek sy "reply" hier post nie, s? dan haal ek dit af.



Hi Arnold

I forward the mail to Hendrik,he is our relaoding and ammo expert. He is in the shop and speak to clients on a daily basis. I also cc Oom Kassie from the Pretoria branch, who has more than 40 years experience in reloading, ammunition and all these issues.

I think if you look at the amount of PMP being sold in South Africa the ?returns? or problems is relativly few. Remember in the USA or Europe they have hundreds to choose from, and still have the od problem with Federal, Remington etc.  We all know that PMP is not the best, but I think we will all be supprised at the volumes that sell.

Between Hendrik and Oom Kassie we should be able to get the answer!

Kind regards

Willem
Last edited by Arnold van Wyk on Wed Oct 26, 2011 8:17 am, edited 1 time in total.
Voorheen as Bywoner, 308 Sako
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by GreyGhostGear »

Ek het nog nooit probleme op wild gehad met PMP nie,(.308, 30-06 en .375.) maar 'n algemene kwessie in hierdie "thread" is kwaliteit beheer by PMP.
Het paar maande terug 2 x 180gr rondtes in 'n 150gr pak gekry!(.308) Dit is vir my 'n teken van 'n baie swak beheer. Ek dink daar is probleme daar.
Is dit nie dalk 'n geval dat hulle soveel ammunisie jaarliks verkoop dat hulle totaal en al complacent geraak het nie? Bel laas week rond en hulle pryse is weer op met omtrent 15% by die plekke wat ek gebel het.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Johan Reyneke »

Ek het verlede Vrydag my 243 gekry en omdat ek oppad was om 'n jag uitnodiging te eerbiedig, was daar nie tyd vir lading onwikkeling en al daai mooi dinge nie. Belsuit to om sommer 2 pakkies PMP Pro Amm te koop (100gr) By die inskietbaan doen gou so bietjie loop inskiet werk met die eerste boksie. Skiet baie bont maar dis 'n nuwe geweer so verwag dit. Sukkel om die lee doppe uit die kamer te kry, en moet die slot redelik hard stamp met die hand om dit oop te maak. OK dis 'n nuwe geweer.Skiet die tweede boksie ook uit, selfde storie.  Ek besluit om nog patrone te gaan koop, gelukkig het die handelaar toe net Federal. Inskiet baan toe, eerste 3 skote regs, maar groepring op 100 meter wat met R5 stuk toegemaak kan word. Geen probleem om doppe uit kamers te verwyder nie. Ek sal beslis ook nie nie weer PMP patrone koop nie.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Otto
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Nov 30, 2010 10:29 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Otto »

Ek kom nou net van die skietbaan af. Het gedink sal die PMP's weer 'n kans gee. Nee, wat hulle kan maar hulle patrone in hulle gat opdruk. Weer dieselfde probleme. Gebruik toe Highland, met geen probleme nie. Eerste keer kon 'n vloek wees, maar twee keer agter mekaar.
8x60S (1928 Oberndorf Mauser Special African Model)
30.06 (Musgrave)
243 (Howa 1500)
12 Br (Maverick)
9mmP (CZ 75)
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Nuweseun »

Jagmaar wrote: Ek het nog nooit probleme op wild gehad met PMP nie,(.308, 30-06 en .375.) maar 'n algemene kwessie in hierdie "thread" is kwaliteit beheer by PMP.
Het paar maande terug 2 x 180gr rondtes in 'n 150gr pak gekry!(.308) Dit is vir my 'n teken van 'n baie swak beheer. Ek dink daar is probleme daar.
Is dit nie dalk 'n geval dat hulle soveel ammunisie jaarliks verkoop dat hulle totaal en al complacent geraak het nie? Bel laas week rond en hulle pryse is weer op met omtrent 15% by die plekke wat ek gebel het.
Jammer kerels, maar iets soos die is helemal onaanvaarbaar?!!!  :o ??? :o

Iemand gaan nog lelik seerkry!!
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Boerseun123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Wed Aug 04, 2010 9:07 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Boerseun123 »

Die hartseer is... dan is dit te laat! Die ou wat seer kry se oog (of wat ook al gebeur) is dan uit vir altyd en geen hofsaak of geld kan dit vervang nie!!!
"It is better to light one small candle than to curse the darkness."

Confucious
User avatar
velskoen
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by velskoen »

Ek het noudiedag 2 uit misfires uit 'n (rooi)pakkie PMP .300 Win Mag gehad. Die fout le vir seker nie by die geweer nie.
22lr (BSA), 22lr (S&W K22), 223 Rem (Tikka T3), 270 Win (Mod 70), 30-06 Sprg (Mod 70), 300 Win Mag (Mod 70), 375 H&H Mag (Mod 70), 9mm (BHP), 40 S&W (G23), 44 Rem Mag (Redhawk), 45 ACP (1911), 12 Br o/u (Brno ZH-301), 12 Br Pomp (Win SXP)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Francois Marais »

Velskoen

Tussen jou post en die vorige een, was ons al na PMP se fabriek en het met hulle gesels, spesifiek oor die misfires ook, hulle reken dal ALLE formele klagtes wat hulle al gehad het TOV misfires kon die fout by die geweer uitgewys word en nie op hulle produk nie.......formeel beteken jy moet dit op papier sit EN jou geweer vir hulle beskikbaar stel vir toetse saam met hulle produk wat jy meet fout gevind het.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
velskoen
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by velskoen »

Dankie Francois, ek het dit intussen gelees. My probleem daarmee is die volgende: ek het al heelwat Pro-Amms, 'n klompie African Elites, en Remingtons met daardie geweer geskiet. Daar was geen misfires nie, net daai twee, wat uit een pakkie (en lot) gekom het. So, my logika se vir my hulle vat 'n kans....min ouens gaan hulle gewere aan toetse onderwerp as die probleem nie aanhou nie.

Groetnis

Gert
22lr (BSA), 22lr (S&W K22), 223 Rem (Tikka T3), 270 Win (Mod 70), 30-06 Sprg (Mod 70), 300 Win Mag (Mod 70), 375 H&H Mag (Mod 70), 9mm (BHP), 40 S&W (G23), 44 Rem Mag (Redhawk), 45 ACP (1911), 12 Br o/u (Brno ZH-301), 12 Br Pomp (Win SXP)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Francois Marais »

Velskoen
.min ouens gaan hulle gewere aan toetse onderwerp as die probleem nie aanhou nie.
Slaan jy hom oppi kop......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by JHS »

Naand. Ek wil nou net hoor ons herlaai nie self nie en koop nog maar altyd patrone. Die probleem is dat dit nog altyd pmps was. Nou my vraag watse patrone stel julle voer moet ek liewers in die plek van pmps koop. Dis nou vir i223 en i243 geweer.                                                      Sal baie graag wil uitvind dat I mens kan verander van patrone Luister baie graag.                                  Groete
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Johan JvR »

JHS

Ek laai self(geen benul wat kos patrone van rak af nie), toe vra my skoonpa my die einste vraag so paar dae terug.

Hy het reggekom by Camdix. Federal en Winchester was amper dieselfde prys per pakkie as die pmp (in die omgewing van R 280). Ek dink as ek moes koop sou ek ook een van daai 2 kies. Beide maak patrone gelaai met nosler koeels ook, weet netnie wat hulle kos of wat die reekse genoem word nie. (as jy beter koeel soek)

groete
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BRNO (Pierre) »

Ek sal die jaar vir die eerste keer met my self gelaaide patrone jag, as alles goed gaan ;), maar het die afgelope vyf jaar uitsluitlik met Federals gejag. Van n springbok, vlakvark, en laas jaar n eland. teen die prys watjy vir dit betaal, het jy volgens my baie gemoedsrus. Jy kan die Federals maar gooi.

Ek skiet .30-06, en het die 180's gebruik.
Veiligheid eerste manne!
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Umshwati Boy »

Haven't used PMP Ammo for about 10 years or so, but was surprised to see that they see their PRO-AMM as premium ammo. 300 Win Mag Pro Amm's were priced exactly the same as a box of Hornady Superformance 165gr Loaded with GMX Bullets. Was approximately R500 or thereabouts. I reload, so it doesn't affect me how they make their ammo or price their cases (Use mostly Remington/Winchester Cases). But their ridiculous high prices along with poor quality control, has made me recommend imported brands when friends ask what ammo to buy. After seeing the reviews on the Hornady GMX posted, its actually a case of encouraging them not to buy PMP.
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Umshwati Boy »

Forgot to add, the only PMP product I have used of late was their Primers, closest gunshop didn't stock and needed urgently. Anyways, took aim on a Kudu, pulled the trigger, click, WTF >:( Pulled bolt back slightly and reloaded same cartridge, pulled the trigger, click, >:( >:( >:( Kudu still standing there but noticing something's not right, Reload fresh cartridge, Pulled trigger, Bang, Kudu dead. Still have the cartridge with a firing pin mark that showed the firing pin hit as it should. Reminder to never use PMP Primers again. Has never happened before the PMP Primers and getting stock of my normal CCI Primers means it probably never will.
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek skud maar net my kop oor hierdie goed! Die trippie van n rukkie terug na PMP was baie goeie PR werk van hulle kant af. Dit voel vir my Martino was agter alles "Ek kul jou hier ek kul jou daar en siedaar!" Die probleme is werklik en word huidiglik net weggepraat. Hoe in de lewe is Pro Amm  premuim amunisie? Hoe kan dit enigsins gesubstansieer word dat dit dieselfde geprys kan wees as bv Hornady se GMX reeks aminusie?

Hierdie is n groot Forum en snaaks genoeg as ons praat oor misfires is dit 99% van die tyd n PMP primer en dan moet jy hoor dit is jou geweer se skuld wat snaaks genoeg dit nog nooit met n ander primer gedoen het nie! Komaan wie val hiervoor? As ons praat van herlaaikomponente spisifiek doppe sal ek my kop in skaamte sak as my doppe soveel as 16gr op spesifieke kaliber in gewig verskil! Toe hulle daaroor gevra was met die besoek toe word daar gese daar is vier mashiene wat die doppe vervaardig en alles word saamgegooi en dat dit die rede is vir die KLEIN verskil in gewigte. Die feit is die doppe verskil nog steeds al is die rede vir die verskil gegee!

Die kaart van TROTS SUID AFRIKAANS word gespeel maar dan steek ons produk af teen die res van die wereld. Dit is vir my onaanvaarbaar op die beste van tye. Kry jou produk reg en hou op met die verskonings en oeverblindery. Hier het ons wonderlike vervaardigers in ons land in bv die koeelbedryf sonder hierdie verskonings. Hoekom kan dit nie ook so wees in die aminusie sektor nie? Kry dit reg en ek is die eerste persoon wat bankvas agter jou staan maar moet nie my intiligensie gaan onderskat nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Chevvy SS »

Ek het verlede week 120 pmp doppe weggegooi omdat die gewigte so dramatoes verskil- tot amper 10g op my 7x64.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by tripodmvr »

Snaaks dat jy dit met 7x64 kry. Myne was nog deur die bank redelik in ooreenstemming. Op 375, 303 en 243 het ek baie groot verskille gekry. As ek met QL kyk kan 'n verskil van 10gr op die dop 'n 2 gr verskil op die interne volume maak wat dan neig na 40-50vps verskil.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Jan Nel »

Manne

Ek herlaai al vir so 30 jaar, in 'n groot verskeidenheid van kalibers, maar het altyd net gelaai om so gou moontlik dit weer uit te skiet, maw sonder om ernstige aandag aan akkuraatheid te gee.  So 1.5 duim op 100m was vir my ok, ek het basies net bosveld gejag en meerendeels PMP doppe gebruik.  Ek het ook fabrieks PMP Pro-Amm (170gr) geskiet met my 7x57 en die doppe (omtrent 300) gehou. 

Die laaste bok met die ProAmm's was 'n gemors.  Op omtrent 30m skootafstand het die bosbok ram met 'n mooi nekskoot weggehol!  Omtrent 3 weke later het ek hom toevallig weer in die veld raakgeloop en geskiet, sonder probleme.  (Ek kon hom uitken aan een af horing).  Aan die kant van sy nek was 'n sweer omtrent 7cm in deursnee, maar die vleis dieper as so 1cm onder die vel was totaal onbeskadig!  Die koeel het op impak heeltemal gedisintegreer!  Ek het so iets nog nooit gesien nie.  Gelukkig was my plaas bestuurder my getuie by beide geleenthede.

So twee jaar gelede besluit ek om "ernstiger" te herlaai en bes moontlike akkuraatheid na te streef, het my gewere vervang en baie herlaai tyd begin spandeer.  Onder andere het ek die 7x57 PMP Pro-Amm doppe geweeg - tot 21 grein verskil in gewig!  Nodeloos om te se, het ek hulle almal weggegooi.  Die Norma 7x57 doppe wat ek toe aangeskaf het, weeg almal binne 1 grein van mekaar.  Nooit weer PMP nie. 

Groete
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by FHM »

Dagse manne,

ek jag al baie lank met PMP (ProAmm 180 gr) en was seker maar gelukkig om sover insident vry in die jagveld daarvan af te kom. Ek het 2 weke terug vir my African Elite (swith A frames) gekoop en Laasweek Dinsdag en Vrydag 3 pakke koels op die skietbaan gebruik. (.270 / 30-06)

Met eerste blik het ek gesien die koels uit elke pak se seating in die dop veskil met soms to meer as n millimeter in diepte van koel tot  koel - dit het klaar my moed laat sak. My gewere het bi-pods voorop en die barrels is ge-freefloat, verder het ek doelbewus elke skoot met n koue loop geskiet om spesefiek na groepering te kyk. Wat n frustrasie ! ???  Mens kry 2 en 3 en soms tot 4 skote na mekaar binne 30 mm op 100 m ....maar dan n flyer met tot 100 mm weg van die mikpunt. Ek bid net dat ek nie n flyer laai op my kudu en 4 sprinbokke die komende naweek nie.

En oja - net vir sout in die wond - ek het R 700 per boks patrone betaal - dis R 35 elke keer as die skoot klap - en vir daai prys verwag n man darem wraggies consistancy op n pak patrone en sonder 'flyers'. Ek dink na die laaste 2 pakke African Elite uitgeskiet is - gaan ek deffenetief na n ander brand begin soek vir my jagdoeleindes. Ek hoor goeie dinge van Federal patrone by die manne op die baan en in die forum.

PMP het waaragtig n ou klient verloor!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by tripodmvr »

Brass Manufacturer Aver. Wt.
(Sample) Extreme
Spread Standard
Deviation
Lapua (new lot) 93.35 (100) 1.2 gr 0.31 gr
Hornady 93.88 (50) 1.7 gr 0.43 gr
Federal 96.28 (50) 2.3gr 0.75 gr
Lake City '04 92.97 (50) 2.5 gr 0.61 gr
WCC 99 95.5 (20) 2.9 gr 0.74 gr
IMG (Guatemalan) 95.42 (25) 3.1 gr 0.88 gr
PMP 104.4 (50) 3.9 gr 0.93 gr
Radway 96.05 (50) 4.1 gr 0.89 gr
PMC 93.48 (20) 4.6 gr 1.36 gr
Remington 92.33 (50) 4.9 gr 0.85 gr
Winchester 93.91 (44) 6.5 gr 0.96 gr

Gewigte van 223 doppe soos vanaf Amerikaanse webtuiste - gewig, aantal, grooste verskil, SD
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by tripodmvr »

.223 Rem Case Weight vs. Capacity

Case Manufacturer Case Weight* H20 Capacity**
Lake City 06 92.0 30.6
WCC99 95.5 30.5
Sellier & Belloit 92.3 30.5
Remington 92.3 30.4
PMC 93.5 30.4
Hirtenberger 93.7 30.4
Lake City 04 93.0 30.4
Federal 96.3 30.2
Hornady 93.9 30.1
IMG (Guatemalan) 95.4 30.1
Lapua (new lot) 93.4 30.1
Winchester 93.9 30.1
Olympic 97.4 30.0
Radway Arsenal 96.1 30.0
PMP 104.5 29.9
FNM 93-1 97.3 29.8
Lapua (old lot) 104.0 28.0
.223 AI Case Capacities
Lapua (old lot) 103.4 30.9
Winchester 95.5 32.2
Lapua (new lot) 93.4 32.4
Lake City 02 93.0 32.5
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply