Dagse aan al die manne.
Ek is so geireteerd dat jy met my kan koekkies bak!
Vir my is een van die ongelooflikste/niceste/lekkerste/beste gevoelle op aarde(ek weet ek het 'n siekte en is verslaaf), om daai nuwe roer, die een met die lisensie wavoor jy so lank gewag het, die eerstekeer op die baan kan skiet!
So gebeur dit toe met my, my nuwe sako 375H&H.
Manne, skiet daai beauty nou vir jou lekke!! Ek begin hom toe sommer dadelik te laai en ladings uit te werk ma dit gaan maar sukkel sukkel so vir 'n beginner. Gelukkig is daar manne soos Wouter en Dok om my sommer vinnig op die regte spoor te sit en gou kom die groeperings reg.
Kerels maar hier is waar my probleem toe kom.
Ek kry toe met Wouter se hulp 'n stunning groepering, maar die teleskoop is op sy maksimum elevasie verstelling nog nie gezero nie en skiet steeds te laag.
Ek voel bietjie onrustig oor om die agterste basis te "shim" en wonder oor die stewigheid.
Ek oorweeg ander ringe en bases en selfs 'n ander teleskoop!
Enige iemand ander idees?
Maksimum elevasie verstelling op teleskoop nie genoeg nie
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Maksimum elevasie verstelling op teleskoop nie genoeg nie
Nuweseun
Ander basisse gaan nie veel help as hulle nie verskil in elevasie nie. Die enigste werkbare oplossing is om die agterste basis te shim of om vir jou pasmaakbasisse te laat maak met die agtersste een effens ho?r. As die shimwerk reg gedoen is werk dit uitstekend. Voel jy egter nie tuis daarmee nie is 'n teleskoop met meer verstelruimte die antwoord.
Terloops, ek het sommer al waterpapier geneem en dit onder aan Lynx ringe geplak en dit werk tot vandag toe nog uitstekend.
Groetnis

- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Maksimum elevasie verstelling op teleskoop nie genoeg nie
Hi Ek het die selde probleem met my Burris 6.5 X 20 op my Howa 243 gehaad gemonteer op n 0moa picatinney rail. Ek het toe n 20moa rail bestel en my probleem is toe heeltemal opgelos.
Hoop dit help
Hoop dit help
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Maksimum elevasie verstelling op teleskoop nie genoeg nie
Hallo Manne
Askies man hier is bietjie meer inligting, Dis 'n Sako 85 375H&H met n Zeiss Duralyt 3-12 X 50 met 30mm tube op Leupoldt QD basise en ringe.
Ek kan nie laer ringe gebruik nie, aangesien die teleskoop die loop net net nie raak nie.
Baie danjie vir julle hulp, eks regtig raad op!
Groete

Ek het met 'n grootkop by Leupoldt gesels en die beste/eenvoudigste manier is maar om te shim.
Hulle het shims wat hulle gratis verskaf en een behoort my so 12" elevasie terug te gee, wat my probleem sal oplos.
Dankie vir julle hulp en hoop die post sal iemand kan help en die frustrasie kan spaar.
Groete
Hulle het shims wat hulle gratis verskaf en een behoort my so 12" elevasie terug te gee, wat my probleem sal oplos.
Dankie vir julle hulp en hoop die post sal iemand kan help en die frustrasie kan spaar.
Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Maksimum elevasie verstelling op teleskoop nie genoeg nie
Laat weet asb. waar jy die man van Leopold in die hand gekry het. Het jy die ringe "gelap" na jy die 'shim" in ge sit het?
Willem
Willem
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Maksimum elevasie verstelling op teleskoop nie genoeg nie
Willem
Ek het 'n mail gestuur op hulle web werf en toe het hy my gemail en toe so gesels.
Ek het 'n kontak in VSA wat vir my die shim soontoe laat aanstuur en dan sal hy dit weer vir my pos. bietjie langdradig, ma eks partykeer maar 'n pyn. Ek sal hulle dan moet lap as ek die shim in het.
Sal laat weet sodra ek dit gedoen het en wat die resultaat is.