begin!!!

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

begin!!!

Post by cassie_calvinia »

manne, my foxpro het vandag gekom oor die pos! die naweek is dit sulke tyd! wens my maar sterkte toe. ons het al 60 lammers die jaar verloor.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: begin!!!

Post by Raven »

Cassie,

Ek hoop regtig jy kry die jakkalse....

Net 'n paar dinge.

Dit is amper volmaan die naweek, so jy sal jou staanplek baie goed moet kies tussen die bosse, anders gaan jou bakkie en jy baie uitstaan en kan dalk net jou eerste roep bemoeilik.

Ek sou jou aanraai om nog te wag tot die 16de, dan kom die maan so 11uur die aand op en jy kan nog tot so uur daarna jag.

Ek weet die gesoute manne  jag op volmaan ook, maar dan moet jy jou storie goed ken en weet hoe om jou dimmer te gebruik/ staanplek.

As jy die naweek moet jag, probeer jou staanplek so kry dat die maan agter jou is, as die wind dit toelaat, en soeklig moet volsterkte wees. As jy bietjie hoogte by staanplek het gebruik dit, sit stil, beweeg min.
Nightvision werk lekker vir my in die tyd, maar bakkie moet nogsteeds goed gecamo wees tussen bosse.

Roep min, skiet raak.... Sterkte.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: begin!!!

Post by Blackie Swart »

Geniet die jag Cassie.Skiet raak en wees net geduldig met die roepery.Die foxpro is n lekker roeper met goeie klanke.Ek het egter net myne se klanke verander met ander klanke.Onthou net iets wat vir my al gewerk het,Moenie vol op n jakkals lig nie.Lig so dat net die ring van die lig sy oe laat glans.Laat weet hoe dit gegaan het.
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
Post Reply