Hallo Almal
Ek is in die proses om 'n 25-284 te bou. Ek gaan 100gr punte skiet.
Is daar iemand wat die kaliber al gebruik en ondervinding het met hom?
Groete
Zack Benade
25-284
-
Zack Benade
Re: 25-284
Dankie Ludwig
Ek is nog oop vir verandering. Ek is 'n 6BR man
:)wat op soek is na spoed en plat skiet.
Ek wil graag ligter punte teen hoe spoed skiet met 'n 1-10 twist. Op die .25 loop is die 1-10 twist reg is vir die 100greiners.
Die afstand wat ek die geweer wil gebruik is maks 350m.
Jy gebruik ook 6.5-284 lapua doppe wat jy 'n bietjie afnec.
Ek weet die 6.5 punte is baie goed wat BC betref. Ek sal verseker aan die 6.5-284 dink as ek 'n 1-10 twist kry( Dis baie skaars).
Die 6.5-284 gebruik gewoonlik die bietjie swaarder punte op 'n 1-9 twist loop.
Wat doen die 6.5-284 1-9 twist met 100gr punte?
Dankie vir jou hulp en raad.
Groete
Zack

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 25-284
Die .25-284 behoort baie dieselfde as die 25-06 te perform en volgens my is die daar beter.
Ek sou eerder vir die standaard 6.5-284 gaan met 'm 1:9 twist loop en die 108gr Lapua Scenar skiet.
Anders dalk 'n 6mm Rem AI waarmee jy 'n 95gr Berger teen so 3450 fps skiet.

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 25-284
Zack
Jy gaan meer lope koop as wat jy gaan skote skiet.......

As jy net 350m wil skiet het jy nie REGTIG n 25-284 nodig nie, sal saam met Arnold se bogenoemde voorstelling gaan.....of.....ek weet van ontwikkeling wat aan die gang is op n 7X57 dop, ge-ackley en genek vir 25 kal, skiet n 115gr punt 3350ft/sec, jy gaan niks meer as dit nodig he nie. Sal ook seker so 50 skote meer op n loop kry

Cheers
Cois

Dankie aan almal vir julle insette. Al wat ek nou kan s? is dat ek nou eers onseker is.
Ek dink ek moet 'n rukkie terugsit en goed dink.
Groete
Zack
Ek dink ek moet 'n rukkie terugsit en goed dink.
Groete
Zack
-
Zack Benade
Re: 25-284
Dankie almal vir julle insette.
Ek het besluit op 'n 6.5-284 met 'n Broughton Loop 1:9 twist.
Hopelik sal Ters by S&O mooi na my kyk en my kersgeskenk vroeg aflewer.
Francois, Arnold, Ludwig
Julle moet solank die springbokke vetmaak vir volgende jaar.
Groete
Zack
Ek het besluit op 'n 6.5-284 met 'n Broughton Loop 1:9 twist.
Hopelik sal Ters by S&O mooi na my kyk en my kersgeskenk vroeg aflewer.
Francois, Arnold, Ludwig
Julle moet solank die springbokke vetmaak vir volgende jaar.
Groete
Zack
-
Zack Benade
Re: 25-284
Hi
Die 6.5-284 gaan ek net gebruik vir jag. Ek glo die loop gaan langer hou want ek beplan nie om hom warm en aanhoudend te skiet soos op 'n skietbaan nie. Ek het aanvaar dat ek na hom sal moet kyk anders sal ek maar gereeld 'n nuwe loop moet kry. Jy moet vrede maak hiermee.
Ek hou van goed wat nie elke man het in sy kluis nie. Ek is eintlik 'n 6BR man. Wat 'n kaliber veral as jy hom begin ken.
Ek voel baie keer soos Harry Potter as ek deur sy scope kyk. Glo my, hy kan toor.

Eers lag die manne as hulle die klein doppie sien. Gewoonlik staan die manne met oop monde wat drup as ek besig is met die tower spel. . Daarna kan hulle nie glo dat so 'n klein doppie so kan skiet nie. Die eerste ding wat hulle doen is om 'n chrony nader te pluk. Nog 'n fout want dan hang hulle monde nog groter oop.
Wat ek egter hard geleer het is dat die 6BR ook sy beperkings het.
Veral as jy vinnig moet skiet en nie altyd tyd het vir 'n rangefinder nie. Ek is een van die jagters wat lui geword het wat afstand skat betref. Jy maak maklik groot foute. Dis hier waar ek die 6.5-284 nodig gaan kry.
In die nag is die 6BR redelik goed want jy skiet nie so ver nie.
My huidige BR is op 'n RSA gebou met 'n 266 neck. Ek moet nog besluit of ek die 6BR wil oorbou op 'n Sako 75 aksie en dan die RSA te gebruik vir die 6.5-284. Ek glo nogal in die RSA's. Ek moet nog besluit oor die neck van die 6.5-284 maar gelukkig is daar nog genoeg tyd hiervoor.
Ek het klaar 'n Boyds Ross FT stock en 'n Nightforce 12-42x56 wat wag vir die 6.5-284. Om nie eers te praat van 'n skietvinger wat juk nie.
Dankie vir al jou insette. Ek is bly jou geweer is ook binnekort 'n werklikheid. Jy sal hom baie geniet.