Pre-Fit Barrels

Post Reply
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 564
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Pre-Fit Barrels

Post by Dumbluck »

'n Lekker aksie en pre-fit loop begin vir my al hoe meer sin maak vir 'n high-end / custom geweer.

Geen geweersmid nodig vir elke nuwe loop of kaliber wat jy wil skiet.

My vraag is nou, is dit 'n kwessie van die aksie en lope apart lisensieer en dan kan jy hulle aanskroef soos jy wil?
Wat mis ek? Ek is seker hier is manne met ekstra lope, vertel asb. hoe werk die lisensieering.
'n Sako Quad behoort ook dieselfde paadjie te loop.

Patriot het tans 6 creed pre-fit lope vir 'n Impact en Kelbly aksie, ek is seker hul sal kan invoer op bestelling. Ek kon nie gister vir Jordan in die hande kry nie. Teen R18k teenoor R14k vir 'n blank wat nog moet gesny word deur 'n geweersmid dink ek dis 'n bargain. Net die tyd en moeite wat jy sal spaar sal dit die moeite werd maak.

Natuurlink gaan die aksie en sneller jou kos, ma dit klink soos 'n langtermyn plan.
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
Post Reply