Mule deer 2026, check

Post Reply
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 885
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Mule deer 2026, check

Post by BenJacobs »

Ek het 'n tydjie terug oor my eerste dier met die boog geplaas.

Van toe tot nou het ek gereeld probeer om 'n kans te kry om met die boog 'n Mule deer te kry. Daar was 2 mooi ramme wat ek gesien het, maar nooit 'n kans gekry op een nie.
Wat dinge so bietjie moeiliker maak was dat ons oestyd het baie langer gevat as wat ons beplan het en 7 dae 'n week 14 ure 'n dag laat nie veel vir jag nie.

My broer het bietjie vir my kom kuier (hy is ook hier in Kanada) en ons het 'n draai gery om bietjie te soek vir coyotes. Niks gekry nie, maar toe ons terug kom op ons kleinhoewe (omring deur landbou grond) toe sien hy 'n jong ram.

Vinnig besluit dat so laat in die seisoen, sal ek hom skiet (seisoen sluit einde van die maand) ons het hom tot op so 30m bekruip en ek het 'n fout gemaak om nie die wind van agter in ag te neem nie.
Dit en die feit dat hy toe koes met die skoot het gamaak dat my pyl hom in die kop tref en so 2 duim penetreer. Glad nie 'n goeie skoot nie, maar sulke goed gebeur.

Hy het koers gekies in die buurman se grond in en na 'n paar oproepe kon ek toestemming kry en het sy spoor vir so amper 2km gevolg waar ek hom in 'n bos kol kry lê het.
Alles het nie soos beplan gegaan nie, maar tenminste kon ek hom kry. Bly ek kon 'n slegte skoot darem nogsteeds kry.

Groete Ben
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 885
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Mule deer 2026, check

Post by BenJacobs »

Hy het plat neergeslaan met die skoot en weer opgespring toe ek nader gestap het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply