Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by ThinusS »

Eduard Venter wrote: Tue Sep 15, 2026 9:17 am
Aspirant PHe debatteer gewere en kalibers vir ure, terwyl ek dink n verkyker is n veel belangriker stuk toerusting. Dit is waar foute gemaak word wat geld kos

Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Baie goeie raad en 'n goeie verkyker gaan net soveel kos as 'n goeie geweer.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2187
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Ds J »

Terugvoer:

Ek het kontak met enkele uitrusters en het hulle ook gekontak. Die raad is baie dieselfde as hier op die forum:

- begin met n 300 want n jong beroepsjagter skiet aan die begin meestal vlaktewild en dit belangrik om vinnige, plat doodskote op gekweste wild te kan skiet

- spaar en kry 'n swaarkaliber roer soos die ervaring jou lei
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Toxxyc »

Ek is nie 'n uitruster of PH of enigiets nie, maar ek sou die .300 met 'n .30-06 omgeruil het, om eerlik te wees. Hy kan amper net so plat en net so vinnig skiet as die 300, maar jy skiet nie 'n magnum dop nie. Die afstande waarop die 300 gaan uitblink is, as jy my vra, verder as wat hy professioneel gaan skiet, meeste van die tyd. Die .30-06 vat ook minder kruit, doppe hou langer, en is goedkoper. Geweer gaan ook nie so rof skop nie, so kliente kan ook met hom skiet.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2187
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Ds J »

Toxxyc wrote: Sat Oct 10, 2026 5:45 am Ek is nie 'n uitruster of PH of enigiets nie, maar ek sou die .300 met 'n .30-06 omgeruil het, om eerlik te wees. Hy kan amper net so plat en net so vinnig skiet as die 300, maar jy skiet nie 'n magnum dop nie. Die afstande waarop die 300 gaan uitblink is, as jy my vra, verder as wat hy professioneel gaan skiet, meeste van die tyd. Die .30-06 vat ook minder kruit, doppe hou langer, en is goedkoper. Geweer gaan ook nie so rof skop nie, so kliente kan ook met hom skiet.
Ek het hierdie kwessie met die uitrusters aangeraak, en daar is 'n saak ter sprake waaraan ons vleisjagters nie dink nie. 'n Tradisionele lood-koper-koeël maak vinniger dood as 'n monolitiese koeël, net omdat hy bietjie meer fragmenteer en 'n groter wond veroorsaak. Net so: n 300 Maak vinniger dood omdat hy vinniger skiet en dus nog groter skade maak.

Beroepsjagters skiet gewoonlik vir trofeë, en daarom is vleisskade nie 'n probleem nie. Hoe vinniger 'n dier dood is, hoe vinniger kan die jag voortgaan.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Toxxyc »

My punt is, jy kan die 3006 baie naby aan die 300 laat skiet, veral met die ligter 165-gr klas pitte. En glo my, 'n 3006 skiet vinnig dood. Die ding kan rof skade maak, en nie alle PH's skiet vir trofees nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3984
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by tau »

Toxxyc wrote: Sun Oct 11, 2026 12:47 pm My punt is, jy kan die 3006 baie naby aan die 300 laat skiet, veral met die ligter 165-gr klas pitte. En glo my, 'n 3006 skiet vinnig dood. Die ding kan rof skade maak, en nie alle PH's skiet vir trofees nie.
'n 300 WM skiet 'n 200gr koeel teen 2910fps.

Jy gaan moontlik kwesbokke of vreemde hoeke en afstande moet skiet. 'n PH skiet nie sommer nie, maar as hy skiet is dit om die dier doo/plat te kry dan is vleiskade en skootplasing gewoonlik iets van die verelede.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply