.338 RCm Herlaai Data

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2324
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

.338 RCm Herlaai Data

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Erens in die nabye toekoms moet ek die oudjie begin herlaai, met gebrek aan lading en sonder QL het ek jare terug n lading met S335 gekry wat nie sleg geskiet het nie maar het na dit fabrieks rondtes uitgekoop en dit is nou op sy einde. Wil graag die oudjie begin uitsorteer aangesien dit n verskriklike lekker dra roer is wat stamp

Speel met die idee van of 225gr SST of CX en of dalk 250gr Ronde Neuse. Sal nogals daarvan hou is ek hier erens tussen 2700-2750fps kan draai in sy 20" loop. Hierdie kaliber is nou nie werklik oral beskikbaar nie maar as julle opinies het gooi hom deur!!

Met sy kort aksie, 20 duim lopie maak dit n lieflike bosveld roertjie
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13554
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .338 RCm Herlaai Data

Post by Capt. Yoda »

Kobus, dis die eerste keer in my lewe laat ek van die kaliber hoor maar as ek so na GRT kyk lyk die nie of jy met S335 en n 225gr by 2700fps gaan uit kom nie, meer by 2500fps.

Die klompie kuite wat ek nou na gekyk het is daar nie regtig een wat ver oor 2500fps kom nie maar dalk is daar iemand met meer ondervinding met die kaliber wat beter sal weet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2324
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: .338 RCm Herlaai Data

Post by JAGTERSREG-JRM »

Capt. Yoda wrote: Thu Aug 06, 2026 7:47 am Kobus, dis die eerste keer in my lewe laat ek van die kaliber hoor maar as ek so na GRT kyk lyk die nie of jy met S335 en n 225gr by 2700fps gaan uit kom nie, meer by 2500fps.

Die klompie kuite wat ek nou na gekyk het is daar nie regtig een wat ver oor 2500fps kom nie maar dalk is daar iemand met meer ondervinding met die kaliber wat beter sal weet.
.338 RCM is entlik n lekker gunnie en nie baie in SA ingekom nie, ek weet van so 3 maar dis ok dit. Basie 375 Ruger dop wat kleiner gemaak is en afgenek is na 338 toe (idee was om n "short magnum" te maak wat doen wat die 338 Win Mag doen maar net uit 20" loop uit). Het die roertjie al seker 7 jaar en baie bokke geskiet, ek het fabrieks rondtes geskiet 225gr teen om en by 2770fps en moet se n bok val redelik hard.
Last edited by JAGTERSREG-JRM on Thu Aug 06, 2026 9:16 am, edited 1 time in total.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2324
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: .338 RCm Herlaai Data

Post by JAGTERSREG-JRM »

Sommer so 1 trippie se bokke
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13554
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .338 RCm Herlaai Data

Post by Capt. Yoda »

Nee lekker, ek weet nie watse kruit daai manne gemix het nie maar kom ons kyk dalk weet Wouter iets
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7556
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .338 RCm Herlaai Data

Post by Wouter Roets »

Kobus

Hornady gebruik n spesisiale kruit wat nie beskikbaar is vir ons herlaaiers in die 300RCM, 338RCM,375Ruger en 416Ruger. Dit is die rede hoekom hulle by die standaard magnums se spoed kan uitkom in n 24 duim loop van die Rugers. Ek het ook destyds hard gesoek na die 300 en 338RCM maar hulle was so skaars soos hoendertande en dit was ook nie lank voordat beide se produksie gestaak was nie. Ek glo daar was n paar faktore waarvan jou huidige probleem een was. Herlaaiers kon eenvoudig nie by die fakbrieks snelhede uitkom nie.

My raad is om vrede te maak met die snelhede wat jy gaan kry met ons beskikbare poeiers en te aanvaar dat jy basies met rondte gaan sit wat in die 338-06 klas is. Ek sal hier by 55gr S355 probeer met n 225gr koeel vir n nodespoed in die orde van 2530ft/sek. Vit N550 kan ook werk met n nodespoed van so 2550ft/sek. Ek glo Rudie se Spoor koeels in 225gr sal bitter mooi werk. Jy kan wegkom met konventionele koeels, maar ek voel net dat Rudie se koeels goed geprys is selfs teen hierdie tiepe koeels en jy kan nie vir beter vra in terminale gedrag nie. So in die bos skiet jy basies van enige hoek sonder om te bekommer oor jy die vitals gaan tref nie met min vleisskade.

Groetnis
Wout

Ps As jy van daai roertjie wil ontslae raak weet jy met wie om te praat.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2324
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: .338 RCm Herlaai Data

Post by JAGTERSREG-JRM »

Ps As jy van daai roertjie wil ontslae raak weet jy met wie om te praat.
[/quote]

Dankie Wouter

Dis n lieflike gunnetjie en geniet hom baie. Spoed is nie vir my alles nie want die setup is waaroor dit vir my saak maak.....baie lekker dra wapen veral met sy houtkolf. Ek sal na Augustus begin aandag gee aan haar en ha bietjie uitsort. Sal Rudie se koele in gedagte hou en 2500-2600fps sal ook bitter lekker werk vir alles in die bosveld.

Ja die dat hulle so skaars was maak dit moeilik en die wapens het ook nie rerig verkoop nie. Weet ek het 2 aan my kant verkoop ma da was seker nie meer as 5 in die land nie. Jammerte eintlik
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply