Ek soek asb julle manne se raad vir interessantheid.
Ek het minder as n maand terug nuwe stel Maxxis bande gekoop nadat ek net goeie goed gelees het van die spesifieke bande.
Die naweek was ek bietjie plaas toe en was baie geskok en teleurgesteld toe ek skade gekry het op een van die bande.
Die heel naweek in die bos het goed gegaan, maar oppad uit was n probleem. Die pad is grondpad wat dan aansluit by die deurpad met n klein verskil in hoogte tussen die grond en teerpad. Voorlopige terugvoer van die tegniese persoon by Maxxis is dat dit nie n fabrieksfout is nie maar n verbuikersfout. Nou is my vraag, wat gaan gebeur met die bande is ek oor n groterige klip ry of n pothole tref.
Ek kan verkeerd wees, maar hel na 120 000km met die Firestone Destinations en +/- 50 keer wat ek dieselfde pad gery het het ek nog nooit n probleem gehad nie. So ek voel die band gefaal het, maar laat weet asb wat dink julle.
Maxxis Razr AT811
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Maxxis Razr AT811
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Maxxis Razr AT811
Daardie is 'n puncture gat, nie iets wat gebeur met 'n grondpad wat by 'n teerpad aansluit nie, behalwe as daar iets soos rebar is wat uitsteek. Ek weet party stompe in the grond maak ook so met bande. Ek het met HT bande op my bakkie op die plaas gery vir 'n ruk, en hulle het ook sulke gate gekry (alhoewel nie so diep nie). Ek is gese dis OK, solank jy nie die staal kan sien binne die band nie, want dan gaan hy roes en dan gaan hy moeilikheid optel.
Het jy 'n waarborg op die bande gevat? As dit 'n rustige grondpad was sou ek se ja, dit is 'n band fout. Maar die Maxxis AT811 is 'n sagte band wat meer gemaak is vir nat paaie, soos ek daarna kyk. Mense rave oor die wet performance, en dit se vir my dis 'n nat band, wat sal verduidelik dat hy sukkel met skerp goete wat hom peper.
Het jy 'n waarborg op die bande gevat? As dit 'n rustige grondpad was sou ek se ja, dit is 'n band fout. Maar die Maxxis AT811 is 'n sagte band wat meer gemaak is vir nat paaie, soos ek daarna kyk. Mense rave oor die wet performance, en dit se vir my dis 'n nat band, wat sal verduidelik dat hy sukkel met skerp goete wat hom peper.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Maxxis Razr AT811
Bande was pap binne 30 sekondes na ek die teerpad getref het, so nee was verseker nie n stomp of rebar nie. Daai skeer is ook amper 3cm lank, dis nie n gat nie.Toxxyc wrote: Wed Jun 17, 2026 2:02 pm Daardie is 'n puncture gat, nie iets wat gebeur met 'n grondpad wat by 'n teerpad aansluit nie, behalwe as daar iets soos rebar is wat uitsteek. Ek weet party stompe in the grond maak ook so met bande. Ek het met HT bande op my bakkie op die plaas gery vir 'n ruk, en hulle het ook sulke gate gekry (alhoewel nie so diep nie). Ek is gese dis OK, solank jy nie die staal kan sien binne die band nie, want dan gaan hy roes en dan gaan hy moeilikheid optel.
Het jy 'n waarborg op die bande gevat? As dit 'n rustige grondpad was sou ek se ja, dit is 'n band fout. Maar die Maxxis AT811 is 'n sagte band wat meer gemaak is vir nat paaie, soos ek daarna kyk. Mense rave oor die wet performance, en dit se vir my dis 'n nat band, wat sal verduidelik dat hy sukkel met skerp goete wat hom peper.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Maxxis Razr AT811
Daai is eina op n nuwe band. Ek het net goeie diens van maxis gekry op slegte paaie teen 1,6 bar jag bakkie. Baie minder pap wiele as met enige iets anders wat ek al probeer het en hulle doen goed op teer en nat pad ook.
Na my laaste nuwe stel het ek vinnig 2 verloor. Een n rebar deur die loopvlak en sidewall gesteek op grondpad, en ander een oor n treinspoor met bloudraad om gery in die lang gras. Beide gevalle dink ek sou enige band eindig, maar dis hard op die sak gewees en ek is nou maar weer terug goedkoop bande toe.
Ek het in baie klipveld gejag met die maxis en nooit hierdie probleem gehad nie. Dit sal maar moeilik wees om te bepaal of jy n swak band gekry het en of jy maar net iets sleg in die pad getref het
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Na my laaste nuwe stel het ek vinnig 2 verloor. Een n rebar deur die loopvlak en sidewall gesteek op grondpad, en ander een oor n treinspoor met bloudraad om gery in die lang gras. Beide gevalle dink ek sou enige band eindig, maar dis hard op die sak gewees en ek is nou maar weer terug goedkoop bande toe.
Ek het in baie klipveld gejag met die maxis en nooit hierdie probleem gehad nie. Dit sal maar moeilik wees om te bepaal of jy n swak band gekry het en of jy maar net iets sleg in die pad getref het
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Maxxis Razr AT811
Kon dalk skade opgetel het in die veld en maar net die gees gegee het met die opklim op die teerpad. Ek kan nie sien hoe die teerpad/grondpad opklim 'n band so kan beskadig nie. Ek doen dit elke liewe keer wat ek ry en nog nooit so iets gesien nie. Ek dink die teerpad het 'n skerp ding daar iewers wat uitsteek as jy seker was dit het daar gebeur.sako 30-06 wrote: Wed Jun 17, 2026 2:12 pmBande was pap binne 30 sekondes na ek die teerpad getref het, so nee was verseker nie n stomp of rebar nie. Daai skeer is ook amper 3cm lank, dis nie n gat nie.Toxxyc wrote: Wed Jun 17, 2026 2:02 pm Daardie is 'n puncture gat, nie iets wat gebeur met 'n grondpad wat by 'n teerpad aansluit nie, behalwe as daar iets soos rebar is wat uitsteek. Ek weet party stompe in the grond maak ook so met bande. Ek het met HT bande op my bakkie op die plaas gery vir 'n ruk, en hulle het ook sulke gate gekry (alhoewel nie so diep nie). Ek is gese dis OK, solank jy nie die staal kan sien binne die band nie, want dan gaan hy roes en dan gaan hy moeilikheid optel.