Dagsê
Ek is n nuwe lid op die forum, gebaseer in NZ. Het vir jare teiken geskiet en kleinwild/ongediertes gejag, maar onlangs begin takbokke skiet vir die pot.
Ek sal graag wil grootwild jag as ek weer in SA kuier, maar sal intussen die stories hier geniet!
Groete
Nuwe lid uit Nieu-Seeland
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1837
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21424
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland
Welkom. Ek loer baie na Aussie en NZ jagvideos. Julle het darem baie jaggeleenthede daar. Is jy op die Noord of Suid eiland?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
WeeMan
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Jan 28, 2026 11:05 pm
Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland
Op die Noord eiland.tripodmvr wrote:Welkom. Ek loer baie na Aussie en NZ jagvideos. Julle het darem baie jaggeleenthede daar. Is jy op die Noord of Suid eiland?
Hier is baie jaggeleenthede, maar nie die verskeidenheid soos in Suid Afrika nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21424
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland
Fallow, red deer, varke, boerbokke, wallabies en tahr is al 'n wye verskeidenheid en kosteloos daarby.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
WeeMan
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Jan 28, 2026 11:05 pm
Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland
Dis waar. Daar is ook chamois, sika, sambar, whitetail, wapiti (elk) en wilde beeste as jy hulle kan vind. Maar die mees algemene jagspesies is edlehert (red deer), damhert (fallow), boerbokke en varke.tripodmvr wrote:Fallow, red deer, varke, boerbokke, wallabies en tahr is al 'n wye verskeidenheid en kosteloos daarby.
NZ het geen inheemse grootwild nie, so alle grootwild word beskou as peste. Jy kan jag soveel jy wil, wanneer jy wil, mits jy toestemming het van die grondeienaar. Meeste nasionale parke kan ook gejag word met n permit, en DoC reik dit kosteloos uit.
-
WeeMan
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Jan 28, 2026 11:05 pm
Re: Nuwe lid uit Nieu-Seeland
Dan is daar ook private grond, soos plase en kommersiële woude. Sommige eienaars het groot bevolkings wild en bestuur dit soos n jagplaas, waar jy duur betaal om te jag. Ander boere is net dankbaar dat jy die gras- en mieliediewe afweer en vra niks.
Ek verkies jag op private grond. Dis veiliger want daar is nie ander jagters nie, daar is meer wild en oor die algemeen is dit makliker.
Ek verkies jag op private grond. Dis veiliger want daar is nie ander jagters nie, daar is meer wild en oor die algemeen is dit makliker.
