Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by JAGTERSREG-JRM »

Berg Breker Bul

Hoop julle manne geniet die storie en hoop van harte niemand leer die les wat ek geleer het nie!!

Dit was die oggend van die 19de Desember en het heel rustig gesit in vriende se sitkamer en n koppie koffie geniet terwyl ons oor die Standerton se vlaktes uitkyk. Die foon gaan af en vat n laaste sluk van die koffie wat oor is….dis n groot vriend aan die anderkant want die lyn en dis nie n man wat jou elke dag bel nie. Gesels so nou end an en verder is dit n voicenote hier en n whatsapp daar.
Dis weer een van daai gevalle!! Ons het oor dieselfde ding gesels skaars twee weke van tevore maar raak nou n saak van dringendheid. Buffel het drade gebreuk en in die buurman se plaas in (om alles te kroon n beesplaas). Die oubaas wil nie choppers laat vlieg nie want gaan die wild verwilder en na da voer uitgesit is om die bul te lok is da besef dat die meneer nie gaan saamwerk nie. Hy beweeg af na die ou lande toe en al wat jy da van hom kry is spore en dan is hy weer in die koppe in.

Op kort onbeplande kennisgewing laat weet ek dat dit reg is. Ek ry Sondag terug na Pretoria en sal die middag deurry plaas toe. Ons was nog verder beperk op die tyd wat beskikbaar is aangesien die personeel die 25ste op verlof gaan en uit die aard van die saak wil e kook kersfees by my gesin spandeur. Ons het slegs 3 dae om 1 buffel in berge gaan loop soek en hom dan da af kry.
Sondag oggend vroeg vlieg ek weg uit Standerton om so bietjie tuis te wees voor ek moet vertrek Steenbokpan toe. Die is een van daai gevalle ons gaan gou terug huistoe ry, pa ken bietjie rustig wees dan slaan ek die pad noorde toe. Nee nee di twerk mos nooit so nie…verkeer reen en siele wat nie kan bestuur nie en ek stop 3 ure later by die huis. Redelik geirriteerd en moeg van die inspanning pak ek die nodige en sit die Ruger 416 Ruger/375 Ruger in hulle tasse vir die reis.

Ek trek weg uit Pretoria ongeveer 14h00 en elke nou end an is da n lelike wolkbreek op die snelweg, ek vorder goed en reken ek behoort 16h30 op die plaas te wees. Toe ek die laaste draai voor Kranskop vat toe besef ek hier is moeilikheid….geen opsie om aft e klim nie en alles staan n volle 4 en van die plekke 5 bane langs mekaar (nie dat da soveel bane is nie maar on sweet mos). Ek beweeg 200m in 15 minute en besef die gaan n lang dag raak. Kom voor by die tolhek en hoor die snelweg is gesluit agv n botsing en alle verkeer word afgelei deur Nylstroom na die ou pad. Ongeveer 45minute later steek ek langs die trunk verb yen die pad is oop. Op die ou einde daag ek net voor 19h00 by die plaas op en moet bieg my gat stamp….Helemal teveel ry vir my vir een dag.

Na bietjie beplanning en aandete is ons bed toe soda tons vars kan wees vir die oggend se jag. Daar is so bietjie opgewondenheid binne my maar ook bietjie onsekerheid…..Katte het ek al paar keer geskiet ma nog net een buffel. Die wiele role n ons werk onsself deur na die plaas toe, dis n lawwe hek wat aan die bokant van die pale ook n draad het wat oorkom en kan sien die Cruiser gaan nie da deur sonder dat daai draad gelig word nie……

So begin ons jag en ons soek verwoed na spore, dan die kant dan daai kant dan deur die kamp na daai kamp maar osn tel net spore of wat paar dae na n week toe oud is. Hier teen 11h00 laat weet die oubaas da thy per toeval naby die huis n spoor opgetel het end at ons moet gaan kyk. Hou nou in gedagte dis n beesplaas en spore kan baie maklik verdwyn as hy besluit om hulle roetes te volg.

Ons sluk water maak seker die nodige is in die sake en belde en ons vlieg daai koppe in want dit lyk of da reen gaan val. Mense wat die waterberge ken weet dis rotse, amandeklippe die hele wereld vole n dan verder is dit vervlaks ruig daar bo. Spoorvat gaan moeilik tussen die klippe deur end an is ons die kant dan daai kant van die berg. Dit raak n lang dan en ons spoor nie daai buffel op nie. Ons vat n kort breek net na 15h00 en sluk bietjie water om onsself net vir n oomblik te versterk. Die kruip, op die kniee en gebikkend loop op los klippe en op en af klouters van rotse vat sy tol.
Tien minuet later kies ons n rigting en voel vir so oomblik of die lyf al bietjie beter is en weer reg is vir nog n stoot. Volgende oomblik is dit rotse wat spat en bome wat breuk en sien vir n oomblik hoe iets wegvlieg…ek draai 90 grade en kyk deur die reflex tussen twee bome deur en wag my kans af maar al wat ek sien is n swart streep toe die buffel bul deur die opening vlieg.

Ek en Werner kyk vir mekaar en ons probeer uitpluis of dit wel die bul is wat hulle vermoed deurgebreuk het…maar dit was net eenvoudig te vining. Was die opening miskien n meter breer dan het ek dalk n kans gehad vir n skoot en of ons kon hom identifiseer.
Die een oomblikkie van aksie verdwyn en ons is op en af agter hom aan…lellerlik paar keer op rontse gaan sit en afklim na die volgende ront maar nee daai bul se spore is da tussen die rontse en die vet weet hoe beweeg hy so vining da af. Dood en ek herhaal dood moeg kom ons by die Kamp aan net voor donker, Wat n dag…..n beraamde 23 km in koppe agter n buffel aan in die bosveld oor Desember maand is nou nie vet pret nie maar ek hou mos van hard jag!!

Ek word Dinsdag wakker maar kan voel iets is fout met my voete……….voel of die goed so geknees is ek kan skaars opstaan (din speksole en berge is nou nie die beste plan nie) maar ek vorseer myself deur n stort en kry alles reg vir nog n sessie. Die Ruger 416 met sy Reflex verbaas my nogals, n plesier om te dra en agv sy lengte is dit nie orals n gehakkery nie. Op die stadium nogals redelik beindruk met die “setup” en kan nie glo ek het dit nie al lankal gedoen nie. N Guidedun se laminate afgehaal en houtkolf op, reflex sight gemonteer op n oorseese produk en siedaar die beste dra wapen in die ruigtes!!

Maandag het ons n slapplek van die bul raakgeloop en kan duidelik sien hy skuif skuif rond in die ruigtes dan le hy hier end an daar (sy reek hang in die lig) en ons besluit toe dis n goeie plan om van daardie kant van die berg af in te gaan mits die wind saamspeel en kyk of ons hom onverwags kan betrap. Die kele is vol water en skep moed en begin klim, dan is ons op ons hurke end an op ons kniee end an hak jy aan n boom vas en dan gly daar n rots onder jou voete. Die klim gaan stadig maar ons is gefokus.

Ons kom toe by sy slaapplek aan en sien nie enige teken van die bul nie en gaan voort teen die koppie redelik gebikkend en stadig ma seker beweeg ons da thy ons nie omkant vang nie. Ongeveer 2 meter voor ons die ruigtes uit is sien ons die bul opvlieg skaar 25 meters van ons af aan die linkerkant en agv die ruigtes is da geen manier om die geweer selfs op te lig nie en die bul verdwyn in die ruigtes. Ons beide sug maar on sweet nou is dit n vars spoor!!

Die spoor loop stadig end it raak bedompig…koppies en ruigtes deur en eweskielik sien ons die swart gedaante voor ons staan maar uit die aard van die saak kan mens nie sien wa is kop of wa is gat nie en soos ons in n posisie met beter sig wil beweeg vat hy weer die has se pad met amandel klippe wat kraak en spat. Absoluut dood moet skep ons weer asem en stoot voort. Die vroeg oggend briesie het omskep in n bewolkte dag met n ligte reentjie wat nou end an die grond seen maar ons stoot voort. Ongeveer 20minute later loop ons oor n plaat amandel klip en hoe meer ons sag probeer loop hoe harder raas dit. Tree vir tree beweeg ons vorentoe en Werner stop my…daard hy!!! Kan letterlik net n gedeelte van sy regter horing sien en hy staan na ons gedraai soos soveel keer van tevore maar die keer weet hy nie van ons nie.

Ek staan op my kniee teen n klein boompie wat n tak en mik het op die regte plek vir perfekte dooie rus. Ons staar na die bul en minute voel soos eue maar die bulk om nie uit nie. My gedagtes is rustig en ons pas is oop tot teen die bul, geen takkies of enigiets nie en dink vir myself kan dit moontlik wees. Elke nou end an maak ek seker dat die oudjie nog nie verwyn het nie en toets daai rooi kolletjie op die swart gedaante. Werner se saggies vir my van agter “as hy sy kop optel steek hom 2 duim onder die ken” end it suig in my gedagtes vas. Die bul beweeg n tree na regs maar sy posisie is nogsteed “full frontal” na ons toe, hy lig sy kop en ek druk daai 416 Ruger se sneller soos ek al soveel keer gedoen het en hy BRUL…. Die bul se voorlyf lig van die grond a fen hy draai met n gejuig en 5 tree verder sien ek hoe gaan hy grond toe, maar sekonde of twee later vlieg hy op en breek die beesdrade dat jy net drade sien spat.

Dis stile n ons probeer ons gedagtes agter mekaar kry!! Ek weet ek het presies gemik en die skoot het mooi geloop maar iets pla my…soos sy voorlyf gelig het het hy n snaakse beweging met sy kop gemaak. Het ek hom in die bek geskiet? Magties dis tog nie moontlik nie want alles met skoot het perfek geloop!! So begin n verdure 13km maar die keer rotse en rotse af (hoe op aarde beweeg so groot dier op die terrain). Ons is terug op die vlaktes en volg die bloedspoor….hier en daar n drupel maar geen speeksel nie en geen long op spier bloed nie. Sy spore wys ook geen teken van n lyfskoot nie, een moet tog bietjie skeef of hard trap redeneer ek met myself.

Ons rapporteur terug aan die kamp en laat weet hulle ons is agter n gekwesde buffel aan. Nou moet ons mooi loop en wakker wees want die bul het al klaar maniertjies. Ons maak die wyse besluit om n gids in te roep sodat da twee wapens is en twee stelle oe wat vooruit kyk. Dit gaan stadig maar ons bly op die spoor, die bul draai draai en mik elke nou en dan weer in die berg se rigting. Op n stadium kom hy oor n oopte gevlieg maar hy lyk nie eers of hy iets makeer nie en da is absoluut geen skote vir my of Werner nie (net te vining gebeur met reigtes aan beide kante).
Werner n ou hand met buffels saam roe pons nader en se vir on sons sal nou moet lig loop, die bul gaan storm. Met die beweeg ons in lelike ruigtes agter die spoor aan en vir n oomblik kyk ons of da nie ander pad is nie maar gelukkig bly ons toe op die spoor. Op ons hande en kniee kruip ons deur en stop elke nou en dan en kyk om ons of ons nie dalk die bul gewaar nie maar niks.

Na wat voel soos n ewigheid sien ons die ruigte oopmaak vir n kol wat seker so 4x4meter is en kan nie wag om my rug reguit te kry nie. Die gids is eerste uit toe Werner en toe ek en soos ek regop kom hoor ek die BULK en die bulk om van ongeveer 12 meter af en lyk relatief bevoeterd. Ek staan 2 tree links van Werner en Seker so meter vorentoe en tussen ons is da n jong boompies…Ek tel daai 416 Ruger op en die rooi kol suig net bo sy neus vas……..12m….11m……10m…….9m…….8m…….en instinktief soek ek na die safety om hom vorentoe te druk MAAR op die verkeerde plek…..TANG Safety van my dubbel natuurlik en ek skree safety en Werner se 416 Rem BRUL toe die bul sy kop sak om en by 7 meter, die bul stuier en intussen het ek die veiligheids knip af en skiet die bul ongeveer n meter aan my linkerkant, met die skoot sien ek hoe my en Werner se koele amper ontmoet en n 4 de en 5 de skoot volg soos die bul grond toe gaan.

Die bul slaan mors dood neer da waar Werner gestaan het en vir n oomblik is ons stil…die bul het toe gestorm. Ons soek om ons na die gids maar hy is nerens tesiene nie, paar sekondes later kom hy versigtig versigtig nader gestap. Ooo Hooo Nyati will kill you!!

Om terug te kom na die veiligheids knip…..niks fout met die roer nie maar ek is so gewoond aan my dubbel jag vir die afgelope 9 jaar dat my duim outomaties gaan soek vir n tang safety. Ja ons was gelukkig ons was twee en gelukkig ken ons mekaar maar dit kon lelik gewees het. En geluk by die ongeluk het die BUL vir Werner uitgekies en op hom af gestorm waar as ek die tyken was dan het ek my gat gesien omdat ek die rondte ter wille van veiligheid n veiligheids knip gebruik het waar ek dit nooi gebruik of doen nie. Ek vertel eder die storie soos dit is dat iemand anders dalk ook die les kan leer sonder om seer te kry.

Dit was DAMM naby maar almal het koel en kalm gebly en gedoen wat gedoen moet word…behalwe Jonas natuurlik wat gehol het toe die BUL bulk en die eerste boom geklim het!!!
Beste ervaring in n lang tyd maar kan met alle eerlikheid se dat enige gevaarlike wild in die toekoms ek verseker met my 470 Nitro aangedurf sal word…


Hoop julle manne geniet die lang storie!!


Jagters Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by JAGTERSREG-JRM on Wed Feb 18, 2026 3:55 pm, edited 1 time in total.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by JAGTERSREG-JRM »

Nog n paar fotos....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by JAGTERSREG-JRM »

Wat het gebeur met die skoot.......??

Die skoot het reg afgegaan en op die regte plek gemik MAAR ons vermoed die bul het sy kop gesak in die proses en het hom langs die neus teen die wag af geskiet waar hy in die binnekand van die voorste gedeelte van die blad in is (so duim links van die punt van sy regter blad, vermoed da was ook defleksie betrokke) en gepenetreer het tot in die pens MAAR geen fitals getref of skade gemaak nie. Met die spesifieke skoot sou n teleskoop dalk n beter roep gewees het maar op geen van die ander geleenthede sou dit gewerk het nie. Ek haat n "frontal" in alle opsigte maar soms is dit ook jou enigste skoot...
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by Capt. Yoda »

Bitter mooi bul en lekker storie Kobus!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by DWB »

Lekker Kabous! Magic!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by Frederik »

Netjies en lekker adrenalien belaai.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by Koos Barnard »

Dankie vir die deel. Mooi storie
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by partner »

Baie Dankies vir n Great Storie Kobus. Nou Lekker Gelees.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by ruaanb »

Sjoe mooi storie en bul!
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by Lategan1 »

Lekker gelees. Wat ‘n ervaring!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by Gerhardu »

Baie geluk en mooi storie. Ja daai Waterberge se klippe is nie jou maat nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by Wouter Roets »

Geluk Chopper! Baie lekker saam met jou nou gejag! Ja vertroudheid met die wapen waarmee jy jag is uiters belangrik. Met die Ruger's hardloop ek die safety in die middel in daai situasies en dit werk baie lekker en vinnig, maar soos jy se n mens moet vertroud wees daarmee. Soek maar vir jou van daai eerste M77's met die tang safety.

Ek het laasjaar uitgemis op my Mosambiek trip en ek sien nou nog rooi daaroor. Hierdie werk-ding is overrated en ek sien eenvoudig net nie n toekoms daarin nie!

Nogmaals geluk ou bul!

Groetnis
Wout
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by tau »

Baie geluk Kobus!!! Dit lyk na 'n pragtige area daardie en properse harde jag.

My bietjie ervaring van Buffels in die bos, frontals is amper altyd die eerste skoot se realiteit.


Met my en my Pa se buffels laas jaar weet ek nie eers dat die safety afgedruk het voor ek skiet nie.

Geen fout van jou kant af nie, in daardie oomblik is muscle memory die baas!!! Die dat ek nou net Rugers het met Safety's op dieselfde plek!!



N.s: Skiet solids >:D >:D >:D
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Berg Breker Bul en n gevaarlike les

Post by JAGTERSREG-JRM »

Ek was skrikkerig vir dubbel na skouer operasie en wou hom nie net gryp nie. Intussen het ek hom gevat en alles weer honderd bedonderd ma skouer nie mal daaroor nie ma dis nou ma sy poef. Hy meet nou ma gou gewoond raak
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply