Goeie middag mede forum-lede,
Voorspoedige 2026 aan almal!
Terwyl die werk nog stil is, is daar kans om so bietjie te gesels.
Ek het my klein .410 haelgeweertjie nou al so 33 jaar, en dis heerlik om met die geweertjie te speel. Nog nooit betekenisvol met hom gejag soos met die 12Br nie. Die afgelope vakansie het ek 2 pakkies .410 patrone persent gekry. Spaanse Rio patrone, in AAA. Dit het my aan die dink gesit. As ek reg onthou het 'n 12Br AAA rondte sowat 44 korrels in, so met die .410 se klein (2 1/2") doppie is ons seker in die omgewing van 12-14 korrels. Dit gaan nie 'n reuse area dek sonder om 'n baie oop patroon te gee nie. Ek kan onthou van meet af was AAA die volopste patrone gewees - wanneer jy wel kon koop. Wat sou die idee van AAA in die klein halegewere wees?
Dalk maar soos Nico se storie val verlede jaar om bokke op kort afstand in die bos mee te jag?
Vir die manne wat wel .410 skiet, deel gerus julle stories.
.410 en haelgrote
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2081
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .410 en haelgrote
Ek skiet n .410-2" en laai tans 150gr nr 7 hael. Dit is letterlik n teelepel vol maar genoeg om plaagdiere op landerye soos bv duiwe, eekhorings ens te kan skiet. Dit werk ook vir kleiduiwe op korter afstand.
Daar is nog n pakkie nr 5 hael wat ek moet probeer, maar ek twyfel of dit kan werk.
As ek reg onthou word die .410 vir hase ens gebruik - n hase en konyne kan n mens in Europa op 10m maklik bykom met AAA.

ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 311
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: .410 en haelgrote
Dit is, met enige haelgeweer, belangrik om jou geweer te "pattern" met die hael wat jy wil gebruik.
Die teikens hier is A4 blaaie. Boonste teiken is n Eley .410 AAA op 10m, onderste teiken is op 20m, 1 Eley #7 .410 en 1 Eley AAA. Op 20m het net 3 AAA korrels die bladsy getref, hulle is met pyltjies gemerk. Op 25m het nie een AAA korrel die bladsy getref nie.
Dit is uit n 26" full choke loop. Uit n ander geweer mag die resultate dalk verskil.

- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 665
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: .410 en haelgrote
Dankie vir die insiggewende terugvoer Thinus.
Die feit dat net 3 korrels 'n A4 tref op 20m, en geen op 25m is juis die vraag wat ek gehad het oor die growwe hael in die klein haelgewere.
Met die no 7 tref daar darem 'n paar korrels, hoewel hulle baie minder energie dra as die AAA.
Sodra ons skietbaan oop maak, gaan ek 'n paar papiere voor my .410 sit en kyk hoe hy maak.
Die feit dat net 3 korrels 'n A4 tref op 20m, en geen op 25m is juis die vraag wat ek gehad het oor die growwe hael in die klein haelgewere.
Met die no 7 tref daar darem 'n paar korrels, hoewel hulle baie minder energie dra as die AAA.
Sodra ons skietbaan oop maak, gaan ek 'n paar papiere voor my .410 sit en kyk hoe hy maak.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2081
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .410 en haelgrote
Hier is n handige webwerf vir die .410-2" :
https://www.fourten.org.uk/index.html
Die gewone .410's is beter aangepas, maar die beginsels word duidelik gestel. Hulle noem ook die guru-boek vir .410 herlaaiwerk.
https://www.fourten.org.uk/index.html
Die gewone .410's is beter aangepas, maar die beginsels word duidelik gestel. Hulle noem ook die guru-boek vir .410 herlaaiwerk.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 665
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: .410 en haelgrote
Dankie Ds J
Daar is genoeg leeswerk op die webwerf!
Daar is genoeg leeswerk op die webwerf!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2081
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .410 en haelgrote
Groot plesier!