Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Enige iets waarna jy soek/Anything you want

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

Goeienaand, ek help n vriend om n erfstuk te restoureer.

Dit is n Mauser Mm410 of Ms420 - n .22-model wat tussen 1924 - 1930 geproduseer is, en Dr Google sê dat hulle blykbaar in aansienlike getalle na SA verskeep is. (In die VSA is dit n uitsonderlike skaars model).

As enigeen weet van n kolf of magasyn of snellerbeuel wat erens rondlê sal ons baie dankbaar wees!
MAUSER-MS420-22LR-SPORTING-RIFLE-FIVE-ROUND-MAGAZINE_102001347_143284_F8C6FA5DD2D468FA-2205716772.jpeg
mauser-ms420-08-980x554-2506060817.jpg
mauser-ms420-15-719x980.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

Mauser Ms.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 919
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Location: George

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by partner »

Ai. Ek het so n 1 gehaad. Hoe verlang Ek nou.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

partner wrote: Tue Oct 28, 2025 12:07 pm Ai. Ek het so n 1 gehaad. Hoe verlang Ek nou.
Naand partner, het jy dalk n paar foto's of mates?

Ek sal later n paar foto's byvoeg - ek het dit nodig!
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 919
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Location: George

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by partner »

Nee Ongelukkig nie. Rede is. Dat in 2016. Het die ander Mense vir Kom Kuier by my huis in die dag. Daar was niemand by My huis gewees nie. Ongelukkig ook nie n Alarm ingehaad op daardie Staduim nie. My Hele kluis uit die Muur gebreek. Al my Gewere en Pistool weg. Ek het Myne gekoop. Lisensie Datum.10/04/1973. Vir n Hele R10.00. N Wonderlike Geweertjie gewees. Mis en verlang nog My Geweertjie. Bitter Baie. Eish.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

Oi! Dis skade.

Ek het darem al 'n magasyntjie opgespoor.

Die kolf sal ons waarskynlik moet (laat) bou, en 'n gedeelte van die aksie ook.
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 421
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Location: Bloemfontein

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Gideon@1 »

Hallo Ds J,
PM my met jou nommer asb.
Ek kan dalk help met fotos en ‘n kontak vir parte.

Groete
Gideon
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

Hoe dit moet lyk:
P1100072_zps29f2c2cd-2905261789.jpg


Ek sukkel om 'n foto klein genoeg te maak dat dit hier pas. Hier is n skakel met enkele foto's oor die werklike toestand:

https://www.flickr.com/gp/196234911@N08/os11Y8522y
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

Gideon@1 wrote: Thu Oct 30, 2025 5:46 pm Hallo Ds J,
PM my met jou nommer asb.
Ek kan dalk help met fotos en ‘n kontak vir parte.

Groete
Gideon
Gedoen
BBCT
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 71
Joined: Tue Sep 16, 2014 12:40 pm

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by BBCT »

Hoor by Classic Arms of hulle dalk n kolf vir jou het.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

Dankie, ek maak so.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3881
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Location: Tulbagh

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Hein M. »

Johan Bezuidenhout, vuurwapen handelaar, hier in Tulbagh het destyds een gehad waarvan die slot se grendel gebreek was. Hy het later alle ou wapens aan Classic Arms verkoop. Jy kan hulle kontak. Moontlik is jy gelukkig...
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

Classic Arms kan hierdie rondte ongelukkig nie help nie, ek het reeds gevra.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 937
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by OosKaapJagter »

Ongelukkig is onderdele vir vuurwapens skaars in Suid-Afrika. Vir ouer wapens is dit nog erger. Dit is gewoonlik blote geluk as iemand die onderdele het wat jy benodig.

Synde hierdie 'n erfstuk is, is die vraag wat dit vir jou vriend werd is om hierdie wapen te restoureer. Deesdae kos 'n kolf alleen maklik 'n paar duisend rand.

As dit ek was en ek wou verseker die onderdele bekom, sou ek bie op die MS420 wat tans op Classic Arms se aanlyn veiling beskikbaar is tot Maandagmiddag. Kyk na item 095-F02-464 op bladsy 9. Die hoogste bod is tans R3275-00. Die volgende bod sal dus R250-00 meer wees met 17,25% kommissie wat belasting insluit. Vir onder R4200 kan jy dalk al die onderdele kry en daarna besluit wat om met die oorskot te doen.

Sou die prys styg to meer as wat jy bereid is om te betaal, dan is dit nou maar so.

https://classicarms.co.za/product/f02-4 ... 930-rifle/
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

Ek het al die veiling se besonderhede aangestuur, dankie.

Ter wille van interessantheid gee ek 'n voorlopige skatting van restourasiekostes:
- loop blou R2000
- kolf sny R2200 (mits die snyer 'n program of kolf het)
- koerierkoste R1500
- aksie herstel (basisplaat maak) R2500 geskat
- magasyn koop R2050

R10250 - is dit nog die moeite werd? Die koste om die kolf af te rond, te set, ens moet alles nog bykom.

Die loop het skade - ek weet nog nie hoeveel nie.
BBCT
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 71
Joined: Tue Sep 16, 2014 12:40 pm

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by BBCT »

https://www.k-mag.co.za/rifles/

Kyk so halfpad af met die bladsy. Net onder die Mauser "B" series magazyne. Daar kry jy n magazyn vir jou "pre-B" reeks. Model MRT5
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2022
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Gesoek: Mauser Mm410 / Ms 420 parte

Post by Ds J »

BBCT wrote: Tue Nov 04, 2025 9:11 pm https://www.k-mag.co.za/rifles/

Kyk so halfpad af met die bladsy. Net onder die Mauser "B" series magazyne. Daar kry jy n magazyn vir jou "pre-B" reeks. Model MRT5
Dankie, dis einste hy! Hulle nuwe prys is R1950, plus koerierkoste.
Post Reply

Return to “Gesoek/Wanted”