Akra Optics

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1091
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am
Location: Benoni
Contact:

Akra Optics

Post by Dries Skiet »

Hi manne,

Ek wil graag bietjie meer uitving oor die fabrikaat.

Pryse lyk baie goed maar hoe is die produk? Product support?

Ek hoor graag.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Akra Optics

Post by Toyrsi »

Kyk bietjie op Venatics gear se You Tube kanaal. Hulle het dit daar bespreek
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 821
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Akra Optics

Post by Eight »

Ek wil graag ook meer weet van die teleskope. Enige iemand wat nie geafillieer is met hulle en n unbiased review kan gee. Ek kyk spesifiek na die Genesis 4-16 ffp. Hy het alles wat ek soek. Locking turrets, ffp, illum reticle. Ek wil graag weet hoe hy sal ophou op n 338 wm met herhaalde dialing (brass turret internals inplaas van stainles, en hoe sy hlas lyk?

Hulle het n lewenslange waarvorg maar is dit n maatskappy wat hier is om te bly?

Ek kyk ook na die Element helix 4-16x44 maar sy elevation turret lock nie en hy het nie illum nie
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Location: Pretoria

Re: Akra Optics

Post by Henna308 »

Ek het gister in 'n winkel deur een gekyk. Dit was 'n kliënt wat hom teruggebring het want die kruis skuif rond as mens die parallaks verstel. Ek het nog nie so iets gesien nie. Hy het omtrent 0.75MOA op en af geskuif en 0.25MOA links en regs soos mens die knop draai. Ek weet nie of hy omgeruil gaan word of wat is die storie nie.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1341
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Location: Lutzville, Weskaap

Re: Akra Optics

Post by snakker »

Het deur een gekyk by Wildman, glas en reticle lyk goed met turret wat goed klink. Dink hul probleem is die bestaan van Arken se SH4 reeks as ook die Discovery Optics se PRS reeks wat onder R8k beskikbaar is, moeilik om te koop. As hulle iets goed onder daai prys kan bied sal hulle groot markaandeel kan vat

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

Wingnut
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun Jul 23, 2017 1:37 pm

Re: Akra Optics

Post by Wingnut »

Goeie dag almal,

Ek is betrokke by Akra. Hoe kan ons help? Indien daar enige navrae is. Praat gerus. Die Brand se backup is skitterend. Ons diens vlakke hou ons so hoog moontlik. Op die einde van die dag wil ons aanhou groei. Ons probeer elke ou se behoefte so goed moontlik te diens. Persoonlike verhoudings is uiters belangrik. Ouens wat by ons koop kom altyd terug. Daar is fantasiese produkte in die segment. Ons wil ons onderskei deur diens, innoverend te wees en 'n goeie betroubare produk vir almal te verskaf.

Kontak ons enige tyd.
082 342 5267
Howa 6.5CM
Sako 7x64
Sako 223
CZ .22

Born to hunt, forced to work ++>: !!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3897
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Akra Optics

Post by tau »

Middag

Ek het vandag my Akra Genesis gekry

https://www.akraoptics.com/products/gen ... 56-ffp-moa

Redelike bargain en kom met stewige ringe en flip caps. EK het met 'n vriend wat op my skietbaan kom skiet het se een geskeit en was baie beindruk


Ek het ook 'n Arken

https://www.arkenoptics.co.za/product/a ... 34mm-tube/

Wat ek glo min of meer dieselfe klas is.

Ek is maar 'n budget sensitiewe mens en het nie die geld vir 'n Kahles of NF nie so die tipe scopes werk vir my.

My Arken doen nog baie goed vir my my enigste issue is die Windage turret kan nie lock nie en het al verstel as my geweer in die bakkie langs my lê.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2095
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Akra Optics

Post by Koos Barnard »

John ek het 'n tydjie gelede met 'n Akra Oryx gespeel en ietsie daaroor in Magnum geskryf. Ek was regtig beïndruk met die scope. Ek soek net 'n kleiner model want daai target scopes is te groot en swaar vir stapjagters.
Mooi loop
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3897
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Akra Optics

Post by tau »

Koos Barnard wrote: Thu Oct 16, 2025 4:26 pm John ek het 'n tydjie gelede met 'n Akra Oryx gespeel en ietsie daaroor in Magnum geskryf. Ek was regtig beïndruk met die scope. Ek soek net 'n kleiner model want daai target scopes is te groot en swaar vir stapjagters.
Mooi loop
Oom Koos....regte stapjagters skiet oopvisier ++>: ++>:

Nee ek stem die goed raak mal groot.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2095
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Akra Optics

Post by Koos Barnard »

Ai John... my oge kan nie meer oop visiere raaksien nie. Ek sal maar dot-sight moet gebruik, ha-ha!!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4591
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Location: Wes-Tvl Christiana

Re: Akra Optics

Post by James Wilson »

Het so n paar maande terug n 1-10 Akra Origin gekoop vir die AR-15. Sal hopelik kan detail terugvoer gee, as ek in Des tyd kry vir toetse.

Wat ek nou al kan se is dat dit is n RSA company. Daar is n man met die naam van Adriaan vd Spuy(0768216239) hy verskyn in al Akra se Youtube videos. Ek het hom n paar keer geskakel en sy terugvoer was sommer uitstekend.

Wat ek tot dusver van die produk kan se is met die vergroting van 1-10, het jy n taktiese scope op n AR-15 en die 1-10 maak van hom decent 223 jageweer. Dit is dan ook n 34 mmm tube met flip ups en die killbox kan rooi verlig wat dit n red-dot smakie gee. Die prys is sekerlik die beste tans in die mark.

Die cool faktor op die scope is 10/10
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
desert fox
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Dec 09, 2015 10:12 am
Location: Tankwa Karoo

Re: Akra Optics

Post by desert fox »

Julle kan maar koop...

Diens is puik, glas is helder, en die 375 breek hom nie...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Voere
.260 Rem Savage LRH
.375 Ruger
Glock 19 Gen 4
12 Br CZ

"Hou die doppe in die lug!"
Post Reply

Return to “Optics/Teleskope”