Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Moderator: Global Moderator
-
Manton
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Die fabrikaat S&B wat in die Czech republiek vervaardig word is orals in Suid Afrika bekombaar en is redelik goedkoop
Ek verstaan die kruit wat hulle gebruik is deur EXPLOSIA ook 'n Czech maatskappy vervaardig- en wat hier as LOVEX bekend staan en verkoop word
Maar wat van die verskillende brandspoed keuses - word in watter kalibers gebruik ? ( en hoeveel ?)
Hier verskaf ek 'n praktiese manier om die antwoord te probeer uitvind ..
Kyk op die herlaai tabelle vir wat die fabrikaat se lading is , en die tromp snelheid daarvan (vps)
Neem 'n patroon - trek die punt ( koeël ) daarvan uit ( bullet puller )
Kyk waar in die dop die kruit sit .. byvoorbeeld - onder die skouer van die dop - 85% , vergelyk met die skouer en begin van die nek 90% , tot bo aan die nek 100%
Dan baie versigtig die kruit in 'n skaal skink en die gewig meet
Vat dan die resultate van jou ondersoek sit dit in QL en kry 'n vergelyking met wat die fabrikaat se informasie vir jou gê
Ek skat 'n mens sal dan op 'n antwoord beland wat baie nou aan die waarheid sal wees ...
As jy 'n selfversekerde persoon en braaf is , kan jy na raadpleging met QL 'n lading ontwikkel en gaan skiet
Dalk net 'n oefening vir interessantigheid onthalwe maar miskien van hulp as mens dieper in herlaai towery wil delf ...
Wat se Oom Driepoot ?

- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Sou dit nie makliker wees om 'n paar te skiet en 'n gemiddelde spoed te kry nie. Trek dan 3 en kry gemiddelde lading, en voer dit in.
Baie vervaardigers gebruik egter kruite wat nie identies is aan rak voorraad nie.
Sent from my SM-S938B using Tapatalk

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2022
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
https://www.lhs-germany.de/en/powder/sm ... der/lovex/
Lovex is die maatskappy - hulle het verskillende soorte kruit.
Lovex is die maatskappy - hulle het verskillende soorte kruit.
-
Manton
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
JA presiesCobus Wessels wrote: Sun Oct 26, 2025 6:54 am Sou dit nie makliker wees om 'n paar te skiet en 'n gemiddelde spoed te kry nie. Trek dan 3 en kry gemiddelde lading, en voer dit in.
Baie vervaardigers gebruik egter kruite wat nie identies is aan rak voorraad nie.
Sent from my SM-S938B using Tapatalk
Ek het aangeraai om snelheid wat op die fabriek se boksie as waarheid te aanvaar
Omrede ek daardie gedeelte van die proses uitgelos het
Beter plan is om self die snelheid te bepaal.
Ja sogenaamde - spesiale lading
Maak nie saak wat dit is nie - jy kan nog steeds die eienskappe van die kruit uitwerk.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2022
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Manton, onthou asb dat hierdie maklik n gevaarlike saak kan word. Die oorgedraagde kruitlading kan net werk met presies dieselfde koeël as wat S&B gebruik. As jy n ander soort koeël van dieselfde gewig wil laai is dit raadsamer om heeltemal nuut te begin.
(Toe ek nog jonk en dom was het ek dit probeer en dit het basies net so lank gevat soos om n nuwe lading te bereken.)

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 937
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Dit is 'n redelike aanname dat Sellier & Bellot Lovex (Explosia) kruit gebruik. Albei is immers Tsjeggiese vervaardigers. Dit kan egter ook 'n gevaarlike aanname wees. Baie ammunisie vervaardigers gebruik ander tipes kruit as die wat herlaaiers gebruik.
So vinnige soektog dui daarop dat Sellier & Bellot 'n strategiese vennootskap met EURENCO het om hulle kruit te verskaf. EURENCO vervaardig enigiets van handwapen kruit tot dryfmiddels vir artillerie en selfs plofstowwe. Sellier & Bellot verskaf ook die ballistiese data van hulle ammunisie, maar dui spesifiek nie aan watter dryfmiddel en hoeveel daarvan hulle gebruik nie.
As jy 'n .308 as voorbeeld gebruik, lys net Lovex (Explosia) alleen reeds 6 tipes kruit wat jy kan gebruik. Sou jy dus die koeël trek en die kruitgewig meet, kan jy die kruit visueel vergelyk met die tipes Lovex kruit wat jy het om te sien of daar een is wat soortgelyk voorkom. Kyk dan na die herlaaitabelle en maak seker dat dit wat jy gevind het ooreenstem met daardie spesifieke tipe kruit se herlaai data. As dit binne die veilige minimum en maksimum lading van daardie tipe kruit val, behoort jy veilig te wees.
Is dit alles die moeite werd? Ek kyk maar bloot wat gereeld en konsekwent op die rakke is, werk ladings daarmee uit en gebruik dit. Ek skiet egter nie kompetisies nie en neem nie deel aan langafstand jag nie, dus het ek nog nooit Quickload nodig gehad nie. Ander se behoeftes verskil.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13221
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
- Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Die oefening maak ook nie vir my lekker sin nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
- Location: PTA - Sinoville
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
My sus se lat het iets soort gelyk gedoen met sy 308
Hy het goeie groepe gekry dink met Fiocchi wat gelaai is met 150gr SST koeëls. Die makker het koeël getrek, kruit geweeg en chatgpt gebruik om kruit te kry. As ek reg onthou het chatgpt met N540 voorendag gekom.
Hy het so 2 grein laer begin as die kruit wat hy geweeg het en opgewerk. Hy het mooi groep gekry naby aan die oorspronklike lading
Dink ek het grys geword toe hy my die storie vertel het.

Skiet bly maar lekker
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2022
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Sou dit nie raadsamer wees om dieselfde koeël te koop as wat S&B gebruik nie - dit behoort tog bekend te wees? Dan vat jy n geskikte beskikbaar kruit en werk n lading uit wat dieselfe spoed gee.
Dit is bietjie fyner bereken en dus bietjie veiliger.
Dit is bietjie fyner bereken en dus bietjie veiliger.
-
Manton
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Ek dink aan die dag wanneer patrone nie meer by die winkels verkrygbaar is ?
Die dag wanneer "the Orange man" sanksies instel
Net soos Rhodesië in die ou dae
Dan moet man maar plan uitwerk
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Sekere S+B kalibers word maar pap gelaai. In my geval veral 6.5x57 en 7x64.
Dit bly egter goeie komponente ( veral die TXRG koeëls- wat ons nie in jare as komponente sal kry nie). Ek trek hulle en vervang met my eie ladings. Eindig met 'n prima produk vir minder as ander soortgelyke produkte. Daarna het ek sommer gevuurde doppe sonder om onnodig my loop te eet.
Elke ou seen sy vrou maar op sy eie manier...

JF123
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Dit maak nog steeds nie sin nie.Manton wrote: Mon Oct 27, 2025 6:37 pmEk dink aan die dag wanneer patrone nie meer by die winkels verkrygbaar is ?
Die dag wanneer "the Orange man" sanksies instel
Net soos Rhodesië in die ou dae
Dan moet man maar plan uitwerk
Al word sanksies ingestel dat patrone nie van Europa ingevoer kan word nie, sal dit die kruit en slagdoppies ook insluit. Dan maak dit in elk geval nie saak wat S&B in hulle patrone sit nie.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2869
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: Sellier en Bellot - wat is die kruit / dryfmiddel wat hulle gebruik ?
Ons nuwe kruitfabriek is in aanbou …. maar die slagdoppies…JF123 wrote: Tue Oct 28, 2025 9:27 amDit maak nog steeds nie sin nie.Manton wrote: Mon Oct 27, 2025 6:37 pmEk dink aan die dag wanneer patrone nie meer by die winkels verkrygbaar is ?
Die dag wanneer "the Orange man" sanksies instel
Net soos Rhodesië in die ou dae
Dan moet man maar plan uitwerk
Al word sanksies ingestel dat patrone nie van Europa ingevoer kan word nie, sal dit die kruit en slagdoppies ook insluit. Dan maak dit in elk geval nie saak wat S&B in hulle patrone sit nie.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 