Goeie middag.
Ek gebruik Warne ringe op 3 wapens.
Een op Picatinny rail en twee direk op aksies.
Sako 222 en 22 bruno model 2.
Hoe bepaal ek of ek spanning op buise plaas?
Spanning op scope buis
Moderator: Global Moderator
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 387
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
- Location: Gansbaai
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 822
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Spanning op scope buis
30-06, Skietwinkels verkoop n scope mount lapping kit of so iets, regte naam ontwyk my nou. Prys is nogal rof, ek het iets soortgelyks by ingeneurs firma laat maak vir R300. Dit wys hoe vêr jou ringe "uit lyn" is en dan het jy n lapping bar waarmee jy ringe kan "lap" om belyning te verbeter. Hoe beter belyning hoe minder stress op scope tube.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 822
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Spanning op scope buis
Wheeler scope ringe alignment and lapping combo 25/30mm, regte naam. Laat maak dit by iemand met n draaibank vir n fraksie van die prys. As jy dit google sal prentjies jou als verduidelik.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2022
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Spanning op scope buis
Ek het my montering andersom gedoen, juis om die spanning op die buis te verlig. Eerstens het ek bepaal waar die klampe op die teleskoop moet sit, en hulle daar vasgemaak met 'n baie dun stukkie taaierige plastiek tussen die buis en die klamp. Daarna het ek baie versigtig die klampe op die geweer geïnstalleer.
Die druk gebeur gewoonlik as daar 'n wanbelyning tussen die basis en die klamp is, of tussen die groewe/gate op die aksie en die basisse.
Die druk gebeur gewoonlik as daar 'n wanbelyning tussen die basis en die klamp is, of tussen die groewe/gate op die aksie en die basisse.
