EK is seker ek gaan hier die regte raad kry.
Ons is woonagtig in Randburg en die Randpark golfbaan grens aan my eiendom. Ek het so paar weke gelede een aand n jakkals doodluiters voor my tuin (aan die golfbaan kant) sien verby draf. Ek het natuurlik eers gedink ek verbeel my en ook gedink die perd kan by die golfbaan uit deur groot stormwater pype wat onder N1 snelweg uitkom....daar gelaat.
Die afgelope week (diep in die nag) hoor ek die kiewiete is onrustig en dit maak my Wire Haired bietjie woes. Wel, groot was my verbasing toe ek hom gisteraand uitlaat (20h30) en hy hardloop reguit heining toe (Clearvue) net om basies aan die jakkals te ruik wat aan die anderkant van die heining staan. Die JAK is glad nie wild nie....hy hardloop skaars weg as ek nader kom. So het dit vir n paar ure aangegaan met my hond wat mal word van opgewondenheid en die golfbaan sekuriteit wat kamstig n draai kom ry het.
Wat staan my te doen....buiten natuurlik dit wat ek graag sou wou doen, maar ek mag nie!
Mooi dag vir julle!

