Ek wil graag hoor by die manne wat die 45/70 laai.
Ek het `n Marlin 1895 Guide Gun (18.5 duim loop met gewone rifling en ports), wat ek sover met gekoopte Winchester 300gr ammo geskiet het.
Ek het op `n vorige geleentheid, en nou weer gister, ladings data vanaf Somchem aangevra vir S321 en S335.
My probleem nou is dat die data wat hulle verskaf het op die twee geleenthede vir die S321 nogal redelik verskil (sien tabel hierby).
Ek beoog om 300gr jacketed Hornadys te laai, asook 400gr Claws en 420gr loodkoeëls.
Ek het nog nie vantevore die kaliber gelaai nie, so ek wil versigtig begin. Daar is drie ladingsvlakke vir die kaliber. Een vir ou gewere, een vir die nuwer lever actions, en dan die vir die sterk Ruger No. 1s.
Ek neig daarna om nou maar Somchem se meer onlangse aanbeveling te gebruik, wat bietjie meer aggresief is op die 400gr en meer konservatief op die 500gr. Vergelyk jy dit met IMR3031 lyk al hulle aanbevelings konservatief.
Ek reken dis nou een van die gevalle waar Quickload baie handig sou wees!!
Ek hoor graag van julle.
Baie dankie.
Schalk


