Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks

Moderator: Global Moderator

Post Reply
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by HeinM »

Hallo vrinne!

Ek wil graag my eie dopsop ontwikkel. Het iemand dalk 'n idee wat die chemiese bestanddeel is wat die doppe so vinnig skoonkook? Ek het 'n video onlangs gesien waar 'n man die vuil doppe in 'n vloeistof dompel wat dit laat "kook" vir 'n paar sekondes. Dan sit hy dit in water en siedaar. Blinkskoon doppe...

Ek wil nie graag op die bemarkers van Dopsop se tone trap nie. Wil net meer oor die aktiewe bestanddeel uitvind. :police:

Ek hoor graag!

Mooi dag almal
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Location: Vereeniging

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by Fanta300 »

Daai klink soos Salpeter suur. Werk goed maar is taamlik drasties. Jy verloor elke keer ‘n bietjie metaal. As jy hom daarin los vreet hy hom op dat daar niks oorbly nie. :o
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by HeinM »

Fanta300 wrote: Sat Aug 02, 2025 2:29 pm Daai klink soos Salpeter suur. Werk goed maar is taamlik drasties. Jy verloor elke keer ‘n bietjie metaal. As jy hom daarin los vreet hy hom op dat daar niks oorbly nie. :o
Dis te extreme... ++>:
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 937
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by OosKaapJagter »

Ek self gebruik 'n "stainless tumbler" met gekoopte dopsop.

Ek het al 'n resep gekry om sitroensuur (citric acid) te gebruik wat jy by enige supermark se kosafdeling koop. Gooi twee teelepels daarvan by 'n liter kookwater.Gooi dit oor die doppe terwyl die water warm is. Moenie dit in 'n metaal pot doen nie; daar kan chemiese reaksies tussen die metale plaasvind. Roer dit net so van tyd tot tyd. Daarna kan jy die doppe net afspoel in skoon water.

Iets wat verseker nie werk nie is om Frankford Arsenal se sonic cleaner solution in 'n stainless tumbler te gebruik. Jy kry sulke dofgrys loodkleurige doppe.
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by HeinM »

OosKaapJagter wrote: Sun Aug 03, 2025 12:11 pm Ek self gebruik 'n "stainless tumbler" met gekoopte dopsop.

Ek het al 'n resep gekry om sitroensuur (citric acid) te gebruik wat jy by enige supermark se kosafdeling koop. Gooi twee teelepels daarvan by 'n liter kookwater.Gooi dit oor die doppe terwyl die water warm is. Moenie dit in 'n metaal pot doen nie; daar kan chemiese reaksies tussen die metale plaasvind. Roer dit net so van tyd tot tyd. Daarna kan jy die doppe net afspoel in skoon water.

Iets wat verseker nie werk nie is om Frankford Arsenal se sonic cleaner solution in 'n stainless tumbler te gebruik. Jy kry sulke dofgrys loodkleurige doppe.
Thanx ;)
Remington77
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Tue Jun 18, 2024 3:13 pm

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by Remington77 »

User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1127
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Location: Pretoria

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by heywillie »

OosKaapJagter wrote: Sun Aug 03, 2025 12:11 pm Iets wat verseker nie werk nie is om Frankford Arsenal se sonic cleaner solution in 'n stainless tumbler te gebruik. Jy kry sulke dofgrys loodkleurige doppe.
Ek gebruik 50ml Frankford sonic cleaner solution op 2L water en dan 'n opgehoopte teelepel citric acid.
Doppe kom baie mooi blink uit en hulle bly ook blink.
Afhangende van hoe vuil die doppe is, kan ek daardie mengsel so 3-5 keer oor gebruik, ek gooi net elke keer weer citric acid by.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
Henlo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
Location: Alberton/Gauteng

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by Henlo »

Ek weet nie wat die aktiewe bestandeel is nie maar ek het laasweek n youtube resep probeer wat baie goed werk vir my 9mm doppe, sunlight liquid en suurlemoensap, ek gooi klomp doppe in n emmer met n deksel, sunlight liquid, suurlemoensap en water, ry vir n dag rond met die emmer agter op die bakkie en hulle is skooner as wat my tumbler hulle maak
Te veel gunne en te min geld
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 610
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by ZKK »

Ek het ook al gewonder oor die idee of mens net net jou doppe in n USN bottel kan gooi en agter in jou bakkie gooi nie
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 610
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by ZKK »

Ek het ook al gewonder oor die idee of mens net net jou doppe in n USN bottel kan gooi en agter in jou bakkie gooi nie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13221
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by Capt. Yoda »

Jare terug toe ek net begin herlaai het het ek somer so DIY tumbler gebou en doppe n paar ure in clean green en bq water laat tumble.
Was heel voldoende gewees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Location: Pearly beach naby Gansbaai

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by Viking »

HeinM wrote: Sat Aug 02, 2025 9:09 am Hallo vrinne!

Ek wil graag my eie dopsop ontwikkel. Het iemand dalk 'n idee wat die chemiese bestanddeel is wat die doppe so vinnig skoonkook? Ek het 'n video onlangs gesien waar 'n man die vuil doppe in 'n vloeistof dompel wat dit laat "kook" vir 'n paar sekondes. Dan sit hy dit in water en siedaar. Blinkskoon doppe...

Ek wil nie graag op die bemarkers van Dopsop se tone trap nie. Wil net meer oor die aktiewe bestanddeel uitvind. :police:

Ek hoor graag!

Mooi dag almal
Hein as ek reg onthou is hier baie jare gelede 'n draad geplaas oor dieselfde onderwerp!

Oom PWV (baie sal hom onthou) het die resep met my gedeel:

2 liter coke bottel. Opgehoopte teelepel citric acid (sitroensuur = suurlemoensap) - dis jou AKTIEWE bestandeel! jy sou ook wynsteensuur kon gebruik.
Paar druppels sunlight skotteldoed seep - jy was sommer die doppe!
Half bottel lou warm water.

Gooi jou doppe in die bottel en skud aanmekaar vir so 5 - 10 min.

Gooi die spul uit in 'n bak en verwyder jou doppe. Spoel af met gewone water en gooi op 'n ou handdoek om af te droog.

Ek het vir my 'n plankie gemaak met so 100 spykers in netjiese rye 10 x 10 gekap en sit dan die doppe oor die spykers om regop te "hang" om droog te word.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1505
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by Giepie »

Ek het 'n ou Swingball rakket wat ek gebruik om die doppe droog te maak, die geel plastiek een. Die doppe se nekke pas mooi in die gate. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Location: Tulbagh

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by HeinM »

Skuus manne. Ek hardloop so rond dat ek nie by die forum uitkom nie :-X

Baie dankie vir all terugvoering... Waardeer

Viking, ek gebruik ook die Tararic Acid / Sunlight resep vir baie jare om die doppe mooi blink te maak. Die Dopsop (as dit dieselfde ding is) se werking is baie meer reaktief. Dit "kook" letterlik die doppe vir 'n paar sekondes...

Die plankie met die spykers is 'n puik idee. Ek het nog nie daaraan gedink nie. ;)

Mooi aand daar almal!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1234
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Location: Centurion

Re: Dopsop: Aktiewe bestanddeel?

Post by spekieries »

Instede van spykers, myne het geroes, het ek gaantjies geboor en bamboes sosatie stokkies, liggies in die gaatjies in getik.
Post Reply

Return to “Projekte self ontwerp/Projects self-made”