Karoojag 2025
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Karoojag 2025
Groot-Karoo Springbokjag
Die Karoo hou vir my ’n besonderse bekoring in en ek het verlede week in die Groot-Karoo op Rooiheuwel gejag, ’n plaas geleë tussen Merweville en Beaufort-wes.
Ek het alleen en te voet gejag en vir vier dae gekampeer by ’n suiping genaamd Emmertjie (niemand weet waar die naam vandaan kom nie). ’n Groot prosopis of sogenaamde Suidwesdoring het as skaduplek vir my tent gedien. Die suiping is in ’n kom aan die voet van hoë berge (die Nuweveldberge strek oor die plaas). Die gedeelte waarin ek gejag het, was nie baie groot nie, so ’n bietjie oor die 700ha. Dus het ek soggens sommer van my kampplek af gestap.
My plan was om twee springbokramme te skiet. Ek sou later uitvind daar is slegs drie groot ramme in die kamp waarvan een ’n tag-ram is wat nie geskiet mag word nie. Wat gewere en kalibers betref, het ek besluit op my Blaser met .30-06-loop en my Savage in .223 Rem. Laasgenoemde is toegerus met ’n Vortex 5-25x50 met target turrets. Ek het lanklaas ’n springbok met die .223 gejag en het op die ingewing van die oomblik besluit om dié geweer ook saam te neem. Sy ammunisie was gelaai met 55gr V-Max-koeëls.
Vir die .30-06 het ek 168gr Nosler Custom Competitions geneem omdat dit patrone was wat ek reeds gelaai gehad het en omdat hulle akkuraat is uit die Blaser. Die koeëlspoed weet ek nie, skat dis so 2 550vps. Wat ek wel weet, is hoe die trajek loop op 100m, 200m, 250m en 300m. Ek gebruik ’n Swarovski met afmikmerkies.
Ek het die Maandagmiddag so teen half-twee my kamp opgeslaan gehad en sommer dadelik die .223 gegryp en ’n draai gestap. Sommer met die wegspring het ek besef die swaar geweer met die swaar scope en oop target turrets dra nie lekker nie. My eerste middag was onsuksesvol want net toe ek mooi binne skietafstand van die springbokke kom, het ek my vasgeloop in ’n paar rooibokke in ’n rivierlopie. Toe die wind daarna draai het dit my weggegee en al die bokke laat spaander.
Daarna het ek tot sononder gejag sonder om weer binne skietafstand te kom – ek het besluit om nie verder as 200m te skiet nie aangesien ek nekskote wou probeer om vleis te spaar. Kopskote is te riskant as jy alleen is sonder wiele.
Die volgende oggend het ek die .30-06 gegryp en afgesit na ’n prominente hoërige kliprif wat ek as uitkykpunt oor die jaggebied kon gebruik. Na skaars 15 minute se soek met die verkyker het ek ses bokke sowat ’n kilometer suidoos van my op ’n plato sien wei. Een was ’n ram. Vir die eerste paar honderd meter moes ek oor ’n vlakte stap waar die bokke my sou kon sien. Daarna sou die rand van die plato my wegsteek totdat ek naby aan hulle sou wees. Ek het uiters stadig begin aanstap en elke nou en dan met die verkyker gekyk of die bokke nog rustig wei. Gelukkig kon ek ongesiens vorder totdat hulle agter die rand van die plato verdwyn.
Dié wêreld is ongelooflik klipperig en ek moes voetjie-vir-voetjie bekruip om so min as moontlik geraas te maak. Eens op die rand van die plato het ek plat gaan sit en die omgewing rondom my deurgekyk. Daar was meer bossies as wat dit van ver af gelyk het en ek kon geen bokke sien nie. Na ’n lang sit is ek weer stadig vorentoe. Skaars 100m weg sien ek toe ’n wit kol agter ’n bos… die springbokke, en hulle het met hul koppe na my kant toe gelê. Hulle moes my beweging deur die bos gesien het en het opgespring net toe ek plat gaan sit. Onseker oor wat hulle gesien het, het hulle staan en fluit en na ’n paar sekondes ’n ent weggedraf. Hulle was nie te erg gesteur nie maar ek kon nie skiet nie aangesien die ram agter bosse versteek was. Na ’n lang ruk het hulle het weer rustig geraak en gaan lê… natuurlik buite sig.
Sewentig meter voor my was ’n brosdoring wat ek as skuiling kon gebruik om nader te kruip maar ek sou handeviervoet moes beweeg of op my boude aanskuifel. Gelukkig het ek knieskerms en leerhandskoene gedra maar 70m is steeds ver oor growwe klippe as jy 66 is. Ek het baie stadig gekruip om te verseker die bokke sien my nie. Toe ek uiteindelik by die bos kom, kon ek steeds nie die ram sien nie. Ek het dus om die bos geskuif en toe sien een van die ooie my. Hulle was toe 158m weg. Almal het opgespring, die ram inkluis, wat verder na regs gelê het.
Die ooie het bly staan maar die ram het ’n ent weggedraf en toe vasgesteek. Gelukkig draai hy toe dwars en kyk in my rigting. Ek het die 200m afmikmerk onder sy ken geplaas en die sneller gedruk. Die skerp klank van die koeël wat been tref, het my vertel die skoot was raak. By die bok gekom, het ek die afstand gemeet terug na die bos toe, dit was 216m.
Ek het die pens uitgehaal, die bok in gaasdoek toegemaak om die brommers te keer en teruggestap kamp toe (1.8km) om die bakkie te gaan haal. Die naaste wat ek aan die ram kon kom met die bakkie was 474m. Gelukkig het ek ’n drasak waarin ek kleiner wild soos springbokke kan dra.
Die volgende dag het ek die hele dag sonder sukses gejag. Op ’n kol kon ek ’n 260m-skoot neem maar het nie ’n lekker sitplek gehad nie en wou dus nie ’n nekskoot waag nie. Die bosse was te hoog om te lê en skiet. Ek het laatmiddag voetseer en pootuit terug gestap kamp toe.
Ek het die volgende oggend net na sonop ’n klompie bokke gewaar so 2km van my kamp af maar toe ek nader beweeg, sien ek die enigste ram onder die klomp is die tag-ram. Retireer, ommekeer en verder soek! Toe ek omdraai, sien ek ’n vyftiental bokke wat sommer naby my kampplek vanagter ’n vou uitbeweeg. ’n Lang bekruiptog het gevolg, eers ’n groot draai om die wind in my guns te kry en toe versigtig nader.
Die bokke is intussen oor ’n riffie en uit sig. Hulle was in ’n effense depressie en toe ek oor die rand van die rif loer, het ek hulle eers nie gewaar nie. Ek het hoër uit beweeg toe die bokke skielik op sowat 150m voor my in sig kom. Hulle het dadelik na links gehardloop maar sommer gou begin stap en weer agter ’n volgende rif met ’n langerige uitloper verdwyn. Vanaf my posisie kon ek sien dat dit moontlik was om hulle dalk voor te sny as ek om die uitloper beweeg.
Ek is op ’n drafstap en met ’n ompad al teen die voet van die uitloper langs. Na seker goed 300m het ek ’n plek gekies om oor die uitloper te loer waar dit begin plat raak. Hierdie keer was ek gelukkig. Die bokke was skaars 100m van my af en het rustig na links aangestap. Ek het vinnig plat gaan sit en my skietrus oopgevou. Die volgende oomblik verskyn die eerste bokke met die ram derde van voor af. Ek het gedemp na hom geroep en toe die bokke vassteek, het ek die kruishaar onder sy kakebeen sit gemaak.
Hy het in sy spore geval en die afstand was 112m. Daarmee was my jag voltooi. Ek het sowat 1km gestap om die bakkie te gaan haal by die kamp en moes die bok so ’n bietjie verder as 500m dra.
Beide ramme was mooi groot bokke en ek moes elke keer, nadat die bok in die drasak was, plat gaan lê om die bande oor my skouers te kry en dan opstaan – dis geen maklike taak met 30+kg op jou rug nie. Dis eers omrol op jou sy, dan op hande en knieë staan en dan opstaan.
So het my jag ten einde geloop en ek is die volgende oggend terug Stilbaai toe.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karoojag 2025
Die gaasdoek waarin ek springbokke toemaak om brommers te keer, die drasak en bok op die bakkie en 'n deel van die jagveld
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karoojag 2025
Die tweede ram (selfie geneem met die waai handjie funksie van selfoon). My aandvuur en die luukse ablusiegeriewe
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Karoojag 2025
Dankie Koos vir die deel. Besonders.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Karoojag 2025
Mooi storie Oom Koos. Merweville se distrik het darm 'n lekker bekoring aan hom en sal ek graag wil bokke jag daar. Tot dusver het ek nog net gaan jakkalsjag in die distrik.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Friedland
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am
Re: Karoojag 2025
Lekker storie
Hoe het jy die bokke koud gehou?
Hoe het jy die bokke koud gehou?
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karoojag 2025
Fiedland ek het elke keer die bokke na die plaasbestuurder se huis geneem wat 7km van my kampplek af was. Hy het die bokke 'n verdere 5km na die hoofopstal geneem waar die bokke afgeslag en in 'n koelkamer gehou is. Ek het in die veld net die pens en hartslag uitgehaal. Hulle weeg die bokke met kop en vel aan. Ek het gesê hulle moet maar 2kg of so bysit vir die hartslag. Ek het die bokke so lig as moontlik probeer maak vir die draery.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Karoojag 2025
Nou weet ons darem waar is die agterkant van daai bos
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karoojag 2025
Mooi storie Oom Koos. Merweville se distrik het darm 'n lekker bekoring aan hom en sal ek graag wil bokke jag daar. Tot dusver het ek nog net gaan jakkalsjag in die distrik.
Ja Geno, dis 'n pragtige wêreld. Die berge is vir my ontsettend mooi. Daar is ook heelwat meer gras as op die Klein-Karooplaas naby Riversdal waar ek betrokke is. Die geel gras kontrasteer baie mooi met die res van die veld maar maak dit nogal moeilik om die springbokke met die blote oog op te tel as hulle ver is.

partner
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Karoojag 2025
Pragtig Koos. Baie Dankies vir die Lekker Storie en Fotos. Dit nou Baie Geniet. Groete.
-
DeVilliers
- Full Member

- Posts: 144
- Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am
Re: Karoojag 2025
Dis mos nou n jag storie. Geen luukshede en bakkies. Dit moet iets besonders wees.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Karoojag 2025
Ek het vir die eerste maal springbok op die voet naby Hopetown gejag. Dit is baie uitdagend, maar droë lope en rante help om hulle te kan bekruip. Hulle is egter baie wakker en het wonderlike sig. Dankie vir die lekker storie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 143
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: Karoojag 2025
Baie respek oom Koos om twee sulke mooi bokke in daai omgewing op die voet te jag! Dit wil gedoen wees, en maak die verskonings vir manne soos ek baie minder. Wel gedaan!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Karoojag 2025
Dankie Piet!Baie respek oom Koos om twee sulke mooi bokke in daai omgewing op die voet te jag! Dit wil gedoen wees, en maak die verskonings vir manne soos ek baie minder. Wel gedaan!
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Karoojag 2025
Geluk met hulle Oom Koos!
Dankie vir Oom se storie en foto's ! Groete