Dag almal, behalwe vir 'n Gamo youth wat 'n paar bosduiwe drom toe gestuur het, het ek geen ondervinding met lug gewere.
Ons woon nou op 'n kleinhoewe in Slangebaan en my vrou het by haar nuwe vriendin gehoor sy skiet gereëld 'n kobra met haar windbuks, so nou wil vroulief ook een hê. Dalk beter so, voor sy in die tronk op eindig oor sy met my .22 rondhardloop.
Ek kyk tans in die rigting van 'n FX DRS of dalk Dreamline 5.5mm
As ek die nuwe pryse kyk, dink ek 'n 2de handse model sal dalk net my sak pas.
'n paar vrae:
- Ek kyk na FX oor ek aanneem ek sal parte maklik kry as iets fout gaan of as ek wil opgradeer, is ek reg as ek dit sê?
- Is daar 'n ander fabrikaat waarvoor parte vrylik beskikbaar is en wat ek kan oorweeg?
- Is dit nadelig om sy volume tenk permanent onder druk te hou, sodat vroulief net kan gryp en skiet?
Moet ek dalk liewer 'n "underlever gas ram" oorweeg?
- Is dit moontlik of die moeite werd om 'n silencer op te skroef? Ek soek hom tjoepstil sodat ek ook bietjie kan speel sonder dat die bure opgewonde raak.
Ek sal 'n geweer met classic look verkies, ook iets wat redelik kompak is. My 3 jarige was al klaar saam skietbaan toe en het bietjie die .22 se sneller getrek. Dit sal lekker wees om sommer by die huis die 3 jong manne te kan leer.
Duik silinder sal ek kan laat volmaak sonder probleme.
Natuurlik as jy iets te koop het laat weet my asb.
Ek waardeer julle raad, dankie en Groete.
Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 922
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Gaan loer gerus hier
Daar is meer as net FX om na te kyk.
saairrifles.co.za
pelletgunsonline.co.za
pellet-guns.com
Daar is meer as net FX om na te kyk.
saairrifles.co.za
pelletgunsonline.co.za
pellet-guns.com
Groetnis
Philip
Philip
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Ek het self onlangs my eerste een gekoop en het na heelwat navorsing besluit op die Avenge-X en is baie gelukkig met hom. Hy skiet akkuraat en kom teen n goeie prys.
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 604
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Loer ook na patriot outdoors
Gaan Google ook semi auto pcp
Dit sal help wanneer die kobra of bier blikke wind gat raak en die huis storm
Gaan Google ook semi auto pcp
Dit sal help wanneer die kobra of bier blikke wind gat raak en die huis storm
Skiet bly maar lekker
-
cjmitch
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Mon Aug 21, 2023 1:48 pm
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Ek het al n paar verskillendes gehad, en FX bly vir my die beste.
Ek het n FX impact Mk2 met baie extras asook 6.7 liter 300bar Carbon silinder wat in die mark is.
Laat weet my as jy belang stel.
Ek het n FX impact Mk2 met baie extras asook 6.7 liter 300bar Carbon silinder wat in die mark is.
Laat weet my as jy belang stel.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13297
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Hiers n lekker ystercjmitch wrote: Thu Aug 14, 2025 8:48 am Ek het al n paar verskillendes gehad, en FX bly vir my die beste.
Ek het n FX impact Mk2 met baie extras asook 6.7 liter 300bar Carbon silinder wat in die mark is.
Laat weet my as jy belang stel.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Remington77
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Tue Jun 18, 2024 3:13 pm
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Vir die prys is daar niks wat die Air Venturi Avenge X wen nie.
https://youtu.be/OxD9Rg_ARVc?si=_8_dwMDEAWA_Dju4
https://youtu.be/xLBTaaEKZsY?si=5XsaZrwNutxX9gZw
https://youtu.be/WRzA8gYPWJE?si=0bn9d3beVu2zpKjK
https://www.facebook.com/groups/750437173927411
Sit hom in 'n Delta Force Chassis, voeg 'n power plenum by en jy gaan skiet waar die FX King skiet teen 1/3 van die prys. Enige iemand wat stry het seker klaar die geld op 'n FX King uitgegee :-) En as jy het, weet maar net dat ek baie jaloers op daai GRS stock is maar ek het net eenvoudig nie daai klas geld nie!

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3117
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Ek stem Air venturi is goeie waarde en skiet baie akuraat. Ek het n nova bullpup(ander naam vir avenger) gekoop en glo nie daar is nog n pcp wat so akkuraat kan skiet in die prysklas. Vraag is hoeveel krag het jy nodig? 18gr pellet teen 900fps is nogal dodelik.
Dis meer as voldoende vir n slang.
Ja jy kan jou pcp met lug in bere dis beter vir sy seels as wat hy leeg gestoor word. En ja n silincer werk baie goed om hom stil te maak anders blaf hy te veel om n huis. Daar is so baie soorte pcp op die mark dis n moeilike besluit. Fx het die naam en as geld nie n probleem is kan jy na hulle kyk. Ek weet ook van n paar manne by ons klub wat al gese het n fx nooit weer nie...

- Dumbluck
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Baie dankie vir almal se raad. Ek het ook myself nou redelik uit die werk gehou met bietjie oplees an navosing doen oor die airguns.
Te veel youtube ook, wat seker vir my 'n slagoffer gaan maak van FX se goeie bemarking...
Ek het nog nooit 'n begeerte gehad vir 'n AR15 nie, ma sjoe daai nuwe FX DRS Tactical lyk baie mooi.
Matt Dubber en Gerhard het sekerlik nie volprys betaal nie, ma hulle wys ten minste oor en oor hoe lekker die geweertjie skiet.
R19500 is nogsteeds 'n groot sprong van die R11500 van die Air Venturi, ma ek dink ek het myself oortuig dis dalk net die ekstra velle werd.
Lekker lig, en daai collapsable buttstock gaan mooi werk vir my jong manne om ook agter die geweer in te kom.
As ek nie intussen 'n lekker bargain op 'n ander geweer kry nie, gaan ek nog so bietjie spaar vir die een.
Het die week 'n probleem met 'n HOA opgetel wat nou eers my airgun geld gaan opeet, daars altyd iets...
https://youtu.be/nBdehHt4XzU?si=uU7GbiqQ2vAkH8DQ
https://youtu.be/U2mK_MetHXE?si=4JhlrY_XQ5Kk88Vg
https://youtu.be/Es-lHhptqjE?si=rV0qMw4zk6-FMO9a
https://youtu.be/ezG1BLZUnpA?si=Kmk4xNmhJfjqV0r6

Zuku
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Jou keuse vir 5.5 mm is reg. Koeêls redelik maklik beskikbaar met groot verskeidenheid gewig. Het baie meer slaankrag en verder afstand as 4.5 of 5 mm.