Swart pot restoureer

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 363
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Location: Mosselbaai

Swart pot restoureer

Post by Carel Kolesky »

Môre manne!Kan iemand beproefde raad gee oor hoe om n geroeste swart pot weer in ere te herstel vir gebruik?
Gooi kole!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21294
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Swart pot restoureer

Post by tripodmvr »

Plaas fotos van hoe hy nou lyk, dan kan die manne dalk beter raad gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21294
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Swart pot restoureer

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 363
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Location: Mosselbaai

Re: Swart pot restoureer

Post by Carel Kolesky »

Dankie solank
Gooi kole!
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 798
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Location: Worcester

Re: Swart pot restoureer

Post by Ockert1992 »

Carel Kolesky wrote: Sun Aug 10, 2025 10:20 am Môre manne!Kan iemand beproefde raad gee oor hoe om n geroeste swart pot weer in ere te herstel vir gebruik?
Môre Carel,

Die ou mense het altyd gesê gooi hom bo op 'n "Muis nes" en steek hom brand.

Dit of renosterbos werk baie goed. Jy soek 'n vinnig warm vlam, maar nie vir te lank nie. Jy wil net al die gemors weg en los brand.

Dan vat ek 'n staalborsel, borsel alle roes en roet af. Dan moet jy maar kyk of hy gepit het en hoe erg.

Indien nog netjies is skuur ek hom net 'n boor of fyn skuurpapier en water tot tekstuur na wense is.

Dan net kyk of deksel mooi pas en seël.

Dan volg die proses om hom weer te olie en in te kook.

Smeer hom binne goed met olie.

Ek kook hom dan eers met 'n klomp skille en water om alle smake en uit te kry. Was pot goed.

Dan met smeer ek hom goed met olie binne terwyl op die vuur en warm is so dat hy beginne rook. Smeer die hele pot goed.

Eerste wat ek gewoonlik maak in hom is chips.

Daarna behoort hy reg te wees vir gebruik.

Dit is 'n mondvol, maar ek hoop dit help.
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 363
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Location: Mosselbaai

Re: Swart pot restoureer

Post by Carel Kolesky »

Baie dankie!
Gooi kole!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3304
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Swart pot restoureer

Post by Christo »

Ek het 'n slag gesien die manne wat "laat die potte prut" so koppie of meer se sout in die pot gegooi het na hy mooi skoon gemaak was en aanhou invryf het met 'n stuk lap tot daar niks oor was. Dit was om die pot smaak uit te haal.

Ek het dit al probeer en kan getuig dat dit werk. Ek dink die sout gaan in al die gaatjies in en seël die metaal of so iets.

Daarna was jy net met louwater water en min seep die pot skoon.

Ek gebruik my pot redelik en kan sê dat die pot smaak, wat deel was van pot maak weg is. Wenner vir my.

Die koerant papier binne in om te bêre is ook 'n MOET.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2162
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Location: Nelspruit; Mpumalanga

Re: Swart pot restoureer

Post by Johan Nel »

Carel Kolesky wrote: Sun Aug 10, 2025 10:20 am Môre manne!Kan iemand beproefde raad gee oor hoe om n geroeste swart pot weer in ere te herstel vir gebruik?
Carel, hoe erg is die roes? Is die pot geput van die roes, of is dit nie so diep nie?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1505
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Swart pot restoureer

Post by Giepie »

Ek het nou die dag 'n 3-poot pot wat geroes was oorgedoen. Hom met 'n staalborsel op 'n boor skoon geskuur, toe met asyn gewas, dan met water. Toe gebruik ek flas olie (flax seed oil) wat ek liggies aangevryf het en toe "bak" ek dit in my gas braaier vir 20 min op so 150-180 grade. dit het goed uitgekom. Met seep en watewr gewas voor gebruik.

Net die deksel het nie goed gewerk nie, want ek het dit nie skoon geborsel of met asyn gewas nie, net gesmeer en gebak. Na ek potjie kos in die pot gemaak was die pot ok, maak die deksel het roes kolletjies binne gehad. Sal die deksel waarskynlik moet oor doen.

Op hierdie noot, teflon panne waar die teflon al weg is van gebruik, hoe kan mens dit weer behandel?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply

Return to “Vleis verwerking /beroking van vleis”